Hiëna-aanval: Seun se gesig erg beseer

Die ingang na die Krokodilbrug-ruskamp. Foto: www.krugerpark.co.za

Die ingang na die Krokodilbrug-ruskamp. Foto: www.krugerpark.co.za

Die 15-jarige seun van Centurion, wat Sondagoggend deur ’n hiëna in sy tent in die Krugerwildtuin aangeval is, moet gesigrekonstruksie ondergaan nadat hy ernstige gesigbeserings opgedoen het.

Basie Smalberger, Erco Janse van Rensburg se oupa, het omstreeks 16:30 aan Maroela Media gesê Erco is tans in die teater van die Milpark-hospitaal en hy sal moontlik nog vir ʼn paar uur in die teater wees terwyl chirurge “massiewe gesigrekonstruksie” doen.

Volgens Smalberger het Erco, sy ouers en twee sussies sedert Vrydagaand by die Krokodilbrug-kamp in die wildtuin gekampeer. “Sy oom-hulle het langs hulle gekamp. Sy oom het vroeg vanoggend ʼn slag gehoor en toe hy buite toe gaan, het hy iets gesien wat lyk asof dit ʼn kombers sleep. Hy het nie die hiëna gesien nie, want dié het toe al gevlug. Hy het nadergegaan en op Erco af gekom.”

Volgens Smalberger het die hiëna Erco sowat 30 treë ver gesleep en hy het eers wakker geword toe die hiëna hom begin byt het.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het vroeër gesê die voorval het omstreeks 04:30 plaasgevind. Volgens Mabasa is die seun deur ʼn verpleegster, wat ook daar gekamp het, behandel voordat hy na die Mediclinic Nelspruit gehaas is vir behandeling.

Volgens Smalberger was daar nie ʼn verpleegster nie en Erco se ouers het met hom na die Mediclinic Nelspruit gehaas en paramedici het hulle halfpad ingewag. “Erco is by die Mediclinic gestabiliseer voordat hy met ʼn helikopter Milpark toe geneem is.”

Mabasa het gesê veldwagters is na die kamp ontbied om na die hiëna te soek, maar kon nie die dier opspoor nie. “Hulle het wel ʼn gat onder die heining gevind waar die hiëna moontlik ingekom het.”
Erco bly saam met sy ouers in Southdowns in Centurion.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

dup ·

Een vraag was die hek toe ,want as die eerste oggend rit uitgaan word die hek somtyds nie eers toegemaak nie. Hoop die gene wat diere voer dink in die toekoms tweekeer.

Estelle Leeuwner Claassens ·

Waarvoor het Mabasa nodig om te lieg? Skuldgevoel????
Baie sterkte aan Erco en sy familie. Erco, mag jou genesing 100% en baie spoedig wees. Wat jy deurmaak seun is baie pynlik ligaamlik vir jou en emosioneel vir jou ouers, mag jul almal sterk en heel anderkant uitkom…..✋

Gjorg ·

Dink jy nou regtig hy sal aspris lieg? Hy was nie daar nie, hy gaan op wat sy personneel hom vertel

MW ·

Dit is n baie hartseer en traumatiese voorval. Dit is egter wel waar dat n verpleegster, wat ook daar gekamp het, die seun in die kamp gehelp het. Ons ken die dame persoonlik.
Baie sterkte aan die familie en die jong seun.

Niel Pienaar ·

Dis nie van swak onder hour nie.
Daar is mense wat die diere voer dis mos te oulik dan. Ek sê nie daai seun het nie maar daar is mense wat dit doen.
Die diere raak dit gewoont en sal maniere soek om te wil in. Self die vlakvare grou gate onder deur die draad om te in. Jy kan daai draaf vandag reg maak more is hy weer oop.

Jy is wel in die die diere se habitat.
Ek voel jammer vir die seun en sy familie
Hulle is in ons gebede

Gerhard du Toit ·

Het enige van julle al met die kampdrade langs gestap en na die toestand daarvan opgelet ?
Kyk ook gerus by hoeveel kampe jy kan agterkom dat die geëlektrifiseerde omheining wel in wering is.
Glo my jy sal verstom staan.

Hermann ·

Satara en krokodilburg vernaamlik het plaaslike hienas wat gereeld om kamp stap en wag vir n stukkie afalkos/ vleis beentjie. So ver terug as 1960 gooi kampeerders en rondawel inwoners ietsie oor draad om hienas anderkant van draad te sien.
In toekoms sal dit nog steeds gebeur soos in verlede.
Kampdraad om malelane kamp het gate in draad en as hek toe is kan jy deur gate in draad omtrent 5 meter van hek in en uit loop. Hoeveel keer was daar al n luiperd binne die kamp en het mense in tente die oggende luiperd spore om hul tente gekry.?? Selfs as ek in nag by krokodilbrug en malelane kampe na toilette stap gebruik ek n flits of ry selfs net 20 meter met my motor na toilette.
Hierdie was n freak ongeluk en hopelik sal die kamp bestuur meer aandag aan veiligheid gee/ gate onder drade ens.
Krokodilbrug kamp en malelane is twee van ons familie se gunstelingste kampe en sal in die toekoms nog steeds so wees.
So jammer vir die seun en bid vir sy volkome herstel.

