Herstruktureringshoofde by dié 4 staatsinstellings aangestel

Minister Tito Mboweni. Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency (ANA)

Tito Mboweni, minister van Finansies, het aangekondig dat daar binne 48 uur herstruktureringshoofde by Eskom, Denel, die SAUK en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aangestel sal word.

“Ons sal môre [Woensdag] die herstruktureringshoofde vir elkeen van hierdie entiteite aankondig wat saam met die bestuur van hierdie instellings sal werk om hierdie instellings weer op koers te kry,” het Mboweni gesê.

Hy het gesê dat Eskom vanjaar altesaam R49 miljard van die staatskas sal ontvang. In sy kort en keiharde toespraak het Mboweni gesê Eskom is die grootste risiko vir Suid-Afrika se fiskale raamwerk, en dat die hele stelsel inmekaar sal stort as Eskom sink.

Hy het die versekering gegee dat die regering aan ʼn plan werk om Eskom te red. Mboweni het gesê daar is ʼn afname in beleggersvertroue in Eskom, en Eskom is nie tans finansieel volhoubaar sonder staatshulp nie.

“Sonder staatshulp sal Eskom inmekaarstort,” het Mboweni erken.

Die SAUK het R3,2 miljard versoek, maar volgens Mboweni sal dit in paaiemente vrygestel word “wanneer daar aan sekere voorwaardes voldoen word om te verseker dat die organisasie verbeter word”.

Tydens die tesourie se begrotingsrede op 11 Julie het Mboweni aangekondig dat hy R13 miljard uit die gebeurlikheidsreserwe aan die SAL, die SAUK en Denel sal toewys.

Denel het vroeër die week vir werknemers laat weet dat hulle moontlik nie betyds hul salarisse vir Julie gaan ontvang nie. Dit nadat salarisse verlede maand eers betaal kon word nadat ʼn lener tot die redding gekom het. Dit was egter steeds nie moontlik om pensioenbydraes vir die maand te betaal nie. Denel het verlede jaar ʼn verlies van R1,7 miljard gely.

Volgens die nasionale tesourie het die SAL ’n ekstra R4 miljard nodig hê vir die huidige boekjaar. Verlede jaar is ’n reddingsboei van R5 miljard aan die SAL gegee om te verseker dat hy sy skuld kan terugbetaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Db ·

Genugtig hierdie wesens praat van miljarde soos ek van sente praat.

fred ·

stem saam Db…vir hulle is 1 miljoen dieselfde as 1 miljard…..selfs Zuma kon dit nie ontsyfer nie….

marous ·

Geen idee hoe geldelike beginsels werk nie . “Buy more ink to print more money ” is die manier hoe daar gedink word .

Pieter ·

So gaan dit as jy net gr1 op skool gehad maar nou probeer hulle die land bestuur sterkte

George in Bloem ·

En al daardie nuwe aanstellings sal korrupte onbevoegde ANC aanstellings wees so in plaas van die een groot probleem wat daar tans is,sal daar nou vier kleineres wees so wat’s die verskil nou eintlik? Patetiese spul narre.

Arnu ·

Maak die SAUK toe en gebruik daardie geld om vir mense kos en huise te gee, wat op aarde doen hulle met soveel geld. SAL verstaan ek die hoeveelheid, hulle was nog nooit weer dieselfde nadat dit oorgegee was nie.

Kallie ·

Nee Arnu, daar kan nie net gegee word nie. Dit is die wortel van die kwaad.

Elke ·

10/10 vir jou Kallie. Dis al die gegee wat die land op sy knieë het. Leer mense verantwoordbaarheid. Elke aksie het n reaksie. Die lekker van kinders maak agter die toelaag aan beteken die kinders moet versorg word. Eendag werk om huise te kan hê.

schaun ·

Vervang met die mees gekwalifiseerde persoon of met die mees politieke korrekte persoon want dit sal n aanduiding wees of dit verder gaan verswak of n opwaartse kurwe gaan hê

John ·

Tito kom vanaf die Reserwebank… dis ‘n totaal ander omgewing as die plettervatvlak waarin gewone mense verkeer. Ken hy die woord, Stop? Niemand word afgedank nie, inteendeel; nog mense, in topjops, aangestel om te herstruktureer; draaistrategieè uitdink en dit vra perks. En dan leen ons nog en dan betaal ons meer belasting…. en dan is daar weer kragonderbrekings en dan beland ons waar Venezuela is. En raai-raai, dan gaan alles die skuld wees van glo swak aanvanklike werk deur wit ingenieurs in 1933. Veral daai een ou met die groot rooi snor. Nog aanstellings volg, nou om die outjie op te spoor vir ‘n kommissie-sitting…. oor die volle waarheid oor die baie £ wat so vermors is…

Willem ·

Met ander woorde daar gaan nog meer mense aangestel word met groot salarisse om niks uit te rig nie. En daai plan van die regering om eskom te red is al jare aan aan die gang….. belasting betalers se geld. Die elite word net ryker en die middel klas word arm, die armes word armer en die “poorest of the poor” het nie ‘n kans vir oorlewing nie

Jimmy ·

Willem, die nuwe hoofde van herstruktuering gaan nie stoksielalleen in hul kantore sit nie. Hulle gaan hordes mense saam inbring om top salarisse en byvoordele te verdien, waarskynlik nog meer as die SOEs se huidige top bestuur. En die “herstruktuering” sal aan hou totdat die land finaal bankkrot is.

