Die derde van Hewitt se beweerde slagoffers het getuig dat sy van 14 tot 17-jarige ouderdom by hom tennislesse gekry en dat hy haar in die tyd seksueel aangerand het. “Tydens een van die private lesse was hy baie opgewek… ons het verskillende taktieke bespreek en hy het vir my gesê ‘verkragting is altyd lekker en as ek jou verkrag, moet jy lê en dit geniet’,” het die vrou getuig.
Terry Price, Hewitt se regsverteenwoordiger, het gesê Hewitt ontken hy het dit gesê.
“Ek was geskok en ek dink hy het besef hy het reaksie by my uitgelok. Teen die tyd wat ek by die huis aangekom het, het hy reeds my ma geskakel en vir haar gesê hy dink nie ek is nie geestelik taai genoeg om tennis te speel nie,” het die vrou, wat anoniem wil bly, getuig.
Volgens die vrou het Hewitt gereeld tydens die tennislesse in die vroeë 1990’s teen haar gestaan onder die voorwendsel dat hy tennishoue demonstreer. Hy het glo onnodig sy arm teen haar borste gevee en teen haar rug gevryf.
Price het egter aangevoer dat sy kliënt al vir ʼn geruime tyd met rugpyn sukkel en meen dit kan die oorsaak van Hewitt se eienaardige bewegings wees.
Die vrou het ook tydens haar getuienis beskryf hoe Hewitt sy lyf teen hare gevryf het. “Ek het probeer wegruk, maar dan het hy kwaad geword. Ek kon voel hoe hy homself op en af teen my vryf terwyl hy agter my gestaan het. Ek kon iets hard teen my rug voel, wat ek nou as ʼn volwassene aanneem was ʼn ereksie.”
Price het herhaaldelik gevra of Hewitt se beweerde aksies sigbaar sou wees aan mense wat vir hulle gekyk het, soos byvoorbeeld haar ma wat somtyds die tennislesse bygewoon het. Sy het geantwoord sy weet nie.
Volgens die vrou het sy altyd probeer wegruk wanneer Hewitt dit gedoen het. “Hy het geïrriteerd geraak en gesê ‘Wat maak jy? Hou op’. Wanneer hy so naby aan my gestaan het dat ek sy penis kon voel, sou ek probeer om my rug ʼn boog te maak en verder van hom af weg te kom.”
Hewitt staan tereg op aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding. Hewitt is een van Suid-Afrika se suksesvolste Davisbekerspelers nog en het nege Grand Slam-dubbelspeltitels gewen.
Mnr Price. Ek het self al n geruime tyd rug probleme. Ek het dit nog nie nodig geag om myself teen vrouens of kinders te vryf nie. Jy sal n sterker verweer moet he as daai een.
Hy soek verskoning vir sy siek obsene gedrag, hy moet beslis uit die samelewing verwyder word
Ja iemand moet hom verkrag en kyk of hy dit gaan le en geniet, die siek ou man,