Hervestiging van Krugerwildtuin-renosters begin

Argieffoto

Argieffoto

SANParke het Woensdag met die proses begin om ʼn aantal witrenosters uit die Krugerwildtuin te skuif.

Dit volg nadat ʼn renoster-bestuurstrategie in Augustus deur die kabinet goedgekeur is in ʼn poging om renosterstropery te bekamp.

“Hervestiging is die kern van ons benadering, in ʼn poging om stropery te bekamp en die aanwas van die renosterbevolking te verseker,” het Kuseni Dlamini, SANParke se voorsitter, in ʼn verklaring gesê. “Ons gaan poog om die aanwas te stimuleer in groot beskermde gebiede wat in renostervestings omskep gaan word.”

Dlamini het ook gesê renosters sal uit die hoërisiko-dele van die wildtuin geskuif word. “Ons wil sodoende die gevolge van stropery in die kort- en mediumtermyn teenwerk, en terselfdertyd die algehele bevolkinggrootte verbeter.”

Hy het gesê renosters sal ook later vanjaar as deel van die bestuurstrategie opgeveil word.

Die renosters is tot dusver nog nie geskuif nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.