Hewige storm ruk Pampierstad

(Foto: Facebook)

’n 12-jarige kind en jong volwassene (18) is dood nadat ’n muur Saterdag gedurende ’n hewige storm in die omgewing van Pampierstad in die Noord-Kaap op hulle ineengestort het.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, sê nóg twee het beserings in die storm opgedoen en is na ’n hospitaal in Hartswater vervoer vir mediese behandeling.

Verskeie huise en skuilings is in die storm beskadig met sommige huishoudings wat vanaand dakloos gelaat is.

“Die hele gebied van Pampierstad en die omgewing is geraak, elektrisiteit is afgesny, bome is ontwortel en die dakke van sommige huise het afgewaai,” sê Tawana.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek wat die twee sterftes betref.

(Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.