Herstelwerk by Koeberg voltooi

(Argieffoto: Armand Hough/ANA)

Opwekkingseenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie was teen Saterdag weer in diens.

Volgens Eskom het hy probleme met die eenheid Vrydag omstreeks 22:00 ervaar terwyl ʼn beskermingsmodule van ʼn turbine vervang is. Die eenheid se kragopwekkingsvermoë is hierdeur beïnvloed.

“Dit het geen veiligheidsrisiko’s vir die stasie ingehou nie,” het Eskom gesê.

“Die eenheid is Saterdag net voor 07:00 weer in diens gebring. Die eenheid se opwekkingsvermoë sal deur die loop van die dag weer volle kapasiteit bereik.”

Die eenheid was vir ʼn ononderbroke 145 dae aanlyn toe die onderbreking gebeur het.

Fase 4-beurtkrag sal oor die naweek van krag bly tot verdere kennisgewing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eugene ·

Nou weet ek nie. Herstel werk by koeberg voltooi, maar fase 6 Bly onbepaald. Iemand lieg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.