Hiér gaan Suid-Afrikaners uit Wuhan gehuisves word

The Ranch Hotel in Polokwane. (Foto: Google)

Die Suid-Afrikaners wat teruggebring word uit Wuhan in China sal vir die volgende twee tot drie weke in ʼn reservaat buite Polokwane (Pietersburg), Limpopo, in kwarantyn geplaas word.

Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand aangekondig dat The Ranch Hotel in Limpopo as die geskikste perseel beskou word. Die regering soek reeds meer as ʼn week lank na ʼn geskikte plek om die groep van ongever 184 Suid-Afrikaners wat uit Wuhan terugkeer te huisves totdat mediese personeel seker is dié mense is nie met die koronavirus of Covid-19 besmet nie.

“Ons het 84 persele besoek, maar nie een het aan al ons vereistes voldoen nie. Dié perseel is egter afgesonder genoeg en het genoeg plek om al die Suid-Afrikaners en lede van die span wat na hulle moet omsien, te akkommodeer,” het Mkhize gesê.

The Ranch Hotel in Polokwane. (Foto: Google)

Die groep Suid-Afrikaners sal deur lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag én die polisie bewaak word, om te verseker dat hulle nie in kontak kom met enigiemand anders nie. Die minister het egter beklemtoon dat geen van hierdie mense nog positief getoets het vir die koronavirus nie. “Dit is slegs noodsaaklike voorsorgmaatreëls om te voorkom dat die virus versprei.”

Mkhize sê die span wat die groep Suid-Afrikaners uit China moet terugbring het reeds uit Suid-Afrika vertrek en sal hopelik voor die einde van die naweek weer na Suid-Afrika terugkeer.

’n Werknemer by The Ranch het aan Maroela Media gesê die oord berei tans voor soos hulle vir enige ander gaste sou voorberei.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, verduidelik die regering se plan om Suid-Afrikaners in Wuhan, China, na Suid-Afrika terug te bring. (Foto: GCIS)

“Ons almal [by die oord] se harte is bly dat hierdie kinders kan teruggekom uit China en dat ons ’n rol daarin kan speel om hulle terug te verwelkom.”

Die minister het Donderdagoggend ook gesê dat een van die 17 Suid-Afrikaners wat sedert verlede week positief getoets het vir die koronavirus se toetsuitslae foutief was. “Verdere toetse het gewys dat die man in die Vrystaat, wat ons geglo het die eerste geval van ʼn plaaslike aansteking was, nié die siekte opgedoen het nie,” het Mkhize Donderdagaand gesê. Daar is aanvanklik berig dat die man die virus by ʼn Chinese sakeman in Suid-Afrika opgedoen het. “Daar is dus nog niemand wat die virus opgedoen het sonder om na die buiteland te reis nie. Ons weet ook nie van enige Chinese sakeman in Suid-Afrika wat die virus het nie,” sê Mhkize.

Studente van Limpopo wat onlangs na China gereis het, het intussen ook negatief getoets vir die virus.

Intussen is die eerste sterfte weens Covid-19 in Algerië aangemeld. Dit is die derde sterfgeval weens dié virus op die Afrika-vasteland.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

PieterP ·

Magtig maar dit is lekker, dink ek het ook die afsondering nodig.

andre ·

ek verstaan dit net nie…jy het geld gehad om uit die land te vlug of te gaan werk….nou moet belasting betaler betaal dat jy kan terug kom en in in hotel gaan sit

Anel ·

Ek is seker daar is ook ‘n paar wat nie geld gehad om terug te kom nie en nou die kans gevat het om so terug te kom, op my en jou se belasting. Sal graag wil weet wat hul luukse vakansie ons gaan kos. Baie onaanvaarbaar!

Strandloper ·

So bly almal is op een plek en nie die hele land vol soos aanvanklik berig is….

marius ·

Afgesonder ? Tussen N1 met ‘n vulstasie en oorspronkilke pad wat nie eers 5km uitmekaar is nie ! Wie betaal daarvoor makisie en wat is die bedrag ?

