Hier is 2015 se nuusmaker

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Die Nasionale Persklub (NPC) het Woensdag bekend gemaak 2015 se nuusmaker van die jaar is die #FeesMustFall-veldtog.

Die Persklub kies jaarliks, sedert 1980, die nuusmaker of nuusgebeurlikheid wat die hooftrekke in plaaslike en internasionale media in die tydperk van ʼn jaar gedomineer het én die uitwerking daarvan.

Van die vorige nuusmakers sluit in: Renosterstropery, die Oscar Pistorius-verhoor, Charlize Theron wat die eerste Suid-Afrikaner was wat ʼn Oscar-toekenning gekry het vir haar rol in die fliek Monster, Thuli Madonsela, Jacob Zuma, Nelson Mandela en FW de Klerk. Die Persklub het beklemtoon die toekenning is op nuusdekking en -waarde gebaseer en nie noodwendig meriete nie.

“Ons ontvang nominasies en motiverings van ons landwye Persklub-lede, waarna ons uitvoerende komitee vergader en uit die nominasies ʼn nuusmaker kies,” het Jos Charle, die klub se voorsitter, in ʼn verklaring gesê.

“Die #FeesMustFall-veldtog het in 2015 nuushooftrekke oorheers en het ook ʼn groot uitwerking op die land gehad. Die komitee het eenstemmig besluit die veldtog is 2015 se nuusmaker. Daar is geen twyfel dat tersiêre onderig in Suid-Afrika nooit weer dieselfde gaan wees nie.”

Charle het gesê dit is veral die rol wat sosiale media in die veldtog gespeel het, wat veroorsaak het dat die veldtog alle mediaplatforms oorheers het. Dit het ook leiding gegee dat die #”Watookal”-MustFall wyd vir allerhande kwessies gebruik word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Thys ·

Hoe jammer. Nog n versugting na iets wat verniet verskaf moet word. Nooit sal die mense verstaan jy werk om jou plek te verdien nie.

Wat-ek-lees ·

Spelling van ‘gedomineer’ so effe verkeerd in die berig. Moet eerder wees ‘gedommeneer’ want dit is absoluut ‘n dom optrede van sogenaamde intelligente wesens wat vorentoe iets moet beteken vir SA.

Uys ·

En daar kry die veldtog weer aandag in die media.
As jy iets wil beryk moet jy net seker maak die media berig daaroor.
As die media net nie meer oor studente en hul gemors berig nie sal dit Baie vinnig ń stille dood sterf.
Die media is die studente se grootse ondersteuner.

Karel ·

Ja, die nuusmaker “fees must fall” gaan oor n paar jaar weer die nuusmaker van die jaar wees want die universieteite gaan ook “fall” . Dink net wat se tipe gegradueerde mense gaan in die samelewing wees ,op stokers ,vandaliste, lui en swak opgeleide mense met grade wat niks gaan beteken nie.

MartinLJ ·

Almal van ons wil seker weet wat aangaan met ‘n belangrike saak, maar ek wonder of al die media dekking nie die klomp meer aanspoor om nog belagliker op to tree.

Jakes ·

FW was defnitief in 1994 ook die nuusmaker van die jaar toe hy ń hele land weggegee het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.