Herstelwerk vorder ná substasie in Pta brand

Die Mooikloof-substasie het vroeër die week aan die brand geslaan en duisende mense sonder krag gelaat. (Foto: Verskaf)

Die Tshwane-metro sê hy maak goeie vordering met herstelwerk aan die Mooikloof-substasie wat die afgelope week in ʼn brand beskadig is.

Die voorval het duisende mense sonder krag gelaat en groot frustrasie onder inwoners veroorsaak.

Hilgard Matthews, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, sê die beskadigde toerusting is verwyder en alles moontlik word gedoen om kragtoevoer so gou moontlik te herstel.

ʼn Strukturele ingenieur was reeds op die perseel en daar is begin met herstelwerk aan die dak wat byna heeltemal in die brand verwoes is. Die dak moet behoorlik herstel word voor nuwe toerusting weer geïnstalleer kan word.

Tegnici van die stad werk die afgelope paar dae om die beskadigde toerusting te verwyder. Batterye moet onder meer ontkoppel word en beskermingspanele en ander toerustings uitmekaar gehaal word. Daar is reeds begin om die transformators te toets.

Volgens die stad is al die toerusting wat vervang moet word, reeds bekom. Waar moontlik sal verskillende spanne verskillende take verrig sodat herstelwerk afgehandel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Winnie ·

En dit slaan sommer aan die brand nê. Ai Jan van Riebeeck weer jou skuld

Thorwald ·

Wanneer laas was die 11kV stroombrekers gediens en getoets. Waaneer laas was die batterye wst die proteksie moet werk getoets. Wanneer laas was daar substasie inspeksie gedoen en laastens wanneer laas was daar n thermal scan gedoen om te kyk vie loose connectoins op te spoor. Hkm het die stoombrekerd nie uitgeklink toe daar n probleem was nie

Waarnemer ·

Sabotasie….die regering gebruik sy kaders om die Eskom op sy kniee te bring sodat die top 3 hulle eie nuwe kragreus op di e been kan bring…..hou dop,Eskom is binne die volgende 6 maande tot niet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.