Hiér is die gewildste babaname in SA in 2017

Argieffoto

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het Maandag gesê dat daar verlede jaar 2,1% meer geboortes in Suid-Afrika geregistreer is as in 2016.

In 2017 is 989 318 lewende geboortes in Suid-Afrika geregistreer vergeleke met 969 415 lewende geboortes in 2016. Van die geboortes wat in 2017 geregistreer is, is 897 750 babas wat in 2017 gebore is, terwyl 91 568 babas is wat alreeds in 2016 of vroeër gebore is.

Daar is meer seuntjies as dogtertjies in die land verwelkom – 460 884 seuntjies in vergelyking met 452 725 dogtertjies. Volgens StatsSA kon daar nie geloofwaardige of vergelykbare statistiek oor die pa’s van die babas saamgestel word nie, aangesien ʼn allemintige 61,7% van die geboortes geregistreer is sonder enige besonderhede van die pa van die baba.

Die meeste geboortes is in Gauteng aangeteken (239 457), gevolg deur KwaZulu-Natal (197 913). Die minste geboortes het in die Noord-Kaap voorgekom (24 395), gevolg deur die Vrystaat (50 130).

StatsSA het ook gekyk na die ouderdom van die ma’s van die nuwe babas. Die meeste babas wat in 2017 gebore is, se ma’s is tussen 30 en 34 jaar oud, gevolg deur ma’s wat tussen 25 en 29 jaar oud is. Enkele geboortes is ook aangeteken vir ma’s wat tussen 10 en 14 jaar oud is, asook ma’s tussen 50 en 54 jaar oud.

Enzokuhle was behoorlik ʼn gewilde keuse vir as babanaam in 2017 – nie net is dit die naam van 2 832 babaseuntjies wie se geboortes verlede jaar geregistreer is nie, dit is ook die naam van 2 587 dogtertjies wie se geboortes verlede jaar geregistreer is.

Trouens, die topvyf-name vir seuntjies en dogtertjies stem baie ooreen. Die tweede gewildste naam vir seuntjies was Lethabo, gevolg deur Melokuhle, Lubanzi en Amogelang. Die tweede gewildste naam vir dogtertjies was Melokuhle, gevolg deur Amahle, Lethabo en Amogelang in die vyfde plek.

Hier is die tien gunstelingname vir manlike en vroulike babas in 2017:

Seuntjies:

 Eerste naamAantal babas geregistreer
1Enzokuhle2 832
2Lethabo2 824
3Melokuhle2 487
4Lubanzi2 293
5Amogelang2 164
6Siyabonga2 147
7Bandile1 976
8Junior1 969
9Bokamoso1 877
10Mpho1 818

Dogtertjies:

 Eerste naamAantal babas geregistreer
1Enzokuhle2 587
2Melokuhle2 456
3Amahle2 260
4Lethabo2 243
5Amogelang2 089
6Omphile2 078
7Lesedi2 059
8Rethabile2 045
9Luthando1 919
10Thandolwethu1 784

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

AmY ·

Nou nie die name wat ek vir mý kind sal gee nie, maar tog interessant. Dankie.

Anita ·

Het Maroela niks beter as dit nie. Meer seun meer toemaar sal niks verder se nie. Slegte nuus

susan ·

Die ou babatjies het mooi name waar het julle die opname gedoen? By ons is dit gewone Afrikaanse name wie se ouers veral die ma werk vir hulle opvoeding. Xxx

Hannelie ·

Ja nee kyk. Nie my tipe name of enige om my kinders te gee nie. Dink daar is baie mooier name wat maklik uitgespreek word. Eish!

Gerda ·

Wat is so nuuswaardig aan daardie name. Waar is die plasing dat blankes se populasie toegeneem he?

Colleen ·

Ja, wil ek ook weet. Daar is baie beter goed wat publiseer kan word as ‘n spul name. Wie worry in elk geval wat dit genoem word.

