Herstrukturering van polisie moet dienslewering verbeter

(Argieffoto: SA Polisie)

Die polisie het begin met ʼn herstruktureringsproses om die getal offisiere op topvlak te verminder en meer senior beamptes op plaaslike vlak te ontplooi.

Volgens die polisie word die herstrukturering aangepak om dienslewering te verbeter, senior beamptes beter te gebruik, ʼn kostedoeltreffende struktuur te verseker wat ook die sleutelfunksies van die polisie ondersteun, en vaardige lede op meer plekke in te span.

Die polisie en die vakbond Popcru het reeds ʼn ooreenkoms aangegaan oor hoe die proses sal verloop.

Die herstrukturering moet ook help om die polisie se vergoedingsbegroting te sny deur hulpbronne te herlei en polisiëring op grondvlak te versterk.

Die inwerkingstelling van die herstruktureringsplan het reeds gelei tot die vermindering van die polisiestruktuur van vier adjunk- nasionale kommissarisse na drie, asook die vermindering van afdelings van 13 na tien.

Die proses word geleidelik gedoen en begin by die polisie se hoofkantoor, waarna die verskillende afdelings, provinsies en distrikte tot by polisiestasies en spesialiseenhede volg.

In ʼn poging om die salarisrekening verder te verminder het die polisie reeds begin om vroeë aftredepakkette aan lede ouer as 55 aan te bied. Daar is ook planne om die uitwerking hiervan op ander werkers en die werksomgewing te verminder.

Verskillende komitees is aangestel om te besluit waar polisiebeamptes binne die nuwe struktuur ontplooi gaan word.

“Die proses gaan ook werk maak van die opdrag van die nasionale tesourie om die vergoedingsbegroting te sny. Die polisie, nes enige ander departement, het ʼn verpligting om gehoor te gee aan die opdrag wat onlangs gelei het in ʼn besnoeiing van R4,9 miljard vir die huidige boekjaar,” het genl. Khehla Sitole, polisiehoof, gesê.

itole het gesê hoewel daar besnoei moet word, moet dit só gedoen word dat polisiëring nie in die gedrang gebring word nie.

“Die omkeervisie bly dus ʼn riglyn vir die herstrukturering en rasionalisering vir die transformasie van die organisasie,” het hy gesê.

Die herstruktureringsproses volg dieselfde plan as die distriksontwikkelingsmodel wat pres. Cyril Ramaphosa vroeër bekend gestel het.

Die polisie sê in die proses om gehoor te gee hieraan, herlei hy meer hulpbronne om misdaad meer doeltreffend te bekamp en dienslewering op plaaslike vlak te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

“Die proses word geleidelik gedoen en begin by die polisie se hoofkantoor, waarna die verskillende afdelings, provinsies en distrikte tot by polisiestasies en spesialiseenhede volg.” Daar sal ‘n 75% verbetering sommer dadelik kom as julle by Bheki Cele begin, en hy #Voertsak. Soos om ‘n sweer oop te sny, en die vuilegoed kom uit. Jy voel sommer dadelik 75% beter!

Anton ·

As hulle dienslewering wil verbeter moet hulle as die KFC sluit

Hennie J ·

Was nou die dag toevallig by ons plaaslike polisiestasie. Daar n vroulike kaptein gesien wat net so breedt as lank is. Sal haar graag op patrollie wil sien!

jzjz05 ·

Herstruktueringsproses om geen wittes aan te stel nie sodat ,soos die ouer wit poliesie aftree en deur swartes vervang word oor n paar jaar net met n swart poliesie mag te sit.

Rose ·

Julle kan herstruktureer tot julle blou is, gaan niks help nie. Hier in ons geweste word die polisievoertuie gebruik as ubers en om goedere te vervoer. Die bevelvoerder het n drank probleem, en van die beamptes misbruik hulle mag.

Ou bees ·

So die polisie word nog minder gemaak met die dat die ouens na 55 moet gaan. Die wat oor bly is rond en on gesond. En soos by ander gelees met n krimenele rekord toegelaat. Die opleiding is van so aard dat as hulle die skelm gooi met die vuurwapen gaan hulle meer sukses he.

Genis ·

Get rid of Cele, 90% improvement. Top management..
Close all KFC’s- 90% improvement on patrols..
Do incompetence test – 90% all round improvement on arrest
Corruption check, and life style audits- 99% replacement opportunities..
Bring back the old competence people. 100% all round improvement..
My 5c…

Petrus Johannes ·

Die probleem le reeds daarin dat top offisiere nie weet wat in SAP aangaan nie, hulle hul range opgetel het.Hul kom op stasies en weet niks van inspeksies nie.Stel mense aanwat die werk kan doen Te veel skelms in die mag

MakersMark ·

Hoop herstrukturering begin bo en die hoed waai eerste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.