‘Herstrukturering van polisie broodnodig’

Argieffoto

Die burgerregteorganisasie AfriForum het gesê na aanleiding van die misdaadstatistiek wat vandag bekend gemaak is, is dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) nie in staat is om die burgers van Suid-Afrika na behore te beskerm nie.

Die gemelde statistiek toon dat die moordsyfer vir die laaste ses jaar elke jaar met 1 000 moorde gestyg het tot waar dit tans op 20 336 moorde vir 2017/2018 bereken word.

“Die enigste wyse waarop hierdie tendens hokgeslaan kan word, is om die hele SAPD te herstruktureer en om stappe daar te stel om die NVG op ’n standaard te kry om misdadigers doeltreffend te vervolg,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

“Die nuutste misdaadstatistiek is vreesaanjaend om die minste te sê. Vertroue in die wetstoepassers van die land se vermoë om misdaad te beveg word jaar na jaar opnuut geskaad danksy die verhoogde vlak van ernstige geweldsmisdrywe.”

Volgens Cameron behoort die situasie met betrekking tot die bekamping van misdaad in die land prioriteit te geniet om totale anargie en verval te vermy.

“Die regering se traak-my-nieagtige houding spreek boekdele oor die ontkenning waarmee die regering met hierdie ernstige saak te werk gaan. Hierdie houding straal die beeld uit dat die regering nie van plan is om daadwerklike stappe te neem om die situasie te beredder nie en die misdaadsyfer sal as gevolg hiervan aanhou styg, soos reeds die tendens is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

Noujatoe, ons kan mos gaan kyk hoe dit voor 1994 gedoen is, al die spesialis eenhede edm, die toerusting, die voertuie. Maar oooo neeee………… ons sit eerder in die hek as wat ons van ander mense leer.

AW ·

For Those whom have No Understanding- Nor an Appreciation of the Workings of the Police, Please read the following books…..and “see” how continious “Restructering” and constant Political Interference has contributed to the police’s “disfunctional ability” to Police South Africa within Primary, Secondary, and Tertiary Crime Prevention and to Fulfill its Constitutional Mandate within Cohesion with the other Role Players within the Criminal Justice System.

A Country At War With Itself – South Africa’s Crisis Of Crime (Antony Altbeker)

The Dirty Work Of Democracy (Anthony Altbeker)

Thin Blue: The Unwritten Rules Of Policing (Jonny Steinberg)

Chris Ws ·

Ongelukkig sien mens ELKE dag polisiemanne wat VERSUIM EN WEIER om hul werk te doen en daar word niks aan hulle gedoen nie.Die top bestuur is onbevoeg so wat kan mens verwag.NIKS!

Koos de Meyer. ·

Behalwe dat baie van hulle nie hulle werk doen nie, hoeveel is werklik bevoeg. Ongelukkig word almal onder dieselfde kam geskeer.

Sarel ·

Daar is steeds lede van die Polisiemag wat hulle werk doen. Ongelukkig word die las op die mense so groot dat van hulle knak onder fie druk. Kyk na Polisiemoorde – wat is die syfer. Polisie betrokke by misdaad- wat is die syfer. Polisie arresteer en dan staan die Hof belaglike borg toe? Die euwel van aaneenlopende tydperke moet geskrap word. Ens.

WILLEM ·

MISDAAD SYFERS: Dit is skokkend, maar die statistiek skied te kort. Om doeltreffend te kan fokus en met effektiewe oplossings te reageer, moet mens weet wie die misdade pleeg – wit/swart/geel ens.?? Die kultuur van misdaad moet aangespreek word om enigsins ‘n sukses te kan bewerkstellig. Begin tuis – disiplineer weer kinders, skep ‘n persoon wat ander respekteer en ‘n positiewe bydrae maak in die samelewing.

Stripes ·

Voordat herstrukturering gedoen kan word moet van al die onbevoegde, korrupte en kriminele lede ontslae geraak word. Die SAPD word nie deur die publiek gerespekteer nie asgevolg hiervan. Daar is te veel sake wat swak ondersoek word of gladnie ondersoek word nie. Kortom, ons regstelsel voldoen nie aan standard nie. Doodstraf moet teruggebring word. Vakansie tronke moet terugkeer na hardearbeid toe en al die “tuisgeriewe” moet verwyder word. Jy is in die trunk omdat jy nie ‘n produktiewe lid is vir die samelewing nie, dus het jy ook geen regte nie en dit sluit stemreg in. Kry ons regsstelsel reg, raak van droë hout ontslae waar dit nodig is en miskien kan daar dan gepraat word van herstrukturering in die SAPD. Hoe de duiwel kan kriminele meer wette hê wat hulle beskerm as wat hulle slagoffers het? Ek weet daar is nog lede in die SAPD wat hul bes doen vir die inwoners van die land maar hulle is te min. Ons soek meer soos hulle.

JoeV ·

Stem saam, daar is ‘n sekere standaard wat gehandhaaf moet word. Probleem is dit is nou al so hoog op vrot in die polisie dat dit nie moontlik gaan wees om dit skoon te kry nie,

JoeV ·

Die is meer as brood nodig! Ons het nie meer nodig om in die aand geteister te word deur arrogante polisie wat nie die vaagste benul het wat hulle eintlike pligte is nie, en boonop nie weet wat om te doen as hulle op ‘n misdaad toeneel is nie. Die kulturele vervanging van iets wat werklik uit die weste kom wys nou baie duidelik die tekens van varval en verwoesting.
Om onwettige wapens byvoorbeeld van die strate af te kry is ‘n helse gevaarlike werk, maar daarin lê ons behoud, kry die goed uit die strate.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.