Hier is die beste munisipaliteite in die land

Mosselbaai (Foto: VisitMosselBay.co.za)

Die DA-beheerde stadsraad van Mosselbaai in die Wes-Kaap is deur die jaarlikse peiling van Good Governance Africa aangewys as die bes bestuurde munisipaliteit in die land.

Die tweede plek is ingeneem deur die ANC-beheerde Senqu-munisipaliteit op Lady Grey in die Oos-Kaap met die DA-beheerde Swartland-munisipaliteit in Malmesbury derde.

Die Wes-Kaap en die DA loop trouens breëbors, want nie minder nie as twaalf van die voorste twintig munisipaliteite in die land is in dié provinsie en dertien van die voorste twintig word deur die DA beheer.

Só lyk die top-20 munisipaliteite in die land:
1. Mosselbaai-munisipaliteit, Mosselbaai, Wes-Kaap (DA)
2. Senqu-munisipaliteit, Lady Grey, Oos-Kaap (ANC)
3. Swartland-munisipaliteit, Malmesbury, Wes-Kaap (DA)
4. Sol Plaatje-munisipaliteit, Kimberley, Noord-Kaap (ANC)
5. Groter Kokstad-munisipaliteit, KwaZulu-Natal (ANC)
6. Midvaal-munisipaliteit, Meyerton, Gauteng (DA)
7. Khai-Ma-munisipaliteit, Pofadder, Noord-Kaap (ANC)
8. Bergrivier-munisipaliteit, Piketberg, Wes-Kaap (DA)
9. Kaap Agulhas-munisipaliteit, Bredasdorp. Wes-Kaap (DA)
10. Prins Albert-munisipaliteit, Wes-Kaap (DA en KGP)
11. Swellendam-munisipaliteit, Wes-Kaap (DA)
12. Cederberg-munisipaliteit, Citrusdal, Wes-Kaap (DA)
13. Matzikama-munisipaliteit, Vredendal, Wes-Kaap (DA)
14. Overstrand-munisipaliteit, Hermanus, Wes-Kaap (DA)
15. Witzenberg-munisipaliteit, Ceres, Wes-Kaap (DA)
16. Koukamma-munisipaliteit, Kareedouw, Oos-Kaap (ANC)
17. Hantam-munisipaliteit, Calvinia, Noord-Kaap (ANC)
18. Nama-Khoi-munisipaliteit, Springbok, Noord-Kaap (ANC en KR)
19. Hessequa-munisipaliteit, Riversdal, Wes-Kaap (DA en VF Plus)
20. Langeberg-munisipaliteit, Robertson, Wes-Kaap (DA).

Van die land se agt metrorade het die DA-beheerde Kaapstad die beste gevaar. Die drie meetsnoere wat vir die gradering in ag geneem word, is skoon administrasie, goeie dienslewering en ekonomiese ontwikkeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johan ·

Baie geluk aan die DA. Hulle het ver “gewen”.
Maar ek moet sê dat ek bly is dat enkele ANC munisipaliteite ook die mas opgekom het. Die ander munisipaliteite moet nou net ook bykom, en ernstig wees oor dienslewering!

Dries du Toit ·

Die DA moet nou gaan werwing doen in die ANC strongholds in die plakkerskampe. Kry net die ANC uit. Die VF+ sal sy deel doen by die minderheidsgroepe

Kwaad in Kimberley ·

Die moet met foutiewe data gedoen wees of dit gaan beslis power in die plekke, want daar is geen manier dat Kimberley “fair and square” 4de kan wees nie.
Dienslewering is “non-existent”!!!!!
Jy kry nooit n antwoord telefonies of in persoon op enige navrae nie…
Vir die groter deel van 2018/2019 was ons waterloos in die aande…
Potholes in al “gedenktekens” van wanneer jy daai 1 keer nie mooi opgelet het nie en dit jou n nuwe buitebande gekos het…
Vullisverwydering en opruiming van strate is n luukse as dit gereeld is…
Erens is beslis n slang in die gras…
4de? NOOIT! dalk 444ste…

Johan ·

Ek vermoed dat Kimberley wel vierde is. Nie omdat hulle puik vertoon nie, maar omdat dit nog báie vrotter gaan in die ander munisipaliteite!!

Coenie ·

Stem beslis saam daar moet ‘n groot fout wees want Kimberley kan moontlik die 4de vuilste mu isipaliteit in RSDA wees maar beslis nie die beste nie.

Elsa ·

Hahaha. Kimberley 4de?

