Hiér is die man wat Eskom moet omdraai

Freeman Nomvalo. (Foto: Saica)

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Dinsdag aangekondig Freeman Nomvalo, uitvoerende hoof van Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (Saica), is aangestel as Eskom se hoofherstruktureringsbeampte.

“Ek kan aankondig dat ons met Saica ʼn ooreenkoms bereik het dat mnr. Freeman Nomvalo ondersteun sal word om aangestel te word as Eskom se hoofherstruktureringsbeampte,” het Gordhan tydens die aankondiging van die kragvoorsiener se jaarlikse finansiële uitslae gesê.

“Hy sal die pogings lei om ʼn herstruktureringskantoor op die been te bring en dié kantoor se kapasiteit te bou. Die kapasiteit sal korporatiewe finansies, skuldbestuur en balansstaatoptimalisering insluit. [Nomvalo] sal rapporteer aan die ministers van finansies en openbare ondernemings, asook die Eskom-raad. Hy sal by magte wees om raadsvergaderings en uitvoerende bestuurvergaderings by te woon.”

Gordhan het gesê Nomvula se pligte sal insluit om ondersoek in te stel na Eskom se skuldlas en die verskeie voorstelle om die kragvoorsiener se skuld te verminder, asook om gesprekke tussen beleggers en Eskom se bestuur te bewerkstellig.

Maroela Media het vroeër berig Tito Mboweni, minister van finansies, het vroeër vanjaar aangekondig dat die regering se voortgesette fiskale steun aan Eskom op voorwaarde is dat daar ʼn onafhanklike herstruktureringshoof aangestel word wat die plan om Eskom in drie onafhanklike dele op te deel sal lei.

Eskom het Dinsdag aangekondig die kragvoorsiener het ʼn reuseverlies van R20,7 miljard in die boekjaar tot einde Maart gely. Dit is R2,3 miljard meer as die vorige jaar en grootste finansiële verlies vir korporatiewe Suid-Afrika in jare.

Jabu Mabuza, voorsitter en tussentydse uitvoerende hoof van Eskom, het gesê die verlies vir die finansiële jaar is nie ʼn refleksie op (uittredende uitvoerende hoof) Phakamani Hadebe nie, maar eerder ʼn kombinasie van verskillende onvermydelike faktore.

Mabuza het gesê Eskom sit tans met skuld van meer as R440 miljard en die inkomste van sy bedrywighede is nie genoeg om sy skuld af te betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

KaterinaKat ·

No pressure then..as ek hy was het ek solank maagseer medikasie begin opgaar.

Gert van Wierdapark ·

Mnr Freeman gaan met sy instap by die voordeur van Eskom, nie meer ‘n ” free-man” wees nie, maar’ n gevangene van die Eskom-spiraal/bodemlose geldput waar geen wens waar (kan) word nie!!

Vryheid ·

As ek die ” raad” raad Kan gee… Soek solank die volgende opvolger. Freeman gaan nie lank daar wees Nie.

James ·

Dit kan nie meer gered word nie – dis te laat…………………..
Hulle het dit so opgefoeter dat daar geen salf aan te smeer is nie. Dit moet nou nog net inplof en dan is dit klaar.

Eben ·

Eskom moet eerder onder sake redding en administrasie geplaas word. Die omdraai stratigie sal nie werk tensy die personeel se salarisse gehalfveer word en personeel met 75% verninder word nie. Die boodskap is duidelik dat ons self elektrisiteit moet opwek met sonpanele en gas installasies . ESKOM se krag is baie duur en mens kan jou eie keag opwek teen baie goedkoper.

colleen ·

Elke paar maande is daar iemand anders en steeds geen verbetering of verandering nie. Soland die staat geld gee sal niks verbeter by Eskom nie.

Jimmy ·

James, die sektor moes al lankal geprivatiseer het. Eskom moet net ‘n gewone mededinger wees. Sodra markkragte inskop sal Eskom wel rigting kry en kan dan geprivatiseer word. Nie dat ek in Eskom sal belê nie.

Leon ·

Bean counters kan nie die werk doen nie. Jy het nou gekwalifiseerde ingenieus nodig wat finansieële ondevinding het om E$KOM om te draai. In ander woorde ‘n wit persoon. mJammer, maar jy het nou ondervinding nodig. Nie kaders nie.

