Hier is die duurste stede in SA

Kaapstad (Foto: Facebook)

Die duurste stad in Suid-Afrika is Pretoria. Dit volgens die datagroep Numbeo wat ʼn lewenskoste-indeks bepaal het vir 440 stede reg oor die wêreld. Dié indeks verwys na die lewenskoste in ʼn stad deur die koste van vervoer, kruideniersware en verbruikersgoedere in ag te neem. Hoewel dié indeks nie die koste van verblyf insluit nie, dui Numbeo wel die prysindeks van huurkoste vir elke stad afsonderlik aan.

Die indeks is opgestel deur ʼn waarde van “100” aan New York, die sentrale stad van verwysing, te heg. Die waarde van elke stad se prysindeks word dan bepaal deur te kyk hoe hul lewenskoste vergelyk met dié van New York. Indien die waarde van ʼn stad se prysindeks dus 134% is, beteken dit inwoners betaal 34% meer om daar te woon as in New York.

Volgens die indeks is die lewenskoste in Pretoria 46,98. Dit is dus ongeveer die helfte goedkoper om hier te woon as in New York. Pretoria is 254de op die lys van 440 stede wêreldwyd, maar is die heel duurste in Suid-Afrika en ook die hele Afrika-vasteland.

Londen. (Foto: Matt Alexander, AP)

Johannesburg se lewenskoste word aangedui as 45,60. Dit is 257de wêreldwyd en tweede hoogste in Suid-Afrika en Afrika. Kaapstad is die derde duurste in Suid-Afrika en Afrika, met ʼn lewenskoste-indeks van 44,74. Kaapstad is 263ste duurste van die stede wat gemeet is, met 44,74 indekspunte. Dit is wel goedkoper om ʼn woonplek te huur in Pretoria (14,94) as in Kaapstad (26,41) of Johannesburg (17,38). Windhoek (43,93) en Nairobi (42,08) is onderskeidelik die vierde en vyfde duurste stede in Afrika, gevolg deur Durban (40,04).

Die vyf duurste stede ter wêreld is almal in Switserland. Zürich is die heel duurste met ʼn lewenskoste-indeks van 128,29, dus 28% duurder as New York, wat 11de op Numbeo se lys is.

Londen is 28ste op die lys, met ʼn lewenskoste-indeks van 81,30. Sydney in Australië is 37ste op die lys met ʼn lewenskoste-indeks van 79,08. Die duurste plek ter wêreld om te huur is San Francisco in die VSA (115,58).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Marianne ·

Interressant! En ons SA’ners trek Australia toe!
Ons bly in Port Elizabeth … seker baie goedkoop

Cherokee ·

Marianne, onthou Sydney is nie die plek om as indeks namens Australië te gebruik nie. Sydney is een van die duurder stede, duurder omgewings in Aus. Ek dink Perth (Weskus en Brisbane (Noordkus) sal albei dalk goedkoper wees.

Chris Ws ·

Ek wonder of salarisse in ag geneem is.Ek twyfel .Want in Australie is salarisse vir dieselfde werk katogorie + – 3 keer meer as in SA.Dit maak nogal ‘n verskil aan wat dinge in werklikheid dan kos want dan het jy soveel MEER geld tot jou beskikking.Ek en my vrou was ‘n paar jaar gelede met vakansie in Australie en ek het daar ‘n Canon kamera gekoop vir R3200 wat in SA vir R7000 verkoop was op daai tydstip.Dis net ‘n voorbeeld van hoe ons in SA uitgebuit word want daai kamera kom uit Japan uit en het een prys daar.Het by oud Durbaniete die kamera gekoop wat daar ‘n besigheid gaan opsit het!Dit was nogal interessant om in Afrikaans met hulle te kon kommunikeer!Ons vriende wat ons soontoe geneem het se monde het oopgehang.

Vrydenker Meerkat ·

@ Chris Ws & Marianne.

Salarisse in Australië is tussen 3X en 4X hoër as in Suid-Afrika, appels met appels vergelyk. Huispryse is ten miste 3X duurder. Dienste is vrek duur. Petrol sowat 50% goedkoper as in SA. Maar in Australië kan jy sien wat word met jou belasting gelde gedoen. Daar is wet en orde en infrastruktuur puik onderhou.

Johannes ·

Londen en Sydney het albei dieselfde indeks van 81,30 en tog is hulle meer as tien plekke op die lys uitmekaar?

Elaine Krige ·

Jammer! Dit was ‘n fout gewees. Dit is nou reggestel. Groete!

JohanR ·

Moet onthou in Londen, Switzerland, America, Australie, Paris, Berlyn ens, verdien die werkers rerige geld, en nie die Mickey Muis geld wat die Rand is nie! Vandag Rand/$ 14.47. Gee hier jou jaarlikste R200000 toelae in om in die VSA vakansie te gaan hou, dan gee die bank vir jou $13822!