Snowball ·

Kommerwekkend dat die besonderhede van die pa’s van 61.7% van die baba’s ontbreek, dit vertel ‘n storie op sy eie….en ma’s tussen 10 en 14, goeie genugtig!!

Ralph ·

Ja nee Snowball dit laat ‘n mens dink. Solank as wat staat (ANC) kindertoelae so vrylik uitdeel word selfs die kinders in die familie (10 – 14 jr.) “produktief”. Dan nog gratis onderwys en univesiteit.

Anni ·

Ek kan nou nie help om te wonder nie, 61.7% van registrasies bevat nie die pa se besonderhede nie. Is dit nou omrede die pa ‘n “dead beat” is, of is dit omrede hulle nie weet wie die pa is nie? My geld is op laasgenoemde, as mens sien hoe daar onder mekaar tekere gegaan word.

Nel ·

Die gewildste drie name in die VSA tot dusver vir babadogters is: Emma heel bo gevolg deur Olivia en Ava. Seuntjies: Liam gevolg deur Noah en Oliver.

Kanadees ·

En in my tuisland is dit Noah, Liam en Jackson, teenoor Olivia, Emma en Charlotte. Pragtig.

Lakens ·

Julle jong wittes beter begin trou en aan die gang kom jong! Gedink daar sal darem ‘n “Willem” of ‘n “Saartjie” iewers op daai lysie wees.
Onthou, koeie wat nie kalf nie en bulle wat met “blanks” skiet gaan slagpale toe.
(En voor julle begin preek, asb, ek grap net bietjie)

Nannie ·

Hoe lekker het ek nou gelag. Ek het ook gekyk vir n ou afrikaanse naampie. Maar niks nie.

Laurika ·

Lakens – my Miniatuur Doberman hondjie se naam is Saartjie – nie dat dit tel nie haha….

Pietman ·

Sou daar ‘n manier wees om die gewildste babaname onder Afrikaners in 2017 te bepaal? Dit sou ‘n interessante bylaag wees tot die artikel gegewe die demografie van MM se lesers.

Kalahari Kind ·

Ek wens alle statistieke kan volgens demografie opgebreek word. Ons kry bitter min inligting oor ons eie mense, want die oorgrote meerderheid verswelg die minderhede, wat die statistiek dan bykans waardeloos vir ons maak.

KK ·

Sê ek ook. Gedink Maroela is vir afrikaans, maar duidelik het ek my misgis.

pjk ·

Hoekom noem julle dit!!!!!!!!! dis mos Afrikaans. Lees hulle ooit MM??????? Twyfel sterk!!!!!! Regtig….nou nie name vir my nie,,,dankie.

Welma Crowie ·

Dis vir my vreems, net die ander dag was daar ‘n artikel geplaas wat lees “Navorsing toon Afrikaanses kry meer baba’s”

Gemaskerde Sopbeen ·

Aan die persoon wat opgelet het dat daar geen “Bybel name” onder die lot is nie, net die volgende: Ek het een jaar AL my werkspanne afgedank, en hulle genooi om weer vir hulle poste aansoek te doen in Januarie van die volgende jaar. Ek het net die volgende her-aangestel: Mattheus, Markus, Lukas, Johannes……………en absoluut GEEN Handelinge uit hulle gekry nie!!

Lyn ·

Oulik! Veral om tussen die meesal negatiewe kommentare bietjie humor raak te lees.

Wiki ·

Regtig? Nuttelose inligting … glo nie iemand wat Maroela lees gaan nou ‘n brainwave kry en hulle kinders en agter kleinkinders Enzokuhle noem nie … en die wat dit wel gaan doen, dit belowe ek, lees nie Maroela nie….

Jannie ·

Ek sou geraai het dat SIPHO en FILEMON die gewildste sou wees! Ek glo steeds dat hulle 10 uit elke 10 is wat gebore word!!!

Afrikaners is plesierig ·

Snaaks dat n ruk gelede daar opname was dat Afrikaners meeste babas kry – tog is daar nie 1 enkele Afrikaner naam nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.