Hidrobreking: AfriForum en TKAG teiken skaliegasplanne

Argieffoto van ‘n betoging teen hidrobreking. Foto: Werner Beukes/SAPA

AfriForum en Treasure the Karoo Action Group is besig om kommentaar saam te stel op die departement van water en sanitasie se konsepregulasies vir die opsporing en ontwikkeling van aanlandige onkonvensionele gasontwikkeling. Dié regulasies is op 7 Mei in die Staatskoerant gepubliseer.

Lambert De Klerk, AfriForum se bestuurder vir omgewingsake, sê dat die organisasie en sy jarelange omgewingsakevennoot Treasure Karoo Action Group sal voortgaan om die ontginning van skaliegas in die Karoo teen te staan. “Ons het aan die departement geskryf om ’n verlenging van die 30 dae periode vir openbare kommentaar te versoek, veral weens die kompleksiteit van die verslag wat deur tans deur ons span kundiges saamgestel word,” sê De Klerk.

Jonathan Deal, uitvoerende hoof van TKAG, sê dat TKAG ’n bewese baanrekord het wat betref sukses wat dit al teen die regering oor sulke regulasies behaal het. Die mees onlangse is ’n eenparige uitspraak van die hoogste hof van appèl teen die departement van minerale hulpbronne. “Na ons mening is dit kortsigtig om ’n stel tegniese regulasies met bloot ’n 30 dae-venster vir openbare kommentaar te publiseer. Om dit boonop midde-in ’n ramptoestand te doen wanneer selfs meer inperkingsregulasies die land in die gesig staar, stel ten beste ’n arrogansie teenoor deeglike openbare deelname voor.”

Deal voeg by dat ontwikkelings ’n wekroep moet wees vir enigeen wat naby moontlike skaliegasontginningsmyne woon, kinders grootmaak en saai- asook ander boerderye en toerismegefokusde sakeondernemings bedryf.

In ag genome die geskiedenis in die VSA en die uiteindelik verbod op hidrobreking in die staat van New York en die Delaware-rivierkom, is daar oorgenoeg rede waarom dit ook in Suid-Afrika verbied behoort te word.

De Klerk moedig bekommerde burgers aan om vir hul reg op ’n gesonde omgewing op te staan en by AfriForum aan te sluit en dié organisasie en TKAG ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

SA het reuse probleme met besoedelende ‘vuil’ kragopwekking. Is skoon aardgas dan nie maar die antwoord nie? Betaal die Karoo boere ń ordentlike bedrag en ontgin die gas. Alternatiewelik,neuk maar voort met olie invoere en kool ontginning.

Tiptol ·

Ek dink ook so. Solank die boere dan net goeie vergoeding kry.

Dirk Mostert ·

Dis die hoofrede vir boere se teenkanting van mynprojekte.

Johan ·

Fracking is gladnie skoon nie en vernietig geolgie vir ewig. Die Karoo gas gaan waarskynlik ook grootliks uitgevoer word. Die gas in Mosambiek is redelik skoon en beskikbaar waar dit deur ons gebruik kan word…maar nou ja.

JM ·

Die fiskus is leeg gesteel, dus moet daar alternatiewe bronne van inkomste ontgin word, dat die “fat cats” se sakke volgestop kan bly.

annie ·

Kyk hoe lyk en ruik ons dorpe en stede, hoekom nie die res van die land nie? Dit is hoe die ‘brekers’ redeneer. Soos minster matrassie sè, Koeberg is nie Chernobil nie. Die Karoo is mos nie die VSA nie. Die ANC weet van hoe. Gee geld en watch. Oor ‘ n jaar of wat ry almal vanaf Alexandra deur Alexandra tot by Alexanda aan die oos-, wes- of suidkus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.