Hiér is die wêreld se langste kameelperd

ʼn Kameelperdbul in ʼn dieretuin in Australië is amptelik as die langste kameelperd ter wêreld aangewys. Die 12-jarige Forest is 5,7 m lank en woon in die Australië-dieretuin in Queensland.

Kameelperde word gewoonlik tussen 4,5 m en 5,4 m.

Verteenwoordigers van die Guinness World Records het Forest gemeet deur gebruik te maak van ʼn paal wat spesiaal vir dié doel vervaardig is. Die paal is langs een van die hooibale in die kameelperd se skuiling staangemaak. Volgens CNN het dit etlike maande geneem om Forest se afmetings te neem omdat hy aanvanklik skrikkerig was vir die nuwe toestel in sy hok.

Forest is die trotse pa van 12 kalwers en daar is nog een op pad. Die Australië-dieretuin word besit deur die vrou en kinders van die gewese natuurliefhebber Steve Irwin, ster van die televisiereeks Crocodile Hunter.

Forest sal in die Guinness World Records 2021 pronk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

NEO ·

Dit kan net waar wees as al die kameelperde in wildtuine ook gemeet word en dus onmoontlik. Sinnelose rekord wat Aus nou hulle sin wil maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.