Hewitt in die appèlhof

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Bob Hewitt saam met sy regspan tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die veroordeelde verkragter en voormalige tennisster Bob Hewitt se appèlsaak teen sy ses jaar lange vonnis word na verwagting Dinsdag in die hoogste hof van appèl aangehoor.

Hewitt (76) is verlede jaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is op twee aanklagte van verkragting en een van seksuele aanranding. Drie vroue, vir wie hy in die 1980’s en 1990’s tennisafrigting gegee het, het teen hom getuig.

Een van die vroue het gesê Hewitt het haar aangerand toe sy maar 12 jaar oud was.

Hy het daarna aansoek gedoen om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis. Regter Bert Bam het egter sy aansoek om teen sy skuldigbevinding te appelleer, afgekeur. Sy aansoek om verlof tot appèl teen sy ses jaar lange vonnis, is goedgekeur. Bam het die erns van die verkragting voorgehou, maar Hewitt se ouderdom en gesondheid in ag geneem. “As hy in sy 50’s skuldig bevind is, sou hy minstens 20 jaar tronkstraf moes uitdien,” het Bam gesê.

Die regter het gesê geregtigheid moet geskied, selfs vir bejaarde oortreders, en bygevoeg Hewitt is nie terminaal siek nie en kan behandeling in die tronk ontvang vir sy harttoestand.

Hy het dit ook benadruk dat die twee kinders, wat hy in ʼn jong ouderdom verkrag het, as verswarende omstandigheid dien en hy het Hewitt veroordeel dat hy nie berou toon nie.

Hewitt se borgtog is vroeër verleng en hy gaan tans glo tuis by sy huis in die Oos-Kaap.

Miranda Friedman van Vroue en Mans teen Kindermishandeling het gesê lede sal na Bloemfontein reis om Dinsdag die hofverrigtinge by te woon. Dié groep eis dat die appèlsaak uitgegooi word en dat Hewitt met sy tronkstraf moet begin.

Hewitt is ʼn voormalige professionele tennisspeler van Australië. Hy het ʼn Suid-Afrikaanse burger geword toe hy in 1967 met ʼn Suid-Afrikaner getroud is.

Hewitt het 7 titels in enkelspelle en 65 in dubbelspelle ingepalm en al die Grand Slam-dubbeltitels verower en mans- en gemengde dubbelspelle. Hy was sentraal tot Suid-Afrika se enigste Davis-bekertitel in 1974.

Sy naam is in 1992 in die internasionale tennis-eregalery opgeteken, maar dit is onbepaald opgeskort ná die saak van seksuele teistering teen hom in November 2012 aanhangig gemaak is.

Lees alle vorige berigte oor Bob Hewitt op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

d ·

En nou gaan almal tevrede wees as hy gaan sit ? As hy skuldig is, Hoekom na al die jare die man aankla?

Peet J ·

Na ‘n tydperk van 36 jaar ‘n persoon aanklae, sameswering. Is waar wat Zuma sê die hof sien ‘n saak net van eenkant af.

ig ·

Nee Peet,die wiel vat mos lank om partykeer te draai,partykeer dink ek die mense wat vir zuma en bob opkom staan agter die deur

Peet J ·

ig Wat ek nie kan verstaan nie is 36 jaar gelede was dit seks, ons kan nie daarby verby kom nie ,nou is dit aanranding en verkragting.’n Man sal nou deesdae versigtig moet wees om ‘n vriendskap met ‘n dame aan te knoop want na ‘n paar maande of jare word jy aageklae van verkragting.Ek dink die howe moet ‘n sperdatum op sulke aanklagte plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.