Heyneke Meyer het bedank

Heyneke Meyer. Foto: Twitter

Heyneke Meyer. Foto: Twitter

Die Springbok-afrigter Heyneke Meyer het bedank.

Volgens die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Meyer te kenne gegee dat hy nie langer as kandidaat oorweeg wil word om die Springbokke af te rig nie. Meyer het die besluit aan Saru gekommunikeer na afloop van ʼn vergadering met Oregan Hoskins, Saru-president, en Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof.

Meyer het gesê die besluit is volgens hom in die beste belang van Suid-Afrikaanse rugby. Die Springbokke het onder Meyer se afrigting 34 oorwinnings behaal. Hulle het twee wedstryde gelykop gespeel en 14 wedstryde verloor.

“Ek het in my tyd as afrigter altyd die Springbokke eerste gestel en sedert ons terugkeer van Engeland af het ek besef dat, hoewel ek glo ek nog het baie om te bied, die tyd vir verandering aangebreek het,” het Meyer gesê.

“My integriteit is nog altyd baie belangrik en ek voel ek verlaat die span met my kop omhoog. Ek hou nog altyd vol dat my enigste motivering was om my land te dien en om te doen wat die beste is vir die Springbokke.

“Ek het my tyd as Springbokafrigter baie geniet hoewel dit by tye baie stresvol was en veral druk geplaas het op my gesin, en ek wil hulle graag bedank vir hul volgehoue ondersteuning die afgelope vier jaar. Ek het my hart en siel in my werk gesit en my bes gedoen.”

Hoskins het Meyer bedank vir sy diens aan Suid-Afrikaanse rugby. “Ons het in baie maniere ‘n natuurlike waterskeiding bereik met ‘n beduidende aantal senior spelers wat uittree of oorsee gaan, sowel as die feit dat ons strategiese transformasieplan nou in volle swang is,” het Hoskins gesê.

“Heyneke het sy alles vir die Springbokke gegee en dit was ‘n groot plesier om met so ‘n passievolle Suid-Afrikaner te werk. Daar was baie hoogtepunte gedurende sy tyd as afrigter en dít is die oomblikke wat ons sal onthou. Hy het ook baie hoë standaarde vir homself, sy bestuurspan en sy spelers gestel en hy was en bly ‘n aanwins vir Suid-Afrikaanse rugby.”

Saru het gesê daar sal onmiddellik begin soek word na Meyer se opvolger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

louis ·

Nou begin die kompetiese tussen bafana bafana en die proteas aka springbokke.

elizabeth ·

ek dink om ‘n bok afrigter te wees is baie soos om ‘n dominee te wees. ‘n deel sal altyd met jou fout vind en ‘n deel sal altyd met jou tevrede wees. En dan sal die deel wat met jou fout vind wen want hulle is oor die algemeen evil, en dan sal iemand anders in jou plek kom, en dan sal die hele siklus weer van vooraf begin.

Bok-Bok ·

Die regte ding om te doen, Heyneke. Sterkte met jou toekoms.

tom ·

Tog net nie alister coetsee nie. Hy was in die bevooregte posisie wat hy die beste provinsiale spelers gehad het. Hy het seker daarom net gekyk dat die geld inkom. Bewys julle doen dit vir die liefde van die saak. Weier betaling

Dalene Marx ·

Heyneke, jammer dat sy so deur ons Suid-Afikaners behandel word. Jou siel en liggaam is in rugby, jammer dat van die spelers so sleg gespeel het en dat jy nou daarvoor moet pa staan. Sterkte en voorspoed vir jou en jou gesin.

Henry ·

Goeie besluit Heyneke, jy het jou heel beste gegee.
Hoop maar dat die opvolger minder emosioneel en vasberade sal wees om ons Springbokspan se vaardighede en spelwyse te ontwikkel om aan 2016 en verderaan se vereistes te voldoen.

Jan ·

Henry vaardigheid begin op laerskool vlak Heyneke kan hulle nie vaardigheid leer nie net dit probeer verfyn maar welgedaan julle het n goeie afrigter met passie vir die bokspan nou so vertrap dat hy nie kan aangaan nie al wil hy!!!

Henry ·

Die vaardighede waarvan jy praat is vir seker nie deel van die Jong Bokspanne se spel nie. Iewers het jou vaardige laerskool kjeenir duidelik reeds uit die bus geval.

