Herverhoor van AbaThembu-koning van die hand gewys

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

AbaThembu koning Buyelekhaya Dalindyebo (2009) Foto: Gallo via http://africajournalismtheworld.com/

Michael Masutha, minister van justisie, het Dinsdag ʼn aansoek deur die AbaThembu-koning Buyelekhaya Dalindyebo om sy verhoor te laat heropen, van die hand gewys.

Masutha het by ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê hy kon niks in die aansoek vind wat daarop dui dat nuwe bewyse intussen aan die lig gekom het wat Dalindyebo se skuldigbevinding kan affekteer nie.  “Ek moet daarom noodgedwonge die aansoek ter syde stel,” het hy gesê.

Maroela Media het vroeër berig Dalindyebo het aansoek gedoen om sy verhoor te laat heropen nadat hy in 2009 skuldig bevind en 15 jaar tronkstraf opgelê is vir verskeie misdade insluitend strafbare manslag, brandstigting, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering.

Nadat die koning die Appèlhof genader het, is sy skuldigbevinding aan strafbare manslag ter syde gestel en sy vonnis is tot 12 jaar tronkstraf verminder.

Dalindyebo is tans uit op borgtog, maar sal na verwagting Woensdag homself aan die hoof van die Mthatha-maksimumgevangenis oorgee soos die hooggeregshof in Mthatha beveel het.

Masutha het gesê hy het ook mondelingse voorleggings deur die koning se regspan aangehoor, alhoewel hy nie wetlik verplig was om dit te doen nie. “Ek het gevoel dit sal gepas wees om dit aan te hoor as vergunning en in die naam van regverdigheid. Hul voorleggings is in ag geneem gedurende my besluitnemingsproses,” het hy gesê.

Dalindyebo se aansoek was op twee aspekte gebaseer, naamlik die dood van een van die assessors gedurende die verhoor en die feit dat die hof na sy mening gewoontereg geïgnoreer het en dat dit sy skuldigbevinding beïnvloed het.

Masutha het gesê hy het gevind dat beide aspekte ongegrond was en nie genoeg rede was om die verhoor te laat heropen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Martin ·

Hy het dit baie duidelik gestêl dat hy nie gaan aanmeld nie. Al wat mense rêg en wet wat hom betref is dan nou verkeerd hanteer. Hy is verhewe bo die wet en wil hê die groot ding teen hom moet nou deur ‘n internasionale hof hanteer word. Konings mag mos nie tronk toe gaan nie.

Jan maak n Plan ·

Dis darem maar lekker, word in 2009 skuldig gevind maar loop aan die einde van 2015 nog rustig buite rond. Ek neem aan dat die meneer seker nog “n koningklike salaris” van die regering ook kry. Dis darem maar lekker in die nuwe RSA.

Berhalet Beukes ·

Hulle het mos genot geput om van Oscar Pistorius ‘n voorbeeld te maak… Kom Koning Kroek… Jou beurt! Kry vir jou!

GES ·

Ek wonder of die “koning” ooit die binnekant van die tronk gaan sien. By aankoms sal hy seker ook onmiddelik mediese parool kry. Shaick het ‘n golf maat of iemand om sy sak te dra nodig.

Sarie ·

Dit het darem nou tyd geword dat hy in die trunk gestop word!!! Genade ons hy is al ses jaar gelede skuldig bevind. Dink hierdie kamma koning hy is regtig verhewe bo die wet. Ek wonder nou maar net of die minister van justisie enigiemand (lees wit) se regspan persoonlik te woord gestaan het om hul redes aan te hoor. (Die minister se self hy hoef dit nie te gedoen het nie). “Ek het vevoel dit sal gepas wees om dit (sy regspan se mondelinge voorleggings) aan te hoor as vergunning en in die naam van geregtigheid. Hul voorleggngs is in ag geneem gedurende my besluitnemingsproses.” Kan die minister dalk vir ons se met hoeveel ander veroordeelde misdadigers het hy dieselfde paadjie gevolg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.