Híér is die duurste strate in SA

‘n Eiendom in Coronationstraat in Sandhurst (Foto: Lightstone)

Die plaaslike navorsingsgroep Lightstone het pas ʼn verslag bekendgemaak oor die duurste strate in onder meer Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap. Volgens dié verslag is die gemiddelde prys van ʼn eiendom in dié strate meer as R20 miljoen.

Luidens dié verslag is Nettletonweg in Kaapstad as die duurste straat in die land uitgewys. Eiendom in dié straat in Clifton is individueel teen ʼn gemiddeld van R27,3 miljoen gewaardeer.

Die tweede en derde duurste strate in die land is ook in Kaapstad: Hillwoodlaan in Bishopscourt waar huise ʼn gemiddeld van R25,1 miljoen kos en Steenwayweg in Llandudno waar jy sowat R24,9 miljoen vir ʼn nessie van jou eie sal moet opdok.

Killarneystraat in Sandhurst in Johannesburg is teen ʼn gemiddeld van R24,6 miljoen die duurste straat in Gauteng en word gevolg deur Coronationstraat (met eiendom teen ʼn gemiddeld van R24,3 miljoen), ook in Sandhurst.

Volgens die eiendomsagentskap Seeff staan Nettletonweg boonop as die duurste en gesogtste straat in die hele Afrika bekend. Eiendom in dié straat het volgens die agentskap in die verlede al vir meer as R100 miljoen verkoop – selfs al is die huise se vloeroppervlak in vergelyking met dié in ander provinsies aansienlik minder.

ʼn Navorsingsverslag van New World Wealth toon dat meer as 200 eiendomme in Kampsbaai en Bakoven teen meer as R20 miljoen gewaardeer is. Clifton het sowat 110 eiendomme in dieselfde prysklas en Constantia sowat 100 eiendomme.

In teenstelling met Kaapstad waar die duurste strate in verskeie gebiede geleë is, is die duurste Gauteng-eiendomme almal in Sandhurst. Volgens Seeff is dit omdat huise in dié omgewing gemiddeld tussen 1 000 tot 1 400 m2  groot is.

Bron: Lightstone, BusinessTech

Gauteng

KillarneystraatSandhurstSandtonR24,6 miljoen
CoronationstraatSandhurstSandtonR24,3 miljoen
StewartstraatSandhurstSandtonR23,6 miljoen
TrafalgarstraatSandhurstSandtonR23,1 miljoen
JutlandstraatSandhurstSandtonR20,7 miljoen

KwaZulu-Natal

Hunnington WoodstraatMount EdgecombePhoenixR11,4 miljoen
PalmstraatZimbaliBallitoR10,8 miljoen
EastbournestraatMorningsideDurbanR10,7 miljoen
MilkwoodstraatZimbaliBallitoR10,6 miljoen
HickorystraatHawaan Forest EstateDurbanR9,6 miljoen

Wes-Kaap

NettletonlaanCliftonKaapstadR27,3 miljoen
HillwoodstraatBishopscourtKaapstadR25,07 miljoen
SteenwaywegLlandudnoKaapstadR24,9 miljoen
TorquaystraatBishopscourtKaapstadR24,2 miljoen
Glen BeachstraatKampsbaaiKaapstadR22,8 miljoen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wonder maar net ·

Die huis pryse is uitspattig duur !!! Meeste van die huise lyk soos kastele. Tog is ek so dankbaar ek woon in my gewone “ou” 3 slaapkamer huisie, waar hope liefde van die oggend tot die aand heers. Die groot huise is luuks, maar al nadeel is dit is koud & liefdeloos. Het ook vriende & familie wat in paleise woon – weet waarvan ek praat.

Karolis ·

Die mooiste huis is die een waarop nie ‘n sent se skuld staan nie.

Annelize ·

Die waardevolste huise is huise waar die gesin die Here dien, en waar die liefde en vrede in oorvloed is tussen die mense wat daar bly.

Catherine ·

Karolis. Jy praat die waarheid.
Plus as ons hemelse Vader ook daar gedien word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.