Hewige donderstorms oor Gauteng verwag

Dakke van ʼn woonstelgebou in Claremont, Pretoria, is in November verlede jaar deur ’n storm beskadig. Foto: Suburban Control Center via Reënval SA (Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku inwoners van Gauteng, die Vrystaat en Noordwes teen hewige donderstorms wat na verwagting met swaar neerslae, verwoestende winde en hael gepaard sal gaan en wat Dinsdag van die middag tot kort voor middernag sal duur.

Die aankondiging is gedoen terwyl die naweek se hoë temperature voortgeduur het met ʼn maksimum van 32 °C in Johannesburg en 33 °C in Pretoria. In Bloemfontein sal die kwik na verwagting tot 38 °C styg en in Klerksdorp tot 37 °C.

Volgens die weerdiens moet motoriste versigtig bestuur terwyl dié wat nie dringend moet uitgaan nie, liewer tuis moet bly.

Kgoloselo Mahlangu, weervoorspeller, het Dinsdagmiddag 15:00 aan Maroela Media gesê die storms word eers laatmiddag of vroegaand verwag. Sy kan nie sê of dit wel sal hael nie, want “ʼn mens kan nie vooraf weet presies wat ’n storm sal inhou nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Annelize ·

Ons in Rustenburg is alreeds gisteraand vanaf 23:00 uitmekaar uitgeslaan deur die weerlig. Tot ‘n Eskom Transformer is deur die weerlig raakgeslaan en het gebrand. Die HELE Rustenburg was vir etlike ure in die donker gewees.

Johan Pienaar ·

Centurion was ook gisteraand sonder krag. Maar ten minste breek die storms die hitte!

Francois P Theron ·

Ons het gister (Maandag 14 Jan 19) ‘n erge storm hier in Alberton -Johannesburg omgewing gehad, ek was lanklaas so bang…Dit was skrikwekkend met die weerlig kettings en donderslae terwyl die reën so hard en aanhoudend geval het, met hael tussen in, dat die geute en afvoere heeltemal oorstroom was, selfs ons rotstuin wat voorheen ‘n visdam was het oorstroom …

Wat kan ek sê? ·

Capital Park, Pretoria, ons hoor die dreunings en sien die die weerlig in die verte. Nie ‘n druppel water nie. Selfs die diere het op hulle veilige plekkies kom lê. Ons was heeltemal reg vir die reën, maar helaas, net beloftes. Hopelik vanaand?

Raymond Young ·

“Het Dinsdagmiddag 15:00 gesê” ?
Hoe kry hulle dit reg?
Ek soek die lotto nr’s asb?

Piet ·

Hulle kry dit duidelik nie reg nie.
Absoluut geen “storm” gerealiseer gister nie. Nie eens n buitjie reën nie.
Daar is baie toepe wat beter voorspellings bied as ons BEE voorspellers?

lulu ·

hiehie
Ja ek het ook maar gelag
Mag hul besef dit gaan nie reen as hul so se nie
dit sal reen wanneer did GOD se wil is
ai hul al die jare gaan leer om vals voorspellings te maak
Want toe waai die wind

Jaco ·

En toe was dit n droë aand hier op die oos rand. Na al die waarskuwings en mense wat in hulle huise moet bly, pak ek maar my tin foil hat weg.

lindie ·

ek’t reg gemaak vir die storm en die Wederkoms
niks het gebeur

PIPPIE LANGKOUS ·

Lagwekkend!!! Waar kom hulle an die snert??? Nie eers ‘n druppel gereen nie. LOL. Onbevoeg

Andre ·

Ditto SNERT, maar een of ander tyd raai hulle reg want dit is 50/50 reën of nie reën. WeatherSA moet eerder die voorspellings vir hulle self hou vir eie gebruik en voorspellings vir SA op tender uitgee aan ‘n bevoegde oorsese maatskappy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.