Hiëna-aanval: ‘Erco verbaas almal’

Erco Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Erco Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

Erco Janse van Rensburg, die 15-jarige seun van Centurion wat deur ’n hiëna in sy tent in die Krugerwildtuin aangeval is, verbaas almal met sy vordering.

Basie Smalberger, Erco se oupa, het aan Maroela Media gesê sy kleinseun is steeds in die hospitaal, maar is van die waakeenheid na die hoësorgeenheid oorgeplaas. “Hy maak baie goeie vordering en verbaas almal.”

Smalberger het gesê Erco is steeds in die hospitaal weens die groot gesigsrekonstruksie-operasie wat hy moes ondergaan. “Daar is altyd die gevaar dat hy infeksie kan opdoen, so hulle moet dit dophou.”

Volgens Smalberger is dit nog nie duidelik of Erco enige verdere rehabilitasie sal moet ondergaan wanneer hy gereed is om ontslaan te word nie. Hy het gesê sy kleinseun weet presies wat die dag van die aanval gebeur het aangesien hy die heeltyd by sy volle positiewe was. “Hy is baie sterk.”

Erco, of Boela soos sy gesin liefdevol na hom verwys, het saam met sy ouers, Erno en Cashandra en sy twee sussies, Zilia en Kyla, in die Krokodilbrugkamp in die Krugerwildtuin vakansie gehou toe hy vroegoggend op 26 Junie deur ʼn hiëna in sy tent aangeval is.

Hy is van die kamp na die Mediclinic Nelspruit gehaas waar hy gestabiliseer is en daarna is hy per Netcare 911-lugambulans na die Netcare Millpark-hospitaal se trauma-eenheid vervoer. Erco het hierna ʼn tien uur lange operasie ondergaan waartydens intensiewe gesigsrekonstruksiewerk deur ʼn span, bestaande uit verskeie spesialis-chirurge, suksesvol voltooi is.

Lees alle vorige berigte oor Erco Janse van Rensburg op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

Sterkte Boela. Ek weet hoe daardie diere aanval. Jy was baie gelukkig. Hoop jy word gou gesond. Dit gaan n lang pad wees. Nogmaals sterkte

Attie ·

Hi Boela, ek het jou in ongevalle gesien Jy is ‘n yster, sterkte Seun, Jy is in ons Gebede!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.