Spook op thaba ·

Thabazimbi is duur. Seker ook die plek wat die swakste betaal. Mense hier betaal deur hulle vir verblyf. Dan is jou salaris minder as n woonstel se huur

Pieter ·

Pretoria die duurste en die vuilste plek seker ook in SA.Na 2 jaar Desember vakansie ko hou in Pretoria vanaf Pole. En watter skok om te sien hoe vuil is Pretoria. In die Noorde is daar GEEN STRAAT LIGTE AMPER IN DIE AAND WAT BRAND NIE. pIK DONKER IN DIE NAG. In die Wonderboom Poort brand die ligte in die dag en in die nag is dit af.

Neville ·

die berekening is nuteloos ,want dit moet ook die gemiddelde inkomste in elke stad in aanmerking neem en kostes uitdruk as n persentasie van die gemiddelde inkomste

Pieterd ·

Ek stem saam Neville,
Die wisselkoers en geldwaarde is nie in berekening gebring nie en skep ‘n wanpersepsie.
Tot die middel van die 70’s was die Rand twee Dollar werd en ‘n Britse pond het slegs R2 gekos. Nou is ‘n dollar amper R15 en ‘n Pond amper R20.
Dus is geen direkte vergelyking moontlik nie en Pretoria/Kaapstad se lewenskoste is beslis nie minder as die helfte van New York nie.

Stephan ·

Numbeo se bevindinge klink maar effe flou en ongeloofwaardig…

Elaine Krige ·

Hallo Jan. Springfontein is ongelukkig nie op die lys nie ;-)

Abel ·

Dan moet julle in Kathu in die Noord Kaap kom bly alles is buite verhouding hier word ons gemelk

Wielspore ·

Is Nelspruit op die lys, na my mening is dit een van die duurste dorpe in SA.

Anoniem ·

Ek sou dink Kaapstad is die duurste stad om in te bly in SA! Akkommodasie is so skaars soos hoendertande en peperduur! ‘N piepklein woonstel is goedkoopste buurt begin by R1,5 miljoen! In PTA kan jy volgrootte huis koop vir daai prys. Huur is ook gemiddeld R12k vir 2 slaapkamer per maand

KaterinaKat ·

Ja ek sou ook dink dat koop en huur koste van verblyf in Kaapstad baie duurder is as Pretoria. Kaapstad word as n elite tipe plek gesien en is n mekka vir oorsese toeriste. Dit jaag die pryse van real estate en verblyf op.

Luka ·

Mokopane limpopo is die vuilste plek. Groot gate in die paaie,sypaaie oorgroei met gras, bome se takke wat nie gesny word in die strate nie

Johanna Botha ·

Pta die duurste …so kan die stadsraad bekostig dat die straatligte somme deur die dag en dag brand ….amptenare kry goot geld en die plek val letterlik uitmekaar met gras en bome wat die strate toegrooi en slaggate oral ….wat het ons besiel om die mense te kies ….mens kry seker waarvoor jy gestem het ne …so vatso !

KaterinaKat ·

Verblyf in Nelspruit is baie duur. My dogter werk daar en sy betaal maar duur vir haar piepklein plekkie.

Leon ·

Die enigste manier om ‘n eerlike bepaling te doen is om die salaris van ‘n middelklas werker te vat en te kyk hoeveel brode of bottels melk ensovoorts hy kan koop. hierdeur kan jy bepaal hoe goedkoop of hoe duur is ‘n plek. Indien jy dit doen is Suid Afrika een van die duurste lande ter wereld. Het al so ‘n toets gedoen ‘n paar jaar gelede.

Vrydenker Meerkat ·

Die kernvraag is: “Welke lewensstandaard kan ek op my inkomste handhaaf na verrekening van belastings, inflasie, vrotsige dienslewering van aldrie vlakke van regering, bykomende uitgawes vir sekerheid en onderwys en mediese uitgawes omrede swak regeringsdienste, inflasie en spaar vir die oudag. “

En natuurlik: hoe veilig is jou en jou gesinslede se lewens in SA? Moet ook verreken word. En wat is jou kinders se toekoms on SA? Moet ook verreken word.

Afrika glorie en standaarde ·

Ek stem saam dat Pretoria seker die vuilste, mees verwaarloosde en armoedigste rommelhoop in die hele SA is. Daar is bedelaars op elke straathoek en gevaarlike kriminele krioel soos insekte deur die gevaarlike donker strate van Pretoria. Dit sal interessant wees om te sien wat die top 200 vuilste, wanhopigste en onderontwikkelste stede/dorpe in Suid-Afrika is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.