Hidrobreking troef grondwetlike regte

Argieffoto

Argieffoto

AfriForum en Treasure the Karoo Action Group (TKAG), gesamentlik bekend as die Alliansie, is van mening dat die toekenning van eksplorasiepermitte deur die regering ondeurdag en onverantwoordelik is.

Dít volg na die mees onlangse uitreikings van dié permitte wat maatskappye in staat sal stel om skaliegas deur middel van hidrobreking te ontgin. Dié proses is ook weens die regering besig om wyer as die Karoo, waar die Alliansie hidrobreking die afgelope paar jaar beveg, uit te kring.

Die Alliansie het die departement van minerale hulpbronne reeds op terme geplaas en hofstukke op hulle beteken oor die onvoldoende wetgewing en regulasies rakende petroleumontginning en -produksie wat veiligheidstandaarde in plek moet stel vir volhoubare omgewingsbestuur en -beskerming.

“Die departement het versuim om ʼn volledige omgewingsimpakstudie te doen alvorens die permitte, en die daaropvolgende lisensies, uitgereik is,” het Lambert de Klerk, AfriForum se assistentkoördineerder, gesê. “ʼn Wetenskaplike proses moet ten alle tye geskied waartydens ʼn behoorlike omgewingsimpakstudie voltooi word wat alle risiko’s duidelik identifiseer. Dié studie stel die wetgewer verder in staat om regulasies in plek te kry om Suid-Afrikaners se grondwetlike regte te beskerm.”

Jonathan Deal, TKAG se uitvoerende hoof, sê dat die Alliansie reeds aan die begin van sy anti-hidrobrekingsveldtog in 2011 gewaarsku het dat hidrobreking nie net in die Karoo sal bly soos in daardie stadium deur die regering aangevoer is nie, maar later ook ʼn nasionale probleem sou word.

Die Alliansie moedig alle gemeenskappe aan wat buite die geaffekteerde provinsies geleë is om ook hul misnoeë hierteen uit te spreek deur ʼn e-pos aan De Klerk te stuur by [email protected]. Volgens die Alliansie is die regulasies wat tans gevolg word, swak opgestel en onvoldoende.

AfriForum het die betrokke maatskappye versoek om antwoorde aan die burgerregte-organisasie te verskaf oor die volhoubaarheid van werkskepping ná hidrobreking plaasgevind het, asook waar die massas water vandaan gaan kom wat nodig is om hierdie aktiwiteite te bedryf.

“Studies toon dat water wat in die hidrobrekingsproses gebruik word meestal onherwinbaar is en dat die chemikalieë wat gebruik word nadelig is vir die mens en omgewing,” het De Klerk verduidelik.

AfriForum het reeds as geaffekteerde party in KwaZulu-Natal en die Vrystaat geregistreer in gebiede waar die regering hidrobreking oorweeg. Deel van dié proses is ook om nuwe alliansievennote te vind.

Gemeenskapslede kan die Alliansie ondersteun deur ʼn petisie te onderteken of “Nee” na 45354 te SMS (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Arak ·

Ek verwonder my telke male aan die droomwêreld waarin die regering lewe.

Hidrobreking betaal glad nie. In die VSA is daar talle maatskappy bankrot as gevolg van die vreeslike hidrobreking en ly die gemeenskappe weens die skade aan die omgewing. SASOL het miljarde verloor weens hulle Kanadese uitvoerende beampte se valse geloof in hidrobreking. Duitsland het pas hidrobreking gestop vir die volgende 5 jaar, maar hier gaan dit nou werk.

Hoe moeilik is dit vir die regering om net wakker te word?

Breekwater ·

Ek kry geen fondament vir die titel in die teks van die berig nie?

Lance ·

Presies gaan WEEREENS te laat wakkerskrik as al die grondwater besoedel is .. .oop nie iets wat jy kan regmaak soos bv die krag situasie nie ….onkunde is ons ondergang in SA deur mense wat nie weet dat hulle nie weer nie …

Rapes ·

Die regering moet baie mooi kennis neem in ons omgewing sal nie hidrobreking plaasvind nie. Ons sal alle toerusting hier vernietig. Hulle speel hier met die verkeerde mense.

Julius ·

Jy is ‘n man van staal. Ek sal ook hulle toerusting vernietig as hulle hier kom probeur.

wha ha ha ·

hoeveel one is in jou pond. julle blankes tol om en speel dood elke meer as julle deur groter getalle gekinfronteer word. julle is net te bang om teen eniga iets op te staan.

Grap ·

Wha jy praat die waarheid maar almal het hulle threshold en soos die geskiedenis by Bloedrivier bewys het nou en dan kom ‘n klein groep ware afrikaanssprekendes bymekaar en dan gebeur wat nou onlangs in Bloemfontein by shimlas gebeur het

plaasmeisie ·

Die ou moet eers leer spel,verstaan nie gebrabbel nie

KarooKlong ·

Net die betrokke regslui baat finansieël in hierdie “opstand”.
Hierdie besluite en nog meer is geruime tyd gelede al goedgekeur en sal voortgaan.

Maria van Dieweeck ·

Rapes dieselfde hier in die Midlands! DIe menere kon nie ry by die laaste vergadering nie. want iets het met hul motor se wiele gebeur. Ek dink hul verstaan nou die boere bedoel dit as hul se hulle sal ‘guerilla’ gaan op hul toerusting. VANAF DRAKENSBERGE TOT BY DIE KUS!! NEEE!!

weg ·

Enige iemand wat hidro dink het mentaliteit van ‘n MOL grawe grawe BEREIK NIKS VERNIETIG ALS. ooja en GELD BODEMLOSE GAT. HAMBA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.