Hewitt wil teen vonnis appelleer

Argieffoto: Bob Hewitt. Foto: Werner Beukes/SAPA

Argieffoto: Bob Hewitt. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die voormalige tenniswêreldkampioen Bob Hewitt (75) gaan na verwagting Dinsdag aansoek doen om verlof tot appèl nadat hy Maandag in die hooggeregshof in Pretoria tot tronkstraf en ʼn boete van R100 000 gevonnis is nadat hy aan verkragting en onsedelike aanranding skuldig bevind is.

Regter Bert Bam het Hewitt Maandag tot ʼn effektiewe ses jaar tronkstraf gevonnis. Hewitt is op die eerste aanklag van verkragting tot agt jaar tronkstraf gevonnis wat vir twee jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy R50 000 aan die departement van justisie moet betaal vir die gebruik in veldtogte teen geweld teen vroue en kinders. Hewitt het op die tweede aanklag van verkragting dieselfde vonnis ontvang terwyl hy op die aanklag van seksuele aanranding tot twee jaar tronkstraf gevonnis is wat vir twee jaar opgeskort is.

Bam het gesê indien Hewitt in sy 50’s skuldig bevind is, sou hy tot minstens 20 jaar tronkstraf gevonnis word. Hy het gesê Hewitt het net homself te blameer vir sy ellende.

Hewitt is in Maart vanjaar skuldig bevind aan die verkragting van Theresa “Twiggy” Tolken en Suellen Sheehan in die 1980’s en die seksuele aanranding van nog ’n vrou, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, in die 1990’s. Die misdade is gepleeg terwyl hy vir hulle tennislesse gegee het. Hewitt het onskuldig gepleit op die aanklagte.

Bam het gesê Hewitt se huidige gesondheidstoestand is rede tot genade. Hewitt het ’n beroerte gehad en operasies aan sy knieë, skouers en bene ondergaan.

Hewitt se vrou, Delaille, het Bam vroeër gesmeek om nie haar man tronk toe te stuur nie. “My heer, ek het nog nooit nodig gehad om te smeek nie, maar ek vra jou uit die diepte van my hart om asseblief my man te laat terugkeer na die plaas aangesien ek nie sonder hom kan leef nie.” Delaille sterk tans aan ná sy behandeling vir eierstokkanker ontvang het.

News24

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

pop ·

Dellaile moenie simpatie verwag na sy herhaaldelik die slagoffers so sleggese het nie. Bob het aangegaan met sy lewe en nog nie n enkele keer berou getoon nie. Hyt gedink hy sal graf toe gaan sonder dat iemand weet van sy vuil dade. Toe nou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.