Hidrobreking in die Karoo met hofsaak gekeer

Argieffoto van ‘n betoging teen hidrobreking. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Treasure the Karoo Action Group (TKAG) se appèlaansoek teen die ministers van minerale hulpbronne en omgewingsake vir die tersydestelling van die regulasies oor petroleumeksplorasie en produksie – soos afgekondig in 2015 en wat vir hidrobreking in Suid-Afrika voorsiening maak – het geslaag.

’n Volbankregters het vandag in die appèlhof in Bloemfontein in AfriForum en TKAG se guns beslis. AfriForum en die TKAG is reeds jare lank saam in litigasie gewikkel om die inwerkingstelling van hidrobreking vir gasontginning in die Karoo te verhoed.

AfriForum en die TKAG het volgehou dat die regulasies op verskeie gronde onwettig is. Die hof het inderdaad beslis dat die minister van minerale hulpbronne nie die mag en bevoegdheid gehad het om die regulasies vir petroleumeksplorasie en -produksie in werking te stel nie. Die minister van omgewingsake moes wel eienaarskap van die proses en regulasies neem.

Morné Mostert, hoof van plaaslikeregeringsake by AfriForum, sê dat hierdie ’n groot oorwinning is om te verseker dat ons omgewing bewaar word. “Ons moet verseker dat die volgende geslagte ’n plek het om volhoubaar te kan leef en ons kan nie bekostig om kortsigtige besluite te neem nie.”

Hy sê die uitspraak bewys ook die noodsaaklikheid dat die departemente van minerale hulpbronne en omgewingsake eerder met organisasies soos AfriForum en die TKAG moet beraadslaag as om blatant voort te gaan en verkeerde besluite te neem.

Jonathan Deal, uitvoerende hoof van TKAG, sê vandag se uitspraak regverdig die bekommernisse wat AfriForum en die TKAG oor die regulasies en tegnologie vir hidrobreking het. “Die oorwinning is moontlik gemaak danksy AfriForum se volgehoue steun en hulpbronne om die hofstryd te voer. AfriForum beskerm burger- en menseregte en werk vir die gemeenskap en die man op straat. Ons sal saam met hulle voortgaan om die land teen die skade van hidrobreking te beskerm.

“Suid-Afrika het eenvoudig nie genoegsame hulpbronne om hierdie bedryf te hanteer nie – water is nie ’n hulpbron waarmee ons kan mors nie,” meen Deal.

Shell het reeds sy hidrobrekingplanne in die Karoo afgeskaal weens volgehoue druk deur AfriForum en die TKAG.

AfriForum en TKAG het dié hofaansoek met koste gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ig ·

Afriforum is besig om die olifant stukkie vir stukkie te eet, welgedaan.

Manie van Worcester ·

Weereens Afriforum, Dis n eer om n lid te wees

Worsie ·

Dis al goed en wel maar wat gaan ons doen as die steenkoolmyne eendag droogloop.. ons het klaar vir die kerkragaanlegte nee gese en nou dit, gaan seker op windpompe moet staat maak in toekoms

Koos Dup ·

Welgedaan Worsie, een persoon wat nugter dink oor die storie.

Kerneels ·

Bekommernisse was uitgespreek oor die manier waarop kernkrag deur die zupta-regering saam met die Russe ingestel wou word, nie kernkrag as sulks nie.

Petrus ·

Ons het baie sonlig. En oor 20 jaar of so gaan begin word om binnebrandenjins uit te faseer. Wat gaan oliegroepe dan doen met die skaliegas?

Gustav ·

Daar sal steenkool wees lank nadat ons middeljariges dood is. So dis die volgende geslag se probleem. Ek verkies die Karoo ongeskonde sodat ek met my motorfiets daar deur kan ry sonder om in industrieë vas te kyk.

Cherokee ·

Welgedaan ChrisWs, een persoon wat nugter dink oor die storie.

Vraagteken ·

Petrus, ek lag my altyd nat as mense dink sonlig is ‘n lewensvatbare alternatief. Weet jy hoeveel energie moet jy stoor om elektrisiteit in die aand te verskaf??? Duidelik nie…

Neewat, wanneer dit kom by kragopwekking is kern energie die beste opsie.

Cherokee ·

Dan moet jy maar die minister van minerale hulpbronne gaan verdedig teen AfriForum, TKAG en mense soos ons.

Koos Dup ·

Ja, watookal, Shell nogals “afgeskaal weens volgehoue druk van Afriforum en….” Julle leef in droom wêreld. Ek werk persoonlik in die petroleum industrie, en kom ek sê nou, as die gas daar is (wat ons studies wys daar is), GAAN dit ontgin word, of Afriforum en kie. daarvan hou of nie. Inelkgeval, wys ons studies ook dat die huidige grondwater bronne in die Karoo so vrot van Nitrate (“fertilizers”), dat dit reeds na aan toksies is. En wie “fertilize” oormatig? Dieselfde mense wat kerm oor die water.

