Het jy nog altyd daarvan gedroom om ʼn sepiester te word? Hier is jou kans!
Die gewilde sepie, 7de Laan, kom doen binnekort oudisies in Bloemfontein (Vrystaat), Port Elizabeth (Oos-Kaap) en Kimberley (Noord-Kaap).
Al wat jy hoef te doen om vir dié oudisies oorweeg te word, is om ʼn e-pos te stuur aan [email protected] met ʼn vollyf-foto, ʼn kop-en-skouers-foto, ʼn kort CV en die tale wat kan praat.
Slegs persone tussen 25 en 35 kan inskryf.
Jy staan dan die kans om genooi te word vir ʼn oudisie.
Die besonderhede oor die tyd en plek sal met voornemende kandidate bevestig word.
Opskud! Die sluitingsdatum is 13 Julie 2016.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
NEE DANKIE DIE LAAN IS DEESDAE DIE GROOTSTE KLOMP SEPIE SNERT
Gelukkig is ek by verre te oud . . .
7de laan grootste klomp gemors wat aan die gang is. Dog hulle kry klaar wie kyk dit nog?
As jy desperaat genoeg is dat jy aan ‘n morele verval, gekkeparadys en gesinsonvriendelike sepie wil deel hê (waar jy boonop jouself en jou waardes sal moet verloën), be my guest. Die tipe mense wat nog mal genoeg is om 7e Laan te kyk, sal jou sekerlik waardeer.
NIE EERS VIR N MILJOEN RAND PER MINUUT NIE.GEEN WONDER ONS LAND BRAND AS ONS VOLK SULKE BLATANTE GEMORS KYK.
ONGELUKKIG HET DIE VOLK DAARVOOR GESTEM IN 1992 TOE HULLE DE KLERK SE LEUENS GEGLO HET.