Met die uitsondering van die Leeus wat daardie vaardighede reeds vir jare as ‘n hoë prioriteit inoefen, is nie een van ons senior spanne eers amper met sulke dinge geseënd nie.

Toevallig is Heyneke oor baie jare aan my baie goed bekend. Ek het groot respek vir dit wat hy destyds met die Bulle uitgerig het. Die Bulle wat oor uitstaande spelers in verskeie posisies beskik het en wie se speelstyl indertyd gewerk het.

So drop maar jou ‘julle’.

Aanvaar dat Heyneke nie sy geleenthede gebruik het om oor ‘n 4 jaar tydperk ‘n talentvolle spul spelers te lei om in 2015 wenrugby te speel nie. Wat met uitgediende taktiek volhard het en geen ooreenkoms met die eise van 2015 se rugby getoon het nie.

Sy oordadige vertoon tydens die singery en die rondspringery in die afrigtershokkies het ook sy eie verhaal vertel van die stress wat hy nie kon hanteer nie en wat vir seker nie veel vertroue by sy spelers kon inboesem nie. Selfs ‘n laerskool afrigter weet van beter.

Hopelik sal SARU ‘n kundige ou aanstel, waarvan Coetzee en De Villiers beslis nie deel is nie.
Mallet en Ackermann kan mynsinsiens werk.

Henry ·

Maklik ou Paulus!
Jy wou dan nie agterlynafrigter van die vlugvoetige ge-transformeerde Naboomspruitspan wees nie.

chris ·

Die beste 2 brokkies nuus
(1)Pistoruis skuldig aan moord.
(2) Meyer bedank

AmY ·

Dis die beste om te doen. Glo my. SA rugby is in ‘n gemors. Gaan rig 1ste span skole rugby af. Minder stes.

Gawie Keyter ·

Beste nuus van die jaar.Hopelik gaan die nuwe afrigter al die ou hout uitkap em spelers op form kies en nie op belofte of reputasie.

HenkL ·

Dit sal gedoen word op hul velkleur en niks te make het of hulle kan speel of nie. Dit is seker wat jy ook wil he.

Annamarie Trollip ·

Ai dis nou hartseer nuus. Ek het baie respek vir Heyneke Meyer en dit is nou ‘n gatslag vir Springbok Rugby. Almal sal nou weer ‘n eier te lê hê maar ek weet jy het hart en siel gegee en ek salueer jou. X

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Dis a jammerte hy kon nie vir a tweede termyn aanbly nie Die wat gewoonlik sy kop ys weet maar min van RUGBY HY het al baie behaal

Wp ·

Kaspaas jy is seker n bul. Julle kan hom maar hou dankie. Julle gaan nie die WP so trick trek nie.

HartSeerBokkie ·

Ja WP julle het mos al die super rugby nou weer hoeveelkeer gewen?… Heyneke, ek hoop n oorsese span trek you nader, en oor vierjaar daar in Japan, wys jy ons “nuwe” kwota bokspan, wat is wat, ek dink anyway daar gaan niks meer van springbok rugby oorbly nie….

scalla ·

dink dit is die regte besluit, dankie vir wat jy vir rugby gegee het, met die politieke inmenging kan die afrigter nie maak wat hy wil nie, alles word deesdae in die afgrond bestuur deur onbekwame arrogante persone

Johan Swart ·

Wonderlike nuus nou kan Oregon en suy trawante vir Patrick Mpho aanstel. Hy bly in Lebowa Kgomo maar weet nie eintlik iets van rugby af nie, het dit al twee keer op TV gekyk, maar sal seker maak dat al sy tjommies gekies word, sodat ons met die volgende wereldbeker kan uitspeel vir n plek teen Kenia, Oregon kan ook met hom reel dat 30% van sy inkomste in kontant oorbetaal moet word as deel van sy R10 miljoen pakket omrede hy die pos vir hom gereel het. Die ander 30% aan Fikile dan is almal gelukkig, of hoe.