Petrus ·

Jy leef in ‘n droom. Wat wil julle doen met die skaliegas? Jou geliefde olie industrie is in sy laaste fase. Al gehoor van die oilepiek? Groot motor vervaardigers is besig om oor te beweeg na elektriese voertuie. Soek maar solank na ander werk.

François Joubert ·

Die Karoo is nie saaigrond nie, so waar kom jy daaraan dat dit met kunsmis oorbemes word? As dit die kwaliteit van julle studies is maak ek die afleiding dat daar geen spoor van skaliegas in die Karoo is nie.

Vraagteken ·

Nee Petrus, jy leef in ‘n droom. Die aanvraag vir olie stuig jaar op jaar.

Terloops, studies deur die wêreld se top Universiteite het bevind dat die skade deur elektriese voertuie baie hoër is as petrol engines. Almal dink elektriese voertuie is die toekoms want dis wat vervaardigers hulle vertel (dit was gesê van diesel so 15-20 jaar terug en kyk wat gebeur nou, almal is teen dit gekant). Petrol engines gaan nog lank bly en ons almal is nog baie afhanklik daarop.

Fanie Kemp ·

Net een vraag Worsie: Wat as die Karoo se onderaardse waterbronne alles besoedel ( dus onbruikbaar is ) of nog erger heeltemal uitgeput is of droogloop soos jy oor die steenkoolmyne bekommerd is?
Baie dankie AfriForum vir jul talle aksies oor wye spektrum om van ons land beter plek te probeer maak.

Veg vir reg ·

Waar dink julle gaan jul kos vandaan kom? En jul drinkwater? Fracking vernietig alles. Was jul al by so vergadering? Jul bly seker in stad en drink gebottelde water. Kanada se brande, wat oral ondergronds opgevlam het, van paar jaar gelede was agv. die gasse wat ondergronds uit gelek het. Vrystaat is ook in gevaar, en raai waar kom die stedelike gebiede se drinkwater vandaan..?
Vlambaar!!!

Koos Dup ·

Ai, sonder om neerhaled te wees, dié is goeie voorbeeld van die algemene persoon se oningeligte opinie. Lees graag my kommentaar hierbo. Die ondergrondse brande in Kanada was “Underground Coal Gasification” en het niks met hidrobreking te doen nie. O ja, Vrystaat is nie in gevaar nie, aangesien skaliegas vlakker as 1500m daar, en die tersyde gesltelde regulasies verhoed hidrobreking vlakker as dit. Studies vanoor dir VSA, waarin ek ook betrokke was, het bewys sleg 1% van die hidrobreking boorgate besoedeling veroosaak het (en dis gemeet oor 20 jaar tydstip.

Deon ·

Koos Dup, duidelik was jy nie betrokke by Pensilvania en New York se skalie ondersoeke nie. Waar in die wêreld word ondergrondse gasifikasie kommersieël gedoen? Gaan besoedel maar in jou agterplaas. Terloops, jou industrie is verantwoordelik vir baie omgewingsprobleme in die wêreld. Gaan kyk maar hoe jaag julle aan in Nigerië.

Koos Dup ·

Deon, kyk maar na my antwoord op jou kommentaar hieronder….

Kobus ·

Koos, waar gaan die water vandaan kom om die skalies te breek? Bezine, diesel en nugter weet wat als word afgepomp in die brose aarde. Nee wat, dit is tyd om nuwe tegnologie en energie oplossings te benut. Hydrocarbons is gister se nuus.

Deon ·

Koos, ons sal seker vir altyd verskil. Net soos wat jy verwys na wetenskaplike studies wat skaliebreking verdedig is daar wetenskaplike studies wat die teendeel bewys. Alles hang af wie die studies borg, dit weet jy seker. Die beste is om gewone mense op die grond te vra wat dinge waarneem, soos veevrektes. Wat UCG betref, sover ek weet is daar’n kommersiële aanleg in Uzbekistan. Ja, die vuilerige voormalige USSR republiek. Daar is wel ‘n loods program in Australië. ‘n Paar lande bestudeer UCG, ook in die VSA , Kanada en China. Maar die Chinese verloor ook belangstelling. In SA het Sasol dit wel bestudeer. Eskom het dit ook êrens getoets, maar of hulle dit verder sal voer is te betwyfel, gegewe Eskom se geldelike probleme. Om te beweer UGC is die rede vir probleme met fracking is alles behalwe wetenskaplik bewysbaar. Daar is nie genoeg van beide om die verband te bepaal nie. In kort, olie, gas en steenkool se goue eras is verby, ons moet aan beweeg.

Petrus ·

Wat van die metaan gas wat ontsnap, Koos? Dit is ‘n killer.

Natalene Visser ·

Ek stem 100% met jou saam Chris. Sonkrag vir warmwaterstelsels is reeds n verpligting in Johannesburg, indien jy n aanbouing aan n bestaande huis be-oog. Het self ondervinding daarvan. S.A. het genoeg natuurlike elemente vir kragopwekking, soos wind, son en n ellelange kuslyn wat benut kan word. Waarom die Karoo inboet om vir altyd die skade daarna te ervaar? Dankbaar oor die uitspraak van die hof.