Realis ·

Totdat die vet varke met hul vuil, vet, vingers in die koekieblikke nie ge-fire word nie, sal die staatskaping voortgaan. Die R49bn gaan dan ook maar in iemand se gatsak beland.

Jerry ·

Eskom en die ander SOE’s het met staatshulp misluk agv staatskaping deur onregmatige botallige aanstellings van ANC kaders. Om nou te se dat Eskom weer met staathulp gehelp moet word om nie inmekaar te stort nie is dus misleidend. Eskom sal weereens met staatshulp in duie stort vir solank as wat onregmatige en botallige aanstellings van ANC kaders steeds met salarisse die grootste toekenning van staathulp geld opslurp! Solank dit voortduur by SOE’s, vir solank sal staatskaping voortduur en is die aanstelling van herstruktureringshoofde net nog n ANC misleidingsfoefie! Indien hierdie kaders pakkette aangebied word moet dit gesien word vir wat dit is naamlik, n goue handdruk vir staatskaping!

Sp ·

Ek wil graag byvoeg dat die land vir ñ 2de keer gekaap kan word, indien die regering bakhande staan vir eksterne lenings.

Kobus ·

Wees positief en vertrou dat daar bekwame mense aangestel word, sonder inagneming van ras of politieke affiliasie. Die hoop beskaam nie…

Gerrit ·

Ja Kobus ja.
Jy bedoel uiteindelik gaan frikkie se wigte en teenwigte nou inskop?
Mooi.

Maljan ·

In watter droom lewe jy Kobus? Mens noem dit …. KADERONTPLOOIING!

Pietet ·

Hoe lank wil jy nog positief bly vir nog 25jaar skrik wakker asb

Jerry ·

Die herstrukturering by Eskom is deel van die ANC se NDR programme vir verandering van de-kolonialisasie oor na sosialisme. Die hoop beskaam dus nie dat bekwame sosialiste aangestel word, daarvan kan mense verseker wees en diegene wat daaroor positief wil wees moet maar so maak. Die ANC se interne gevegte verander nie die de-kolonialisasie prentjie nie, glad nie, inteendeel verdoesel die interne gevegte die de-kolonialisasie momentum!

Mieliestronk ·

Wat ek nie kan verstaan nie is Eskom Denel. SAUK SAL is almal bankrot En die persone wat die oorsaak was gaan met hulle lewens normaal aan geen hof sake nie Die instansies bankrot bestuur geen storie jy moet hof toe nie gaan voort met hulle lewe Waar sal die geld vandaan kom maklik sit petrol pryse met 50 sent op As wit verantwoordelik was vir die bankrot instansies lankal agter tralies

Vonkprop ·

Daar is net een woord wat al hierdie gemors saamvat: BEE

Henry ·

Wonder hoekom het alles voor 1994 so goed gefunksioneer. Die ANC het die land se ekonomie tot onder sy knieë gedruk en met geen instandhouding het alles ten gronde gegaan. Diefstal is nog steeds aan die orde van die dag en is nogals belaglik dat hulle nie agterkom hulle kan nie die land bestuur nie. Die dag toe hulle die blankes uit hul poste begin wegjaag het was die bankrotskap voor die hand liggend.

BlinkStephaans ·

Oom Tito…. dit is alles goed en wel en oulik… maar die kwalifikasies en “track record” van hierdie nuwe ouens gaan vir ons wys hoe ernstig julle regtig is om die spulletjie te probeer maak dryf….en dan natuurlik moet jy vir ons vertel wat gaan gebeur met die breindooies wat voorheen probeer het en gemaak het dat die spulletjie nou is waar dit is. Of is dit nou heeltemal te veel gevra? Moes jy nie maar sommer die weermag ook op die lys gesit het nie… of is hulle moeilikheid nog te vars… moet eers nog n paar jaar voort ploeter tot daar nou regtig niks oor is en die soldate nie salarisse kry? Dit sal nou vir jou ñ oulike gemors afgee… honger soldate met toegang tot R5’e en ñ klompie mank Ratels… eish.

Gert ·

Die “sekere voorwaardes” sluit waarskynlik in verdere transformasie.

George in Bloem. ·

Hierdie hele spul onbevoegde korruptes in die ANC/EFF/BLF alliansie is almal elke liewe dag van die maand ‘n spul geharde kommuniste en sosialiste behalwe natuurlik een dag van elke maand…..en dit is payday. Dan is almal van hulle kapitaliste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.