Hertzogville se water ook veilig

Argieffoto: https://pixabay.com

Hertzogville se watergehalte is onlangs getoets.

AfriForum het die afgelope maand Hertzogville in die Vrystaat se watergehalte getoets as deel van die burgerregtewaghond se nasionale blou-en-groendruppelprojek. Uitslae dui aan dat die drinkwater skoon is.

“Ons kon vasstel dat Hertzogville se drinkwater skoon is, geen swaarmetale bevat nie en dat die vlakke van bakterieë aan die gestelde standaarde voldoen. AfriForum gaan egter die watergehalte deurlopend toets om te verseker dat inwoners se grondwetlike reg op skoon drinkwater te alle tye beskerm word,” het Alta Pretorius, AfriForum se waarnemende distrikskoördineerder vir Bloemfontein, gesê.

AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte.

Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.