Gibbs is glo op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem. Die Wes-Kaapse polisie kon nie Maandag bevestig dat die man wat in hegtenis geneem is wel Gibbs is nie. Die polisie het bevestig dat ʼn 40-jarige man Sondagaand in hegtenis geneem is.
“Die omstandighede rakende ʼn ongeluk wat gister [Sondag] omstreeks 23:30 plaasgevind het, word ondersoek,” het kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, gesê. “’n Saak van dronkbestuur word ondersoek. ʼn 40-jarige verdagte is in hegtenis geneem en is later vrygelaat. Die verdagte sal op 25 November 2015 in die Kaapstad-landdroshof verskyn.”
Gibbs is in 2009 by ʼn rehabilitasiesentrum behandel vir dwelm- alkoholmisbruik. Hy is in Maart 2008 in Seepunt in Kaapstad in hegtenis geneem en van dronkbestuur of roekelose of nalatige bestuur aangekla. Die aanklag is later teruggetrek.
Nie dronkbestuur nie, wat van lekker dryf!!!
Was hy nie ook een van die wat destyds lekker aan ‘n zol gesuig het daar in Windieland nie?? A nee a, Gibbs, jy is mos ‘n pa (en rolmodel as sportman) en jy moet ‘n voorbeeld stel, ruk jouself reg en gedra jou man!
As jy nie wil leer nie – dan moet jy maar voel………………………
En hy is ‘n man en pa van iemand. Ai.