Het jy al Maroela Media se app afgelaai? Doen dit nóú!

Maroela Media se gratis nuus-app

As jy dol is oor Maroela se resepte, in die oggend gretig die Gedagte vir die dag oopmaak en lees, of elke nuusbrokkie verslind, is hier vir jou goeie nuus: Maroela se app maak dit verspot maklik om elke oomblik van die dag op die hoogte te bly met dit wat vir jou interessant en belangrik is, én om dit waarin jy nie belang stel nie, af te skakel.

Leserstatistiek wys vir ons dat tot 87% van ons lesers Maroela op hul fone lees, maar dat slegs 4% van hierdie lesers reeds die app afgelaai het. Hierdie handjievol lesers lees egter meer bladsye per maand as die amper 2 miljoen lesers op die webwerf – want dis net so lekker op die app dat hulle nie kan ophou lees nie! So kom kuier sommer nou saam op Maroela Media se app.

Buiten die gerief daarvan dat jy al die nuus en ander inhoud in elke afdeling op Maroela se app kan lees deur met jou vinger daardeur te blaai, is daar ʼn klompie funksionaliteit wat Maroela se app besonders maak:

  • Wil jy eerste die resepte sien, of is jy ʼn vermaak-verslaafde? Gebruik die verstellings op die app om self te bepaal in watter volgorde jy die verskillende kategorieë op jou app sien.
  • As jou kind daarvan hou om Maroela te lees en die app op sy foon het, kan jy die verstellings op die app gebruik om sekere kategorieë wat jy nie wil hê jou kind moet sien nie, byvoorbeeld die nuus, af te skakel. Dié verstellings word beskerm met ʼn wagwoord sodat net jy dit kan verander.
  • Jy wil dalk graag weet wanneer ʼn nuwe sportberig gepubliseer word, maar nie wanneer ʼn nuwe nuusstorie verskyn nie. Dis maklik: Gebruik die verstellings en skakel die kennisgewings wat jy wil ontvang, per kategorie aan en af.

Die Maroela Media-app is boonop gratis – net soos mens van Maroela verwag. 

Maroela Media app vir die iPhoneMaroela Media app vir Android

Wil jy die app aflaai? Só maak mens

Stap 1

Laai die jongste weergawe van die Maroela- app op jou slimfoon af. Dis gratis beskikbaar op die App Store (vir Apple-toestelle) en die Google Play Store (vir Android-toestelle). Besoek die winkel en tik “Maroela Media” in, en laai die app af.

Stap 2

Sodra jy die app afgelaai het, sal jy gevra word om ʼn vorm te voltooi met jou naam en selfoonnommer. Wees gerus – jou besonderhede word baie vertroulik hanteer en word nie met enigiemand anders gedeel nie. Ons gebruik dié kontakinligting sodat ons makliker met jou, ons lojale leser, in verbinding te bly.

Ons onderneem om jou net een keer te kontak om te hoor of jy belangstel om Maroela vrywillig te ondersteun sodat ons kan voortgaan om goeie gehalte, gebalanseerde, betroubare nuus en ander inhoud aan ons lesers te bied.

Stap 3

Die app sal jou daarna vir jou stap-vir-stap deur ʼn hulpgids neem om die app volgens jou persoonlike behoeftes op te stel. Tydens die installasieproses kan jy die volgende verstellings maak:

  • Kies die kategorieë wat op jou app moet vertoon, en skakel dié af wat jy nie wil sien nie.
  • Skakel kennisgewings vir die kategorieë wat jy gekies het, aan of af na willekeur deur die aan/af-skakelaar langs elke kategorie se naam te gebruik.
  • Rangskik die kategorieë se volgorde soos jy dit verkies – skuif die name van die kategorieë in die “Verstellings” bloot met jou vinger op en af tot jy tevrede is. 

Stap 4

Nadat jy hierdie verstellings gekies het, gee die app jou die geleentheid om ʼn wagwoord in te tik waarmee jou keuses beskerm sal word. Onthou, as jy jou wagwoord vergeet of verloor, sal jy die app op jou foon moet uitvee en van voor af moet installeer om ʼn nuwe wagwoord te kies. 

Stap 5

Indien jy die app op jou kind se foon installeer, volg dieselfde proses en maak die verstellings waarmee jy gemaklik is. 

Stap 6

As jy tydens die installasieproses enige van hierdie verstellings gemis het of later wil verander, klik op die drie horisontale strepies in die regterkantste boonste hoek van die app en kies “verstellings”. 

Stap 7

As jy steeds nie regkom nie of onseker is oor enigiets op die app, stuur gerus ʼn e-pos na [email protected] – ons help graag.

  • Laai die app nou af op die Google Play Store (vir Android-toestelle) of App Store (vir Apple-toestelle). Een ding waaroor jy gerus kan wees, is dat Maroela Media jou gebalanseerde, betroubare bron van nuus is, en dat ons gratis is en bly. Met dié app maak ons jou lewe net nog ʼn bietjie makliker en lekkerder.

Maroela Media app vir die iPhone Maroela Media app vir Android

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.