Sims ·

Heyneke het darem al paar bekers op sy kerfstok, geluk. Wonder watter afrigter in SA kon meeste wegwedstryde in reeks wen? Heyneke het te veel in sekere spelers vertrou ongelukkig. Allister Coetzee is bitter amper van ontslae geraak en WP ondersteuner het sy kop ge-eis, dinge word vinnig vergeet, Allister sou nooit sonder hulp van unie, bo gebly het nie. Wat het snorre bereik tydens “sy” wereldbeker? Nee wat,almal skree name wat reeds by ander plekke OF van ontslae geraak is , of bedank het ! Kyk maar eers na elke naam en kyk dan ook wat het hy reeds bereik, ek praat nie van Put sonder water se O/9 C span wat hul groepwedstryd gewen het op die landbouskou nie. En wat weet Wynand Claassen (belowe plegtig dit het niks te doen met sy seun wat nie eers vir Bulle se span gekies was nie,maar vir Frankryk speel) of Garth Wright (hy kan nie eers praat/uitsaai op tv tydens ‘n game nie)

celeste ·

Haal die senior burgers uit die springbok span uit en gee die jong spelers kans om te speel. Hulle bly se dat die jonger spelers by die ouer spelers moet leer maar die ouer spelers is meer op die bank of in n teater saal. Wat moet die jonges by hulle leer as hulle nie eers op die veld is nie. Die ouer spelers is daar vir die geld en nie vir die spel nie. Dit raak al soos Days of our lives, sodra jy dink een tree af dan ewe skielik is hy terug. Nee man raak onstae van die hele klomp ou spelers, en gee die jong ouens n kans.

Streicher ·

Die slegte nuus is. Almal wat n eier gele het, daarop aangedring het dat hy gepos moet word, gaan verstik in julle woorde. Totsiens SA rugby! Hallo kwotas. En hoekom begin soek na n nuwe afrigter? Ons weet mos dit gaan n regstellende aanstelling wees.

arie plaasboer ·

Ta-ta Springbokke,
Vertrou julle sal darem in die toekoms so hier en daar `n wedstryd wen,

Mies ·

Dis so jammer dat die min mense wat opregte passie en gevoelens wys juis oor die dinge waaroor hulle passievol voel altyd uitgekryt word vir swakkelinge. Ek wonder maar net hoeveel van julle sit voor die TV of op ‘n stadion tydens ‘n toets sonder om ‘n vinger te verroer met ‘n strak gesig as die BOKKE oppad is om ‘n drie te gaan druk? Dankie Heineke vir dit wat jy opgeoffer het en dankie aan jou gesin vir wat hulle opgeoffer het.

Hermanus Potgieter ·

Ek lees maar so na almal se kommentaar. Ek stem saam dat Heyneke sy bes gegee het, maar ek stem ook saam dat hy deur sy lojaliteite teenoor sekere spelers nie die beste span gekies het nie, Gooi die politieke inmenging saam in wat hom genoop het om o.a. Brussow by die huis te los en Kolisi saam te neem (dis nie die enigste nie) en ‘n kaptein wat nie reg was om te speel nie (Jean De Villiers) in die span in te dwing, dan is dit geen wonder dat die sukses nie sou kom nie. Wat hy besluit het is egter vir homself die beste. Onthou dat die transformasie nou in volle swang gaan neerdaal op S A rugby om by die teiken van 2019 se 50% nie-wit spelers uit te kom. Geen regdenkende afrigter sal, buiten vir die geld, by so ‘n span betrokke wil raak nie. Die afrigter kan hoe profesioneel wees, maar hy word bestuur deur amateurs (SARU) en politici (ANC)

Johan van Wyk ·

Was dit a.g.v. politieke inmenging ??? Vra maar net ? Die volgende Afrigter gaan ook met inmenging te doen kry en nog baie erger ! Net jammer dat Bafana Bafana nie ook daagliks hiermee gekonfronteer word nie !

Karen ·

Ai ek weet darem nie – ons ou Suid Afrikaners kan darem ons sport mense ophemel of vrot behandel – geen middeweg of balans nie! 34 wenne?!! Maar dis nie goed genoeg nie – die afrigters op die kantlyne en in die pawiljoene en sitkamers is ALMAL beter as Mnr Heyneke.
Ek dink hy het sy hart en siel gegee – praat net met die spelers en julle sal die respek hoor.
Maar nee daar moet nou weer ander kelur inkom, dit gaan nie oor rugby se belang nie – maar foeter voort!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.