Berhalet Beukes ·

Dis ‘n baie intelligente dier om die seun eers uit die tent te sleep en dan te byt… Hiënas is dus slinkser as wat ‘n mens besef? Het nog nooit van hulle gehou nie sal ook nooit nie! Baie jammer om te hoor die seun het so seergekry… Ek bid vir ‘n spoedige herstel.

Johan J van Vuuren ·

Baie jammer dat so iets moes gebeur. Hoop dat die jong man volledig sal herstel van sy beserings. Mens kan beskuldigings links en regs rondgooi maar ‘n saak het ongelukkig altyd twee kante.

Ek is ‘n baie gereelde besoeker aan die Kruger Wilduin en kamp omtrent so tussen 8 en twaalf keer ‘n jaar in verskillende kampe. Daar is diere wat in alle kampe in die nag aktief is en van hulle is gevaarlik. Hoor wat die mense bo se van die heinings wat stukkend is of gate in het. Maar ‘n gat word oornag deur ‘n ratel gegrou en selfs die vlakvarke is sondaars hier. Die kampeerders / besoekers gooi kos oor die heinings om diere nader te lok en dus weet die diere dat binne in die kampe is nog kos. Dus sal hulle alles in hulle vermoee doen om in die kampe in te kom.

Die problem is mense in die kampe raak te mak. Sien gereeld ouers wat kinders toelaat om in tente te slaap met die tente teen die heinings en dan word die tente in die aande nie toegemaak nie. So ruk terug is ‘n kind ook ernstig beseer in Maroela kamp toe hiena sy hand deur die heining gegryp het.

‘n Wilde dier in die bos kan nie geleer word nie. Dit is ons as besoekers in hulle gebied wat moet leer.

Ekke ·

In alle roof diere is dit in hulle om te jag vir kos al het hul klaar geeet sal van hulle nog steeds aan gaan. Kyk na die luiperd wat in Betties Bay was.

Ekke ·

Alle roofdiere het dit in hulle om te jag vir kos al het hul klaar geeet sal van hulle nog steeds aan gaan. Kyk na die luiperd wat in Betties Bay was.

Sê maar net... ·

Ag règtig Adeline? Moet ‘n mens nou ophou lewe ook? Duidelik is jy nie ‘n natuur en/of diere-liefhebber nie! Om op jou stert voor die tv te lê en National Geographic kanaal te kyk besorg nie naastenby dieselfde satisfaksie as wat mens ervaar wanneer jy so naby aan die natuur is en na al die naggeluide lê en luister in die Wildtuin nie!

Agatha Ikking ·

Daardie gat is seker al geruime tyd in die heining, en die “dier” gebruik dit seker al geruime tyd om die kamp binne te kom. KP is ook besig om uitmekaar te val en ek voorspel dat dit nie meer baie jare gaan wees nie, dan sal KP soos wat ons hom geken het, nie meer bestaan nie.

Adel ·

Dis baie tragies wat gebeur het. En ek het vermoed hierdie gaan weereens n hewige debat veroorsaak. Mens beweeg in hul habitat in. En ongelukkig was daar nou n slagoffer. Sanparke doen wat hul kan. En ja net soos in enige werk of besigheid is daar mense wat nie hul werk doen nie. Hoekom altyd vingers wys en uitbyt? Of die diere skiet? Ek bid vir die familie en hoop dat alles glad verloop met sy herstel.

Henk Venter ·

Laat ons nou nie doekies omdraai nie. Die KNP het net soos alle staatsdiensdepartemente sy gat gesien. Hulle maak miljoene uit besoekers en absoluut GEEN instandhouding word gedoen nie. DIt word in kampe gesien, dit word op teerpaaie gesien waar gras besig is om in die krake te groei en die skouers van die pad nie geskraap word nie, dit word op grondpaaie gesien waar jy eens op ‘n tyd twee voertuie bymekaar kon verby ry, maar waar die paaie nou soos in die begin jare besig is om in twee spoor paadjies te verander.

Speedguard ·

Ek was nog ‘n jong laaitie , ons het in Alberton gewoon , ons buurvrou was ook toe deur ‘n Hiena aangeval terwyl hul in ‘n tent geslaap het in Skukuza, die dier se tand het in haar wang been afgebreek sover ek kan onthou al wat ek weet dat dit ‘n hengse tand was en sy was ook baie ernstig beseer maar het sy dit gelukkig oorleef, Sterkte daar !

Pro KNP ·

Henk – jy praat loutere onsin. Daar is nuwe geriewe gebou en opgradeer in Onder Sabie, Ook nuwe Safari tente daar, Tamboti se badkamers is in 2015 verbeter. Ek is 21 Junie verby skraper op S28 wat pad skraap voor die skool vakansie. Die brug van Kruger hek na Skukuza is nuut. Die pad en brug by De la port watergat is nuut ens. ens. Wanneer laas was jy in KNP?

Agatha – jy neem aan die heinings is stukkend. Ek kan vir jou fotos wys van laas week wat ek langs heinings in Tamboti en Krokodil brug geneem het wat reg is. Het een van die mense die drade getoets wat sulke stellings maak?

Ja dit is n tragiese geval, jy is in totale wilde area, voorsorg is ook die besoeker se plig.

Hartjie Groenewald ·

Dis baie tragies. Ons hoop die seun herstel volkome.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.