Foefie ·

Jissou mens weet nie meer WAT om te glo nie. Rerig. Gister-middag kry ek ‘n clip van ‘n Suid-Afrikaanse dokter in Italië, en wat sy kwytgeraak het, en wat ek geneig voel om te glo, is dat ons grotendeels belieg word. Daar is volgens haar (en internasionale intel) sowat 700 mense wat geaffekteer is in SA en meer as 1000 mense in ‘n Afrika land (Kenia of Nigeria, nie seker nie) al dood. As mens na haar luister, wat saam met ander mediese personeel 3 ure slaap kry per nag oor die pandemie Italië omtrent oorgeneem het en oor die sterftes en ellende wat hulle daagliks aanskou. Volgens haar is elke liewe dorp in Italië besmet.. dan verstaan ek nie hoe ons “so gelukkig” kan wees in SA nie?

Stofbakkies ·

Mmmmmm ook daai clip gekry, maar twyfel aan die geloofwaardigheid, taalgebruik en statistieke wat mekaar weerspreek.

Irene ·

Daardie whatsup was baie erge fopnuus gewees. Jy kan direk op die WHO se bewsite ingaan en self gaan kyk hoeveel mense siek is en hoeveel nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Foefie

Lees gerus vanoggend se nuuskommentaar op Maroela Media wat spesifiek na dié WhatsApp verwys: https://maroelamedia.co.za/kategorie/nuus/nuuskommentaar/

Maroela Media het ‘n plig en verantwoordelikheid om geloofwaardig oor die koronavirus te berig. Ons maak van verskeie bronne gebruik om ons lesers op hoogte te hou van presies wat in die land gebeur. Lees alle berigte oor die koronavirus op Maroela Media hier: https://maroelamedia.co.za/tag/koronavirus/

Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ook onafhanklik verslag oor verspreiding van die virus wêreldwyd. Bly op hoogte met hul daaglikse “Situational reports” hier: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/situation-reports

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johan Venter ·

Maroela, kan julle aub help:
1. Karona virus – ‘n stemboodskap word plaaslik op Whatsapp van ‘n Dr uit Italië versprei wat beweer daar is beplan dat 60% van die wêreld se bevolking moet eers sterf voor die virus stopgesit sal word. Dit klink na ‘n sinister plan wat kamme mensgedryf is. Mense word aanbeveel om groot voorrade blikkieskos op te gaar omdat dit nie in supermarkte verkrygbaar sal wees nie.
2. Nog ‘n W/A boodskap: Water infrastruktuur in Suid-Afrika se probleme sal eersdaags so groot wees dat daar geen drinkbare water meer uit krane beskikbaar sal wees nie. Mense word aangeraai om nou al watersuiwerings apparate aan te skaf en om net van gebottelde water gebruik te maak vir die huishouding.

Johan Venter ·

Het enige van julle meer inligting hieroor en het van julle ook die W/A boodskappe ontvang? Ek het idee dis fopnuus. maroela, het julle nie dalk meer inligting hieroor nie?

Magda ·

Klein stukkie advies: moenie alles glo wat jy hoor nie…The sky is falling!!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Hierdie tipe fopnuus herinner aan die snert wat voor die 1994 verkiesing versprei was. Nou is dit net meer en meer mense glo dit omdat dit so “logies” of “geloofwaardig” aangebied word.
Waarom mense sulke boodskappe versprei weet ek nie. Wat ek egter weet is dat daar elke oomblik iemand is wat vir ‘n suig stokkie gevang word en die berigte eerstens ernstig opneem en dan verder versprei.

Johan Venter ·

Daan, ek het gister dit vir die persoon wat die W/A gestuur het beduie ek hou my nie op mat twak nie, daai tipe mense floreer met ‘n passie op hierdie tipe van goed. Hulle wil altyd die eerste wees wat dit vertel, dan is hulle hoogs ontsteld as mens hulle aanvat.