Wie op aarde het die beoordeling gedoen? Née boetie, hierdie lys kan onmoontlik korrek wees. Probeer weer

Muffin ·

Sol Plaatje Kimberley in die 4de plek. Dit is nou vir jou die grootste grap in dekades.
Kimberley is besig om met n passie agteruit te gaan. Beaconsfield en Herlear met die ou pragtige hotelle is n nou n vullisterein. Paaie vol gate riool stroom orals uit. Gebarste waterpype. Ek dink die beoordeelaars is familie van die MM. Verskeie dae geen water nie. Asb word wakker.

Lorette ·

Ai mense, ek kan maar net LAG oor die 4e beste munisipaliteit. Ek het die bedenklike voorreg om binne daardie munisipale grense te woon en wonder watter kriteria gebruik is vir hierdie bepaling. Die grootste gate, die swakste watervoorsiening of wat? Vandag weer was hulle in die koerant vir klaarblyklike bedrog deur ‘n amptenaar!!! Hulle is bykans bankrot, maar hulle behaal 4e plek!!! Wil dan liewers nie die ander munisipaliteite se diens beproef nie. Ek kry SKAAM vir my geboorteplek met hulle aan bewind!!!

Ouma ·

Nou het ek alles gelees. Kimberley 4de! Dienslewering bestaan nie. Die dorp is vuil. Gebarste pype oral. Water loop soos rivier. Storm water dreins geblok. Nie n straat in Kimberley sonder n slaggate nie. Slote deur strate wat nog nie herstel is nie. Straat ligte vir maande af. Paar jaar gelede het AP skoon oudit gehad. Kort daarna kom al die bedrog uit. Say no more.

Cherokee ·

Moet ‘n munisipaliteit werklik veel doen om bo die ander uit te styg? Lees die Kimberley’ers se opinies.

LaatMensDink ·

Dis opvallend dat, met twee uitsonderings (een in Gauteng en een in KZN), al die munisipaliteite in die Kaap is.

Cherokee ·

Dit is nie die Kaapse munisipaliteite wat beter is nie, dit is die ander wat swakker is. Nou ploeg ek met jou kallers, Johan :-)

Gys ·

Dis tog logies Orania se munisipaliteit is die beste.
Weens ooglopende redes….

Pieter ·

Hier moet n fout met die lys wees MM.

Kimberley in die Noord Kaap kan onmoontlik nie enige plek behaal het nie as gevolg van die uiterste verval van daardie stad en die wydverspreide korrupsie en wanadministrasie. Verseker n fout op daardie lys

Babs Steyn ·

Kan nie glo Kimberley is 4de nie, het lank daar gewoon maar gaan dikwels nou weer daar kuier. Van die vuilste dorpe wat ek gesien het en baie probleme met water. Seker ‘n fout!!

johan Rademeyer ·

Ek woon in Wellington en weet hoe n goeie,werkende munisipaliteit lyk. Ons besit ook eiendom in Kareedouw in die OosKaap en het die twyfelagtige voorreg om die afgelope 7 jaar namens ons maatskappy met Koukamma munisipaliteit te skakel. Net hierdie week moes ek die munisipale bestuurder herinner wat sy verpligting teenoor die belastingbetaler is tydens die proses van die opstel van belasting voorstelle vir 2019/20, asook hul IDP daaruit moet sien. Wat n grap dat n bankrot munisipaliteit wat nie eens dit regkry om hul belasting in te vorder nie en deur Bisho aan die gang gehou word. As dit nie so n absolute hartseer verhaal was nie , sou dit eintlik n helse grap gewees het. Hoe kan n mens hierdie verslae vertrou as sulke absolute snert aan die publiek voorgehou as betroubare data wat gebruik moet word in ingeligte besigheids besluite te neem rakende moontlike beleggings ens. Met die uitsondering van een of twee amptenare wat sukkel om nie te verdrink in hierdie poel van totale onbeholpenheid, is hierdie munisipaliteit self in die OosKaap n verleentheid en dit wil gedoen word

Naas ·

Ek is so bly om te sien Kaapstad is nie op die lys nie. Na die groot gemors wat hulle van die watersituasie gemaak het, lê hulle seker op 666.

Yvonne ·

Midvaal verdien om eerste te wees! Bongani, dankie dat jy standpunt inneem en ons omgewing prioriteit is! N man met integriteit!

Anoniem ·

En die swakste munisipaliteit in die land word ook deur die DA bestuur.
Modimolle wat n anti-klimaks.

sweis ·

Pretoria word ook deur die DA beheer maar as ek kyk in die area waar ek bly was die sypaadjies en parke beter onderhou deur die anc maar ek plaas dit direk voor die arrogante raadslede

JWM ·

Mosselbaai is nommer 1 danksy hoe koers van betaling van munisipale heffings deur inwoners.

Karolis ·

Mosselbaai se peiling moes voor November 2018 gewees het. Die eerste jaar wat ek nie verjaarsdagwense per sms ontvang het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.