Schalk ·

Foeitog as hy dit aanvaar menende die aanstelling dan wonder ek.

John ·

Die laaste paragraaf het reeds die nuwe passer en draaier se bevindinge geopenbaar. Of moet hy dit nou eerder in Gothic-lettertipe uitdruk. Hierdie baie aanstellings gaan net nog duike in die finansies van Eskom maak in plaas van oplossings bied. Gordhan probeer op ‘n ou tou oor die Grand Canyon gespan, ‘n nuwe koorddanspassie uitvoer… sonder ‘n vangnet. Afdankings is eerder die oplossing, maar die unies hoop op ‘n massiewe inploffing om so saam-saam in ‘n massa-stormloop oor die krans te stort.

Realis ·

Politieke aanstelling = Geen verandering nie.
(Wat is sy salaris?)

fred ·

daar is geen enkel wit persoon in senior posisies in die ganse staat departemente…..
Hier kom protes aksies,betogings,boycots,bkackouts,ens

MOEGGESWOEG ·

Dit gaan my verstand te bowe dat niemand kan sien dat die ander nasie nie besighede kan regeer nie. Ek verstaan hulle moet ook ingedruk word, maar wraggies, iewers moet dit stop. Die geld is belangriker as die dienste. Solank hulle sakke vol gestop is, is daar nie ‘n bekommernis in die wêreld nie. Stel meer wit mens aan en kry die instellings reg. Verstaan my mooi, ek is nie ‘n rasis nie, ek werk elke dag met anderskleuriges, maar hulle denkwyse en dinge doen is nie soos ons nie. Ongelukkig sal dit nie in my leeftyd gebeur nie. Ek hoop maar my kleinkinders sien eendag die transformasie.

Elna ·

Gert jy praat so waar. Al hoe Eskom n verskil sal kan maak is om onbevoegte mense in die pad te steek af staan van BEE stelsel en vaardige manne in die poste beklee wat die job kan doen en om al hulle agterstallige gelde te verhaal van Soweto en almal dieselfde tarief laat betaal wat ons verbruikers betaal reg voor die voet
In teendeel moet Zimbabwe trippel die prys betaal wat ons as verbruikers huidiglik betaal. Anders sien ek net n donker toekoms vir ons Suid Afrikaanse verbruikers.

Swanna ·

Sy nek is klaar omgedraai. Hy gaan dit ook nie maak nie en ook net ‘n klomp geld in sy sak druk en verdwyn. Wil graag weet waar krap hul hierdie nare uit.

Kortsluiting ·

Hy kan doen net wat hy wil, maar as ALMAL wat krag gebruik , nie daarvoor BETAAL nie. sal ESKOM nie eens sy rente op sy skuld kan betaal nie!

Annie2 ·

Net soos hy sê Kortsluiting. Vorder al die geld in wat geskuld word. Geen betaling geen krag.

Willem ·

Hy sal seker ook net ‘n paar maande bly en dan 20 miljoen prestasie bonus of pensioen geld eis.

Ou Johnny ·

Vertel net eers vir die hele land wat sy salaris gaan wees en hoeveel sy pensioen gaan wees na 6 maande as hy afgedank word

Jimmy ·

Gewoonlik kry hierdie vlak bestuurders ‘n paar miljoen rand net om by Eskom aan te sluit. Op die eerste werkdag word ten minste die helfte daarvan in hul bankrekening inbetaal.

Bokram ·

As hy sy tweede paycheck gekry het dan bedank hy,want dan is hy skatryk.

Jan ·

Kan nie iets doen aan n vliegtuig sonder vlerke nie, geen pilot kan hom vlieg, voor eskom nie van n ten ninste33% oordadige onproduktiewe oorbetaalde werkers ontslae raak nie,, sal niemand iets regkry, dit geld min of meer vir alle staatsinstellings in die land, want meer pay gaan hand aan hand met minder doen, elke liewe mens wil meer geld he, maar as daar nie geld is nie moet jy verstaan dat op n stadium gaan jy daar glad meer geld wees nie, dan kry jy niks, in n land waar 30,% van werkers nie werk het nie, moet daar geen vakbond of minimun loon wees nie

Tiaan ·

En onmiddelik moet daar ‘n kantoor op die been gebring word…….. Nog mense, nog salarisse. Is hierdie man se pakket al aangekondig? Die regering weet presies wat fout is met Eskom, maar sal nooit die bodemlose put toegooi nie. Dìt maak eerbare, gewone burgers siek. Ek is uiters pro-“off the grid” kragvoorsiening.

