Hiëna val seun in tent aan

Argieffoto: Pixabay

Argieffoto: Pixabay

ʼn 15-jarige seun is Sondagoggend in sy tent in die Krugerwildtuin deur ʼn hiëna aangeval.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het gesê die voorval het omstreeks 04:30 by die Krokodilbrug-ruskamp plaasgevind.

“Die seun het saam met sy ouers gekamp. ʼn Hiëna het die kamp binnegekom en die seun in sy tent aangeval.” Volgens Mabasa is die seun deur ʼn verpleegster, wat ook daar gekamp het, behandel voordat hy na die Mediclinic Nelspruit gehaas is vir behandeling.

Mabasa het gesê veldwagters is na die kamp ontbied om na die hiëna te soek, maar kon nie die dier opspoor nie. “Hulle het wel ʼn gat onder die heining gevind waar die hiëna moontlik ingekom het.”

Volgens Mabasa is SANParke baie spyt oor die voorval. Hy het sy simpatie met die seun se familie uitgespreek.

Maroela Media verneem die seun het ernstige gesigbeserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Neels ·

Oosie. Die heinings is oor die algemeen in ‘n goeie toestand. Buitendien, as ‘n hiëna regtig wil sal hy binne minute ‘n gat in ‘n heining kou.

Patsy ·

Dus hiekom ek eerder in ñ daktent slaap as op die grond. Die diere is in hul eie omgewing ons is die indringers en moet op alles gefokus wees en bly. N draad is soos diefwering voor jou venster net vir beskerming maar verhoed nie n skelm om in te breek nie. Heinings is dieselfde net beskerming.

Justa ·

Die heinings word nie behoorlik in stand gehou nie. Punt. Dis hoekom daar soveel stropery in die noorde ook plaasvind.

Mel ·

Dis waar, ek kom so 1 keer ‘n jaar in di Kruger Wildtuin, ek sou eerlikwaar nêrens binne di park kamp ni, van di heinings is ver oop onder, dit gaan geen wild uithou ni, ek glo hul maak meer as genoeg geld om di heinings in stand te hou, sterkte aan di gesin!!!

Sonja Myburgh ·

Annatjie, van waar kom Erno? My vriendin se seun se naam.

Deon ·

Ek sal maar wag tot daai goed dik gevreet is……hetsy aan braaivleis of wildsvleis…..en dan maar gaan kuier…..

Hanna ·

Ek het lank in Skukuza gebly en die Hyenas is maar oral rond. Hulle sal grawe as hulle wil inkom, maar ek weet nie van 1 geval in my tyd wat n Hyena in die nag n tent wat toegezip moes wees oopgezip en iemand aangeval het nie wonder altyd of die mense die reels nakom as so-iets gebeur.

DIE SEUN SE FRIEND ·

Julle kan julleself skaam vir julle harteloosheid .My vriend is n jong seun wat nou erge gesigsbeserings het!

willie ·

mense is gou om die diere die skuld te gee .Ek het gesien hoe mense apies en bobbejane voer by Maroela kamp en toe die ape hulle tente raid toe wil hulle he die kamp opsigter moet plan maak met lastige ape .Eischhh ons is op hulle terrien respekteer die diere by gese ek slaap nooit in n grond tent ek wil nie n kits happie vir n honger dier wees

Eddie ·

Ai tog natuur liefhebbers wat se bohaai en lelik met mekaar.
Net ter inligting, ons parke word nie meer deur die regering ge-subsidieer nie. Hulle kry maar 16 persent subsidie van die staat. Hulle is afhangklik van ons wat die parke besoek se geld, ja ek stem saam dat daar meer onderhoud aan kampe se omheinings gedoen moet word. het self al ‘n paar bloutjies geloop met heinas in verskillende kampe.
Geniet nog steeds die wildebokkie park.

Susan ·

Sterkte aan die familie en veral met aan die seun met sy beserings – ja ‘n hiena is ‘n regte blikskottel met sy sluheid en sterk kaak – ek is regtig jammer dat so iets gebeur het, die feit bly dit is in die natuur en diere veral hienas is baie nuuskierig – die skuld moet eintlik voor die Parke se deur gele word, ons is wel in die diere se domein – maar die kampfasiliteite is daar gestel vir menslike gebruik, dus moet die heinings in stand gehou word.

Louise ·

Ek stem saam vriend van die seun.
Iemand het seergekry, kan ons eerder bid en hoop vir sy gesonde herstel. Eerder as klippe gooi.
Mense kan tog so maklik vinger wys en hulle eie foute oor kyk.
Glo my maar mensie niemand in die lewe is foutloos nie. Ongeag die aard van die fout, maak ons almal dit.
Sterkte aan die seun en sy familie en hoop jy herstel volkome.

Johan Fourie ·

Stem saam. Die belangrike vraag is “was die tent oop?”
Dit gee die hiena toegang.

Wynand ·

Alle wildtuin liefhebbers weet dat daar altyd n risiko is. Ons deel die wonder van die natuur en as ons in hulle gebied is, deel ons dit met hulle!! Hierdie is hulle gebied en ons gaan wildtuin toe om die wonder van die natuur saam hulle te deel en te ervaar. Daar gebeur frats-ongelukke en om mens of dier te blameer gaan nie help nie. Al my medelye vir die familie en Erno!!

EK ·

Graag wil ek my ervaring met mense deel. Ek werk elke dag van my lewe met diere op die familie se bosveld plaas. ‘N paar maande gelede was ek deur ‘n hondsdol dier in die veld aangeval. Mense in die natuur is niks onmoontlik, enige iets is moontlik. Of dit wilde diere is aldan nie, hulle is onvoorspelbaar. Dit het die Vrydag agter middag gebeur en die Sondag het ek ‘n geweer geneem en terug gegaan veld toe. Dit is die enigste manier om nie ‘n vrees oor te hou van ‘n ongelukkige voorval. Sterkte aan die familie ek weet hoe dit voel, maar ek het geen kwade gevoelens teenoor die diere of ‘n vrees vir die natuur. Dis belangrik om vrede te maak en nie sielkundige letsels te dra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.