Elmarie ·

Johan, lees asb vandag se Nuuskommentaar van Herman Toerien oor die stempos van sogenaamde dr – FOPNUUS

Johan Venter ·

Dankie Elmarie, hier was ‘n klip in die bos om reaksie te ontlok, party mense byt mos maar aan fopnuus “hook, line and sinker.”

Asgat ·

Daar is n’ ander koerant wat n’ video geneem het op die lughawe waar die mense van Wuhan was. Daar word gesien waar mense hulle familie lede verwelkom en tot n’ soen en drukkie gee….. gaan die familie lede ook onder kwarentyn gehou word nou…

Asgat ·

Ek vra omverskoning dit is nie die Wuhan groep nie, net n’ video wat wys hoe Kaapstad Lughawe regmaak vir die voorkoming van Corona Virus…

Judge ·

…en dit mense is hoe fopnuus en gepaardgaande histerie versprei…

SwartBees ·

Ek trust dit nie van die goewerment af nie….never. hulle sal niemend, behalwe hulself, so luuks behandel nie.

Rose ·

Die storie oor die Chinese man wat was en toe nie meer is nie,is baie verdag. Hier word weer goedjies onder die mat ingevee, glo nie meer n woord wat gese word nie. Die Suid-Afrikaners wat in Italie gestrand is, gaan seker ook gaan haal word, of hoe? Wat vir die een geld, geld mos vir die ander ook. Tot die weermag trek voordeel uit die situasie.

Johan Venter ·

So is daar Woensdag in die Sunay Times berig:

“One of SAA’s most seasoned pilots is in charge of the flight to Wuhan to bring South Africans back from the coronavirus-hit Chinese province.

Captain Vusi Khumalo is the commander of the Airbus A340-600 Series flight.

“He is a chief pilot at SAA. He has been with the airline since 1994,” the airline’s spokesperson Tlali Tlali said.

The flight, a military operation but manned by SAA cabin crew, left SA on Tuesday night and is expected to leave China on Friday.”

Johan Venter ·

Van wat ek reg verstaan en in die artikel lees, neem die weermag en polisie oor eers na die vluigtuig hier by ons geland het.

Wondermaarnet ·

R25 mijoen spandeer SA om die mense hier te kry en dan word hulle nog ‘n gratis vakansie aangebied en kan serker enige iets van die spyskaart af ook bestel. Lekker man, lekker.

AnnieStevens ·

ja en intussen het ons 3 keer n dag krag onderbrekings!! kan nie vertaan nie

Nell ·

Die hele situasie nie baie goeie bemarking vir die betrokke hotel/reservaat nie, want wie sal na dese daar wil gaan bly?

Jan ·

Ek keer binnekoet trug uit asie ek sal ook vie so week daat gaan bly….lekker rus en eet..

Pieter ·

Was die “hotelletjie” nie so ruk terug ook in die nuus as gevolg van een of ander kader se konneksies nie? Hoekom gebruik hulle nie daardie multi miljoen sielkundige hospitaal buite Kimberley nie, dit behoort tog aan die staat, so ons belasting geld kan daar aangewend word, en Kimberley hèt ‘n lughawe

Wonder maar net wie gaan “score” met die betaling van die verblyf?

TRP ·

Dit is relatief kommerwekkend as daar reeds foute in die toets proses is en dit is maar net die begin stadium van die virus in Suid Afrika, ek wonder hoe geloofwaardig enige informasie van hier af sal wees. Nietemin, ek hoop die klomp hou lekker vakansie op die spoggerige plek, ek as belasting betaler kan dit egter nie bekostig maar is bly ek kon help.

Lindi ·

Wie gaan betaal vir die hotel? Hierdie studente ( of wat hulle ookal is) is ALMAL vrywilliglik China toe, nou word hulle met belastingbetalers se geld teruggebring en dan nog in weelde gehuisves?