Koos Dup ·

Deon, terloops praat ek juis van Pennsylvania, die Marcellus Skalie afsetting. Erkende akademiese joernale publiseer die tipe artikels en werk waarvan ek praat. Nie google of timeslive nie, nog minder Jonathan Deal en Afriforum wat fotos versprei van konvensiele olieveld skade en dit verkoop as hidrobreking nie. Gaan kyk maar self waar UCG kommersieel plaasvind. Terloops, in die geologiese komme waar skaliegas ontgin word, kom die gas natuurlik na die oppervlak, soos in die Karoo. Groen opportuniste gebruik dit en sê dis agv hidrobreking.

Annie ·

Die beste nuus in ‘n lang tyd! Baie geluk en baie dankie aan almal wat sonder ophou en met soveel toewyding hiervoor gestry het. Ek dink nie ons weet presies watter katastrofale gevolge hidrobreking alles het nie. Gaan lees gerus op hieroor. Fossielbrandstowwe is gewis nie die toekoms nie, dis net nie volhoubaar nie-in elke opsig ook vir die omgewing.

David ·

Mors van tyd en geld – groot lavavloeie het al die olie en gas oor die Karoo weggekook miljoene jare gelede, dis hoekom ons dit in die see kry.

Anoniem ·

Geluk, bly dat die einde goed was ! Hoop dit is die einde !

PJ Kruger ·

Baie geluk aan Agriforum en TKAG vir die goeie werk wat julle doen. Voorwaar n groot oorwinning

aj ·

WELGEDAAN!!!

Doen so voort!

Ontmasker nou die omgewingsmisdadigers wat hidrobreking wou deurdruk.

Ons wil weet in wie se oog om te spoeg as ons hulle raakloop!

Mathys ·

Wonderlikke nuus! Dis hoekom ek Afriforum ondersteun! Vir diegene wat die debat begin het oor kragopwekking, wat niks met skaliegas te make het of die prosesse om dit te ontgun nie, wil ek net sê kernkrag is nie ‘nee’ voor gesê nie, dit was die absurde finansiële las op Suid-Afrikaners se skouers, wat spruit uit n onwettige kontrak met n Russiese kernaanleg waarvoor daar baie dankbaar, nee, voor gesê is. Verder is dit objektief bepaal dat kern die skoonste en mees ekologiese manier is van kragopwekking, mense wat dit nie weet nie moet bietjie naslaan werk doen. Laastens sonkrag word al hoe goedkoper en mense moet saamwerk om die komponente (batterye (LiFePO4)(niks anders nie(behalwe dalk Tesla batterye(duur Li Ion))), laai kontroles, panele en optraptransformeerders in te voer) sodat jy nie jou hard verdiende geld in die bodemlose pit gegooi word, wat aangewend word om jou ondergang te bewerkstellig nie? Dis nie eers n wiskundige som om te bepaal wanneer hierdie toerusting hulleself gaan afbetaal nie, dis n onmiddelikke toedruk van n gat in jou sak waardeer alle besparings uittap, die goed sal ook oor 4 jaar positief wys met al die verhogings en inflasie. Dis die nommer een belegging en belasting betoging.

David ·

Daar is nie olie en gas in die Karoo nie – miljoene jare gelede het groot lavavloeie al die vlugtige koolwaterstowwe weggekook. Dit is waarom Suid Afrika net gas en olie in die see kry.

Hou op geld mors op spookstories.

Frikkie ·

Die karoo is ideaal vir massiewe grootskaal sonkrag aanlegte. Elektriese karre is n werklikheid. As SA die Joule ondersteun het destyds was ons al voor Elon Musk VW en BMW. los olie dit stink

Jimmy ·

In baie Europese lande gaan dieselvoertuie vanaf 2025 uitgefaseer word. Nederland en Noorweë is al ver gevorderd met hul planne. Petrol voertuie sal dan volg. Motorvervaardigers is ook besig om voor te berei vir die skuif. Die laaste generasie diesel enjins word nou beplan.

Magda ·

Mooi man – Dankie Afriforum – Julel is ons Goue sterre in SA.

Petrus ·

Wat betref steenkool – daar is meer as genoeg vir baie lang tyd. Feit.
Vir baie redes maar hoofsaaklik waterskaarste, lokalisering van water in die Karoo langs oa. nate sou die hoë druk inplasing van vreemde vloeistowwe baie groot dele van die unieke landskap, plantegroei en landbou vernietig.

EB ·

Baie dankie dat julle harde werk beloon is!!
Die maatskappye verbonde aan hierdie vernietigende aktiwiteite doen dit vir absolute geldelike redes en op die ou end kan mens net
sê : “ Follow the money”. Vergeet van sg
onafhanklike studies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.