Hiëna-aanval: ‘Ek kon hom herken’

Erco Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Erco Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Erco Janse van Rensburg, die 15-jarige seun van Centurion wat Sondagoggend deur ’n hiëna in sy tent in die Krugerwildtuin aangeval is, sterk in die Milpark-hospitaal se hoësorgeenheid aan nadat hy gesigrekonstruksie ondergaan het.

Basie Smalberger, Erco se oupa, het Maandagoggend aan Maroela Media gesê sy kleinseun is ná die operasie onder swaar verdowing geplaas. “Hy doen goed. Die vyf chirurge het gedoen wat hulle kon. Sy brein, hart en longe funksioneer 100%.”

Volgens Smalberger moes daar talle plaatjies in Erco se gesig ingesit word weens al die been wat vergruis is in die aanval. “Toe hulle hom uit die teater gebring het, kon ek hom herken. So die operasie was suksesvol. Hy gaan oraait wees.”

Smalberger het gesê Erco se ouers “vat dit swaar”. “Dis maar op en af. Hulle leef van minuut tot minuut. Hulle is dankbaar vir elke bietjie en almal se gebede.”

Erco, sy ouers en twee sussies het sedert Vrydagaand by die Krokodilbrug-kamp in die wildtuin gekampeer. “Sy oom-hulle het langs hulle gekamp. Sy oom het vroeg Sondagoggend ʼn slag gehoor en toe hy buitentoe gaan, het hy iets gesien wat lyk asof dit ʼn kombers sleep. Hy het nie die hiëna gesien nie, want dié het toe al gevlug. Hy het nadergegaan en op Erco af gekom,” het Smalberger vroeër gesê.

Volgens Smalberger het die hiëna Erco sowat 30 treë ver gesleep en hy het eers wakker geword toe die hiëna hom begin byt het. Erco se ouers het met hom na die Mediclinic Nelspruit gehaas en paramedici het hulle halfpad ingewag. Erco is by die Mediclinic gestabiliseer voordat hy met ʼn helikopter na Milpark in Johannesburg geneem is.

Mabasa het gesê veldwagters is na die kamp ontbied om na die hiëna te soek, maar kon nie die dier opspoor nie. “Hulle het wel ʼn gat onder die heining gevind waar die hiëna moontlik ingekom het.”

Erco woon saam met sy ouers in Southdowns in Centurion.

Lees alle vorige berigte oor Erco Janse van Rensburg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Karen Conradie ·

Baie sterkte. Ons vertrou hy gaan sommer gou herstel.

Cornelia Steyn ·

Ons glo en vertrou dat Jesus jou sal aanraak en jy heeltemal gesond sal word. Baie sterkte aan sy huisgesin. Die Here is saam met julle in hierdie situasie.

charlene ·

Vakansies is veronderstel om `n heerlike ontspanning te wees vir ouers en kinders, dis so jammer julle vakansie moes so `n tragiese draai maak, Maar ons glo en bid en vertrou Erco sal teenvolle herstel. Hopenlik het julle sommer gou gou weer julle seun terug. Stekrte vir julle pad wat voorlê.

Gereelde wildtuinbesoeker ·

Baie sterkte ou seun, jy is braaf en gaan die storie nog vir jou agterkleinkinders vertel. Die land dink aan jou en word baie gou gesond.

Pops ·

Ai, sterkte vir die seun en vir sy gesin. Dit moet ‘n onaangename ondervinding wees. Kan die Parkeraad maar seker maak dat al die heinings om kampe wel veiig is!! Wat ‘n jammerte dat mens so iets moet deurmaak op vakansie.

Arno ·

Sterkte met Erco en sy familie. Bly om te hoor hy is darm nou stabiel.

Ek hoop nie hulle probeer om van die dier onkant te maak nie. Ek weet wat die dier gedoen is was erg, maar dis sy natuur. Die resevaat moes seker gemaak het die huining was reg.

Gesiggie ·

Sterkte aan jou Erco… so bly en verlig dat die operasie goed afgeloop het… aan sy ouers, kon net dink wat jul moes deur gaan, sterkte aan jul ook… hy is so n pragtigge seun, en verdien net die beste… als wat mooi is…en jammer dat jul vakansie nou so moes eindig…

Basie Smalberger ·

Die familie is dankbaar vir al die gebede en onderskraging van oral oor die wereld. Erco vorder goed, hy is nog in die ICU maar vorder goed. Baie dankie! Ons kan maar nou net elke dag vat soos dit kom, daar is nog baie dinge wat voorle.

Mel ·

Ag siestog , so bly als het goed verloop!! Sterkte vorentoe op di pad van herstel

wilhelm thom ·

Baie sterkte ai arme kind net bly als het goed afgeloop hou ons op hoogte

Hasie ·

Jammer dat so-iets moes gebeur, sterkte vir jou Erco, hoop jy herstel 100%. Die reukorgane van ‘n hiĕna is skerp en kan op ver distansie reuke optel. Indien jy die vorige aand vleis ge-eet het is dit altyd raadsaam om jou gesig en hande te was en jou tande te borsel voor jy gaan slaap. Die hiĕna kan wel so ‘n reuk optel.

Hannie ·

Neem asb kennis, hierdie is ‘n saak van lamsakkigheid en nalatigheid van die parkeraad: Die Krokodilbrug-kamp is my gunsteling kamp. Na ons winterbesoek verlede jaar het ons ‘n brief laat publiseer in ‘n bekende tydskrif. Hierop het die parkeraad gereageer dat hulle tans besig is met opgradering van die elektriese heining, wat al ‘n paar jaar buitewerking was. Hierdie inligting – meer as ‘n jaar gelede! Daar kan net weer klem gele word op uiterse nalatigheid en swak bestuur!

GLO ·

Dis swaar vir hom sy ouers vriende familie GLO die seun sal kan as STERK MAN nie terug kyk altyd VORENTOE. Saam met aardse VADER-en HEMELVADER LIEFDE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.