Hier is die nuwe Mej. Suid-Afrika

Natasha se fotosessie in Mauritius. (Foto: Verskaf)

Die Mej. Suid-Afrika-kroon rus vanjaar op Natasha Joubert se kop nadat sy Sondagaand dié gesogte titel in die SunBet Arena by Time Square in Pretoria gewen het.

Joubert is boonop die eerste wenner om die nuwe Mej. SA-kroon, genaamd Mowana oftewel “Boom van lewe”, te dra.

Joubert (25) van die Jakarandastad in Gauteng is ’n BCom-bemarkingsbestuur-gegradueerde en is die eienaar en modeontwerper van Natalia Jefferys, ’n maatskappy wat sy begin het toe sy 19 jaar oud was.

Dit was die tweede keer dat die donkerkop skoonheid die gesogte Mej. SA-titel nagejaag het nadat sy in 2020 as die tweede naaswenner aangekondig is en haar land by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig het.

Joubert het ook drie uit die vyf uitdagings gewen wat in Mej. SA se werklikheidsreeks, Crown Chasers, aan finaliste gestel is.

Sy het Sondagaand teen Anke Rothmann, Bryoni Govender, Homba Mazaleni, Jordan van der Vyver, Melissa Nayimuli en Nande Mabala meegeding en stap weg met ʼn pryspakket en borgskappe ten bedrae van meer as R1 miljoen.

Mej. SA 2023 sal tuisgaan by die splinternuwe eiendomsontwikkeling genaamd Brookfield at Royal, wat op die Royal Johannesburg gholfbaan en landgoed geleë is. Sy wen ook ’n reis na Parys in Frankryk wat deur L’Oreal geborg is.

Dit is nog nie bekend of sy aan al die internasionale skoonheidskompetisies soos Mej. Heelal, Mej. Wêreld, Mej. Supranasionaal en Mej. Aarde sal deelneem nie.

Lees Maroela Media se onderhoud met Joubert oor haar besluit om vir ‘n tweede keer aan Mej. Suid-Afrika deel te neem hier.

Hou Maroela Media dop vir meer nuus oor vanjaar se wenner.

Die top-5 finaliste van Mej SA 2023 in hulle aandrokke ontwerp deur Gert-Johan Coetzee. (Foto: @Official_MissSA/Twitter)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Melissa ·

Baie geluk Natasha Joubert. Mag jy vir ons land n groot aanwins wees.

Aggie ·

Pragtige vrou en daarby ‘n uiters suksesvolle besigheidspersoon. Ons is trots op jou Natasha !

Vonny ·

Ons gebede is verhoor!!
Ons weet jy het soooo hard gewerk.
Jy verdien dit!!!
Jys ons volgende Internazionale wennerrr!
Mooi runner up

Kiewiet ·

Baie baie geluk Jakaranda koningin!
Baie trots op ons SA meisie v haar-aanhouer wen- persoonlikheid ..

Euodia ·

Baie geluk Natasha! Stralend en pragtig. Alles van die beste voorentoe.

Yolandie ·

Baie geluk aan die pragtige Natasha Joubert, alle sukses vir jou as die nuut aangewysde Mej. Suid-Afrika.

piet ·

Ek sien die modererings-polisie is weer sterk met ons vanoggend. LOL

Vonkprop ·

Ek wag vir eers vir ‘n mediaverklaring van Malema af oor hoe hy voel voor ek gelukwens.

honeybee ·

Piet ek stem saam, die Indiese meisie is pragig, maar soos vonkprop se dit gaan nie net oor skoonheid nie

John ·

Uiteindelik en baie geluk Natasha..trots op jou en bring daardie kroon terug.

Delia ·

Tyd dat die skou ponie vertonings gestaak word. Jy kan net so baie in jou gemeenskap doen sonder al die vertoon. Ek hoop die swembroek vertonings is binnekort iets van die verlede. Dis degrading, by gebrek aan n afrikaanse woord.

Karoo ·

Delia ek stem….al die dames is mos reeds modelle…. hoekom moet hulle soos poue rond stap en hulle steet veere so rond swaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.