Magda ·

Liewe hemel. Al hierdie kommentare is so tipies afrikaners! Julle is die mees klomp swartgalligste en judgmental mense wat daar is. Bly die studente in Wuhan, is dit die regering se skuld. Kry hulle daar uit, is dit die regering se skuld. Sit hulle in kwarentyn, regering se skuld. Sit hulle nie in kwarentyn, regering se skuld.
My magtig mense!! Kry ‘n lewe. Wees positief vir ‘n slag! Julle moet fout vind met ALLES. En trek die skoen aan as hy jou pas…

Johan Venter ·

Hulle klink soos die ANC (ek hoop hulle is nie) wat apartheid vir als wat verkeerd loop blameer. Wel hierdie een is verseker nie apartheid se skuld nie.

Pieter ·

Magda, dit gaan oor die aanwending van my en jou belasting geld…. dis al

Magda ·

dis juis HOEKOM ons belasting betaal Pieter. En ek is seker jou kind is nie deel van daardie groepie nie?

Pieter ·

Magda, dit is hoekom ek so bietjie boontoe vra oor die hotel, as ek reg onthou het een van die “kaders” aandele daar terwyl daar in Kimberley ‘n multi miljoen rand staats hospitaal leeg staan
My kinders is nog op skool, en hulle sal maar lokaal moet studeer want pappa het nie geld om hulle oor die water te laat studeer nie

Adele ·

Ja en dan hoor ek ‘n voice note van ‘n SA dokter in Intalie wat 20 ure per dag werk en sien hoe ten minste 8 mense daagliks doodgaan. Ook se sy ons regering lieg vir ons want volgens die wereld statistieke het SA reeds oor die 700 gevalle.

antieke antie ·

ek het gewonder oor die vrywillige grootmoedige gebaar….toe lees ek dis ‘afrika studente wat na china toe is’ …. wonder of dit nou of daar maar net aan die demands voldoen word….. of wie pond nou weer en wie almal die vakansie by die 74 plekke wat getoets het….. hier is weer n scam…. belastingbetalers betaal vir die wat pond gaan skep het in die ander land …

Charmain ·

En hierdie mense kon nie by n militêre basis of -hospitaal geakkommodeer word nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek wonder net of al die Ministers, Generaals en Veldmaarskalke wie saam gevlieg het nou ook daar gaan ontspan na hulle veeleisende werk om te poseer vir fotos. Nie dat hulle afwesigheid van normale pligte enigsins gemis sal word nie.

Sophia ·

Ek hoop Julias Malema doen sy christelike plig om dié mense te gaan besoek?! Hy is immers vanaf Polokwane en swaai meestal die septer daar!!

Anilda ·

ek dink nie did so min as wat hulle se nie daai gaan n permanente vakansie raak , want hulle gaan veseker binne die volgende week se een het dit nou bly almal selfde as die boot storie.
maar nee wat ek hoop promise Ramaphosa betaal die goed uit sy sak of hoe.

Gert ·

Nou verstaan ek hoekom ons bespreking vir volgende week by The Ranch geskuif is na ‘n ander hotel…

Rickey ·

Genade maar dit klink baie lekker. Hulle gaan nooit wil huistoe gaan nie. Dit is ‘n drie weke gratis vakansie!

Marcello ·

Hoop maar is hulle is veilig, want ek weet nie of ek in Polekwane (Limpopo )wil bly nie.

Margaret ·

Wanneer kom hierdie mense terug en beweeg hulle dan deur OR Tambo of waar?

Anton J ·

Magtig, party mense se kommentare is selfsugtig. Wil julle gehad het hulle moes 100000 plus mense kom aansteek het. As dit waarvoor my belasting gaan om almal op een plek te huisves sodat die hele land beskerm kan wees, wel gedaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.