Herstelwerk by Transnet-terminaal kan maande duur

Die hawe by Richardsbaai. (Argieffoto: Transnet)

Die vervoervakbond Untu waarsku dat dit maande kan duur voordat die Transnet-terminaal by die Richardsbaai-hawe wat verlede week in ʼn brand beskadig is, herstel kan word en weer ten volle in werking is.

Die brand het Woensdagaand uitgebreek.

Verskeie navrae aan Transnet oor presies wat die omvang van die skade is, was tot dusver onbeantwoord.

Sonja Carstens, woordvoerder van Untu, sê sabotasie kon vermoedelik ʼn rol gespeel het omdat twee brande dae uitmekaar uitgebreek het. Sy sê dit is in hierdie stadium egter net bespiegeling en dat geen bewyse nog vir enige sodanige bewering gevind is nie. Die ondersoek na die oorsaak van die brand duur boonop nog voort.

Untu is uiters bekommerd oor die aantal “buitengewone terugslae” wat Transnet gehad het sedert pres. Cyril Ramaphosa uit die bloute aangekondig het dat die Transnet National Ports Authority (TNPA) ʼn onafhanklike filiaal van Transnet word.

Die regering sluit voortaan vennootskappe met die private sektor om in die hawens en spoorinfrastruktuur te belê.

“Die aankondiging is gedoen terwyl Transnet Freight Rail (TFR) ongekende voorvalle van diefstal en vandalisme aangemeld het met ʼn gemiddeld van 120 km koperkabels wat maandeliks in meer as 650 voorvalle landwyd gesteel word,” sê Carstens.

“Dit is uiters kommerwekkend dat die regering tot op hede nog nie ingegryp het in belang van Suid-Afrika se ekonomie om Transnet te beskerm nie. Transnet speel so ʼn kritiek noodsaaklike rol in die land se ekonomie dat Untu verwag – en daarop aandring – dat daar ʼn politieke wil moet wees om van al Transnet se bates nasionale sleutelpunte te maak wat die nodige beskerming geniet.”

Volgens Untu het die jongste voorval nie soseer Suid-Afrika se steenkooluitvoere geraak nie, maar wel die in- en uitvoer van ander ruwe materiale.

“Dit is ʼn geweldige terugslag vir Transnet,” sê Carstens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Shakespeare ·

Met kader personeel en bestuur SAL die maande jare word. Dit is gewis. 27 jaar se bewyse kan nie teëgestaan word nie. Die herstel sal ook van R1 millijon na R100 millijon styg.

Kokerboom ·

UNTU die mense, lees kaders, VERSTAAN NIE hoe werk ‘n ekonomie!!!MAAR hul is in beheer van strategiese bedrywe onder BBEEE…niks maak ooit sin waar hul betrokke is!

SomeOne ·

die ” reg gering” het nie oë om oop te maak nie, net hul sakke word oopgemaak

Piet parys ·

Hau ons het nie gaweet mens moet onderhoud doen nie want niemand het ons gese nie .Onbevoeg . Dit is die verskil voor 94 en nou

Sarel ·

Ons wil weet wat het die brand veroorsaak..maar die Publiek gaan geen terugvoering kry nie

Jakes ·

Die blote feit dat grootskaalse brandskade by Richardsbaai en Durban hawens gepleeg is en die inligting daaroor verswyg is dui daarop dat die ANC regering nie n flenter omgee hoeveel skade die ekonomie ly nie. Die hele spul moet strafregterlik aangekla word en begin by die president wat n lamsak is en totaal onbevoeg is om n land te regeer.

Andre ·

Oor die wêreld heen word skepe vertraag met voorraad, eienaardig, nê?

Erika ·

Bee is belangriker bo Beginsels -Die Wat waarheid praat word geviktimiseer/Gesaboteer..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.