Hier is die Ghoema 2014-wenners

eens in 'n leeftydKunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf is Sondag by Carnival City se Big Top Arena vereer met Ghoema-toekennings.

Kunstenaars word in 25 verskillende afdelings vereer om Afrikaans en Afrikaanse musiek te vier.

Die Ghoemas is die enigste onafhanklike musiektoekennings vir Afrikaanse musiek en vanjaar het die Ghoema Musiektrust se raad besluit om die kontinuiteit van die projek te hersien. ‘n Splinternuwe logo is vir die geleentheid ontwerp en vanjaar se wenners ontvang ʼn 24-karaat goue Ghoema-trofee wat spesiaal vir die toekennings ontwerp en vervaardig is.

Koeksisters en boerewors is ook aan die gehoor uitgedeel as ʼn verwysing na Ellen Degeneres wat tydens die Oscar-toekennings pizza vir die gehoor uitgedeel het.

Elvis Blue, Corlea Botha, Jay, Kurt Darren, Riana Nel en Joshua na die Reën het die gehoor vermaak.

Die Coleske-broers het ʼn baanbreker-toekenning ontvang vir hul bydrae tot die bedryf.

Karel Hofmann het ook ʼn baanbreker-toekenning ontvang vir Oppikoppi.

Anton Goosen is vereer vir sy lewenslange bydrae tot die bedryf.

Hiermee die wenners:

Nuweling van die jaar: Joshua na die Reën
Beste liedjieskrywer: Joe Niemand
Beste DVD-produksie: Die Heuwels Fantasties
Beste instrumentele album: Ockie Vermeulen vir Obsession
Beste geestelike album: Joe Niemand vir Genoeg is Genoeg
Beste kinderalbum of -DVD: Carike Keuzenkamp
Beste vervaardiger: Robin Kelly vir Hande van Karlien van Jaarsveld
Beste rock-album: Van Coke Kartel
Beste alternatiewe album: Daniel Eeuwrick vir Op ʼn leë paron
Beste boeremusiek-album: Dylan Emslie en sy orkes
Beste kontemporêre album deur ʼn manlike kunstenaar: Joshua na die Reën
Beste kontemporêre album deur ʼn vroulike kunstenaar: Andriëtte
Beste pop-album deur ʼn manlike kunstenaar: Jay vir Dis hoe ons rol
Beste pop-album deur ʼn vroulike kunstenaar: Karlien van Jaarsveld vir Uitklophou
Beste album deur ʼn duo of groep (pop/kontemporêr): 4Werke

Die liedjie van die jaar is “Superhero” deur Eden.
Musiekvideo van die jaar is Eens in ʼn leeftyd deur Bobby van Jaarsveld en Riana Nel.
Van Coke Kartel is aangewys as die groep van die jaar.
Karlien van Jaarsveld is aangewys as beste vroulike kunstenaar van die jaar.
Elvis Blue is aangewys as beste manlike kunstenaar van die jaar.
Die beste verkoper van die jaar is Karlien van Jaarsveld se Uitklophou.
Die beste album van die jaar is Elvis Blue se Afrikaans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.