Herstel van kragtoevoer deur sloerstaking vertraag

Foto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die herstel van foutiewe kragnetwerke in Gauteng is die afgelope naweek deur die sloerstaking van verskeie tegnici verder vertraag, het Eskom Sondag in ’n kort verklaring gesê.

Verskeie inwoners van die provinsie het die afgelope naweek kragonderbrekings ervaar, maar die energieverskaffer kon egter nie ewe vinnig op alle probleme reageer nie.

Gevolglik het talle kragverbruikers teen Sondag nog sonder krag gesit.

Eskom was alleenlik van tegnici afhanklik wat nie aan die sloerstaking deelgeneem het nie, maar sê dat sy bestuur nou met unies onderhandel het om arbeidsgeskille uit die weg te ruim.

Stakende tegnici het ná afloop hiervan ingestem om hul dienste te hervat.

“Ons werk daaraan om kragtoevoer na gebiede wat steeds geraak word, te herstel. Weens die agterstand is die omkeertydperk langer as gewoonlik,” sê Daphne Mokwena, ’n bestuurder by Eskom.

“Ons wil ons kliënte om verskoning vra vir die ongerief wat veroorsaak is en doen ’n beroep op kliënte om geduldig te wees terwyl ons aan die probleme werk.”

Volgens Mokwena sal Eskom veral op kliënte fokus wat al geruime tyd sonder krag sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

de Ruyter sukkel maar daar by Eskom, maar om te probeer om 27 jaar van ANC wanbestuur terug te draai in ‘n jaar of twee moet baie moelik wees. Ons het almal gedink Cyril Ramaphosa gaan soe wonderlik wees en kyk nou…..net nog ‘n ANC skelm!

casper ·

Gee – amper het ons nie eers geweet daar is ‘n sloerstaking nie !!

Sobymykoolkop ·

Nuwe gons sin in Afrikaans : ” ons vra kliënte omverskoning ” asof dit die probleem oplos.

Piet ·

Sleg tegnici soek seker weer meer geld vir minder werk!!!!Nes anc staatsdiens slegte werkers!!!!!

Werner ·

Dit is verby met Eskom hulle probeer dit maar net vir ons wegsteek met nonsens

KB ·

Dis hoogtyd dat Eskom met ‘n huis-skoonmaak aksie begin. Raak ontslae van vrot hout.

Mariana ·

Die ewige stakings het SA al baie skade berokken. Dit kry net nooit end nie en word aangeblaas deur die unies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.