
Bob Hewitt en sy vrou Delaille Maandag in die hof. Foto: Werner Beukes/SAPA.
Bob Hewitt, die Grand Slam tennis-dubbelkampioen wat tereg staan op aanklagte van verkragting en onsedelike aanranding, se verhoor hervat Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof wat in die Palm Ridge-landdroshof sit.
Hewitt (75) het Maandag, tydens die eerste dag van sy verhoor, geen emosie gewys terwyl een van sy vermeende slagoffers vertel het hoe hy haar seksueel aangerand het nie. Sy vrou het hom bygestaan.
Hewitt se prokureur, Terry Price, het die klaagster, Theresa Tolken, onder kruisverhoor geneem. Tolken het toestemming gegee dat haar naam genoem mag word.
Hewitt het onskuldig gepleit op twee aanklagte van verkragting en een van onsedelike aanranding.
Tolken het Maandag in die hof getuig dat Hewitt, wat haar tennisafrigter was, haar onbehoorlik aangeraak en haar gedwing het om orale seks op hom uit te voer. Die dade het glo 34 jaar gelede gebeur toe sy 12 was en in Bedfordview, Johannesburg gebly het. Lees meer hier.
“Mnr. Hewitt het jou huis toe gevat ná oefeninge?” het Price aan Tolken gevra. Tolken het dit beaam. “En ten spyte van die voortdurende seksuele aanranding, het jy steeds saam met hom in ʼn motor geklim?”
Tolken het gesê sy is grootgemaak om volwassenes te respekteer en het gedoen wat sy aangesê is. “Hy het ʼn manier gehad om met jou kop te smokkel. My uitroep was toe ek my ouers gevra het om my op te laai.”
Tolken en haar ma het vanuit hul huis in Nieu-Seeland na Suid-Afrika gereis om die hofverrigtinge by te woon.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Theresa Tolken is die klaagster nie die aanklaer nie . . .
Skurk, hoop hulle gooi hom in die tronk en dat hy sy lewe as ouman daar gaan sluit! Skandelik
Dalk word hy minister ook.
Wat my stomslaan is dat sy vrou hom nog ondersteun. So n vark van n man, hoop hy sit sy lewe om in die tronk en dat hy kry wat hy verdien…..