Hiér is die 20 beste hospitale

Argieffoto

Discovery Health het vandeesweek weer sy jaarlikse peiling oor die beste hospitale in die land bekend gemaak.

Die lys word elke jaar opgestel deur die Patient Survey Score (PaSS) wat pasiënte invul rakende die gehalte van die sorg wat hulle in ʼn betrokke jaar by hospitale ontvang het.

Sowat 53 000 lede van Discovery wat in 2018 behandel is, is versoek om aan vanjaar se peiling deel te neem. Die lys is uit 202 hospitale saamgestel.

Vanjaar se lys deur Discovery Health is die vyfde van sy soort en spog met vyf nuwelinge asook vyf hospitale wat al die afgelope vyf jaar dié gesogte lys haal.

Dr. Roshini Moodley Naidoo, hoof van gehaltesorg by Discovery Health, het gesê dit is ʼn bewys van konsekwente hoëstandaardsorg in dié hospitale.

Volgens Naidoo toon die jongste peiling se resultate dat pasiënte veral omgee oor hoe verpleegsters met pasiënte omgaan en kommunikeer oor medikasie en pynbestuur.

“Dokters is sentraal tot gehaltesorg en sedert die aanvang van die peiling in 2015, het pasiënte dokters van al die kategorieë op die peiling die hoogste aangeskryf. In elke jaar wat daarop gevolg het, het pasiënte dokters al hoër aangeskryf en in 2018 het die dokter-kategorie die hoogste aanskrywing ontvang met ʼn indrukwekkende 85,7%.”

Naidoo het gesê ʼn pasiënt se ervaring van ʼn hospitaal is die fondament van ʼn gesondheidsisteem wat presteer.

“Ons verwelkom hardwerkende verpleegsters en dokters [van die top-20-hospitaalkategorie] en ons moedig ander fasiliteite aan om na soortgelyke vlakke van uitnemendheid te streef,” het Naidoo gesê.

Hier is die lys van die 20 beste hospitale in alfabetiese volgorde:

  1. Ahmed Al-Kadi- private hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal) – top-20-hospitaal die afgelope twee jaar
  2. Busamed Gateway- private hospitaal (Umhlanga Rocks, KwaZulu-Natal) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  3. Busamed Hillcrest- private hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal) – top-20-hospitaal die afgelope vyf jaar
  4. Busamed Laeveld-hospitaal (Nelspruit, Mpumalanga) – top-20-hospitaal die afgelope vyf jaar
  5. Busamed Modderfontein- private hospitaal (Sandton, Gauteng) – nuweling
  6. Busamed Paardevlei- private hospitaal (Kaapstad, Wes-Kaap) – tweede keer top-20-hospitaal
  7. Cormed-kliniek (Vanderbijlpark, Gauteng) – derde keer top-20-hospitaal
  8. eThekwini-hospitaal en -hartsentrum (Durban, KwaZulu-Natal) – top-20-hospitaal die afgelope vyf jaar
  9. Lenmed Shifa-hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal) – top-20-hospitaal die afgelope twee jaar
  10. Life Bay View- private hospitaal (Mosselbaai, Wes-Kaap) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  11. Mediclinic Hoogland (Bethlehem, Vrystaat) – derde keer top-20-hospitaal
  12. Mediclinic Panorama (Kaapstad, Wes-Kaap) – top-20-hospitaal die afgelope vyf jaar
  13. Mediclinic Plettenbergbaai (Plettenbergbaai, Wes-Kaap) – nuweling
  14. Mediclinic Strand (Strand, Wes-Kaap) – nuweling
  15. Mediclinic Victoria (Tongaat, KwaZulu-Natal) – vierde keer top-20-hospitaal
  16. Mediclinic Worcester (Worcester, Wes-Kaap) – nuweling
  17. Melomed Bellville- mediese sentrum (Bellville, Wes-Kaap) – derde keer top-20-hospitaal
  18. Midlands- mediese sentrum (Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal) – nuweling
  19. Moot- algemene hospitaal (Pretoria, Gauteng) – tweede keer top-20-hospitaal
  20. Zuid-Afrikaans-hospitaal (Pretoria, Gauteng) – top-20-hospitaal die afgelope vyf jaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

57 Kommentare

jongste oudste gewildste
Lindie

Nie een Vir Limpopo provinsie nie! ????‍♀️

bambi

Teen seker 5000 per nag; as jy medies het.

Johann

So ek neem aan dis DIE funksionele hospitale wat die ANC gaan “gryp” en oopgooi vir “their people” as deel van hulle pipe dream Nasionale Gesondheids Plan?

A

Sjoe, Gauteng is maar sleg! Lykmy as jy siek is moet jy KZN toe.

Anoniem

ZUID-AFRIKAANSE hospitaal is puik het daar my nier operasies gehad beste beste beste diens en dokters