Scruffy ·

Al ons mense in die land wil he escom moet gered kan word Twee goed gaan bydra tot land se onder gang Escom en Dieslewering

wraggies ·

Ek sien net een oplossing vir diegene wat betaal vir hulle dienste, maak jou so ver moontlik onafhankelik van die “grid”.

SjN ·

Nog n groot salaris trekker, raak ontslae van die oortollige werkers op bestuursvlak.

Topstet ·

Nee wat help hulle sink
Betaal net wat jy kan soos die Soweto inwoners R100 per maand
Ons moet ook die stelsel begin gebruik soos mede landsburgers

Queen B ·

As jy net betaal soos jy kan, gaan jy nie vir lank krag he nie. Hulle sny dit baie ou af.

GP ·

Ek dink nie enige politieke party kan die gemors uitsorteer nie.
Enigste antwoord is om dit te privatiser sonder enige politieke inmenging, BEE ens nie.
Finansies aan begin sal natuurlik ‘n groot struikelblok wees maar dan beweeg ons ten minste in beter rigting.

KrokodilBotha ·

Lees dat die bedrog en geld mors in 2018 2019 jaar met 800 % verhoog het. Kon erger gewees het. Ha ha .

Tanya ·

Geld geld geld bank acc staan op R0.000000 niks geld niks land niks werk niks kos Nuwe suid africa

ap ·

Kry eerder iemand om die sg regering om te draai , dis waar die probleem le. Ook kry vorige bestuurslede agter tralies , en laat hulle alle geld terugbetaal.

Kallie ·

Daar is nou al so baie spesiale taakspanne by Eskom. Wie slaan die kitaar?

Manie van Worcester ·

Nog een met vet sallaris wat niks gaan doen, ek waonder of daar binne die volgende 100 jaar verstandige optrede in die stomme land sal kom. nie dat hy nog 100 jaar sal hou nie, dink oor so 20 jaar is alles hier gelyk met aarde en die wat nog hier rondhang verhonger en kaal

Astrain ·

Vet vet vet salaris…geen geen geen resultate…groot groot groot pensioen, sy aftrede binne 1 jaar gewaarborg. Selle poeding, ander sous!

Jeremia ·

Waansin. Dis ‘n instelling wat lankal onder administrasie geplaas moes word. Die kaders se lang vingers en geduldige boekie (skuld) is grotendeels verantwoordelik vir die miljarde rand se skuld.
Net Soweto se skuld vir gratis krag is al ‘n aardige paar miljard.
Volgens ‘n analis het Eksdom van 2002 tot 2019 sy kragtariewe met 500% verhoog. En dit was die afgelope 17 jaar die instelling se grootste bron van inkomste. Let wel – dit was nie kragopwekking nie. Dié het het maar in ‘n volle 17 jaar bykans dieselfde gebly, en trouens teruggesak.
Maar daardie liewe korrupsie en skuld sink die skip.

Jimmy ·

Nou weet ons ook hoekom Soweto agter raak met die skuld. Hulle kan die krag nie meer bekostig nie. Dit is ook die voorland van middelklas gebruikers.

JohanR ·

Ek is hier by die rug dokter. Ek het soe gelag toe ek die berig lees dat ek van my stoel af geval het. Niks, en absoluut niks kan Eskom red nie. Kerse en lampe is ons toekoms!

Oom Koos ·

Opskrif “omdraai”. Dit moet seker regruk wees of hoe?

Kallie ·

Nomvalu en Mabuza is nou die groot manne by Eskom. Beide is net deeltyds daar, met verskeie ander verantwoordelikhede buite Eskom. Nie een het ondervinding van die sektor nie. Nie een het ‘n band met die werkers nie. Nomvalu was in ‘n stadium Nasionale Tesourie se Rekenmeester Genraal, ‘n rigting ver weg van ‘n tegnologiese veld. Gordhan en Eskom sak net verder in die moeras.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.