Hier is kortlys vir OB-pos

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

Adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer Foto: Universiteit Stellenbosch (US)

LP’s het Woensdag ʼn kortlys van 14 kandidate opgestel vir die pos van openbare beskermer (OB).

Regter Siraj Desai en Willie Hofmeyr, adjunk- nasionale direkteur van openbare vervolging, is deur die ANC genomineer. Opposisiepartye het beswaar aangeteken teen Desai se nominasie en gesê hulle gaan nie nou op Hofmeyr se nominasie kommentaar lewer nie.

Kevin Malunga, huidige adjunk-openbare beskermer, is deur die ACDP genomineer. Mamiki Goodman (nee Shai) , ʼn voormalige adjunk-openbare beskermer, is ook genomineer.

Die ander kandidate is regter Sharise Weiner, adv. Madibeng Mokoditwa, adv. Nonkosi Cetywayo, balju by die hooggeregshof in Bellville, adv. Mhlaliseni Mthembu, prof. Narnia Bohler-Muller, uitvoerende direkteur van die Afrika Instituut van Suid-Afrika by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, prof. Bongani Majola, Busisiwe Mkhwebane, ʼn direkteur van die departement binnelandse sake, Jill Oliphant, Muvhango Lukhaimane, pensioenfondsberegter en Kaajal Ramjathan-Keogh, uitvoerende direkteur van die Southern Africa Litigation Centre.

Thuli Madonsela, huidige OB, se termyn verstryk in Oktober. Die onderhoude met die 14 kandidate sal op 11 Augustus begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pieter Schoeman ·

Is so n pos rêrig nodig omdat die regering hulle nie daaraan steur nie, mors ons nie geld met die openbare beskerming afdeling nie

Wern ·

Ek kan nie die mense nie. My riglyn is kies iemand wat openlik Zuma al aangeval het oor sy veelvuldige oortredings en los die wat stil was.

Cherokee ·

Jy verbaas my. Waarom sou jy sý naam op die lys wou sien?

Cherokee ·

Ek het die lys deurgelees met die hoop om Dan Roodt se naam te sien.

bok-bok ·

Ha-ha, mooi een Cherokee. Steve Hofmeyr is seker jammer hy het dit nie gemaak nie.

Sarel Strydom ·

Ek sou wou sien dat die aanstelling nie deur Politieke Partye gedoen moet word maar dat dit eerder ‘n Juridiese aanstelling moet wees. Wie ookal oorneem, het groot skoene om vol te staan. thuli Madonsela sal ons nie weer kry nie.

Rens Roodt ·

sal sulke persone kry maar hulle sal nie oorweeg of aangestel word nie – daarvoor sal die korrupte regering voor sorg!

Jan maak n Plan ·

Sarel ja jys reg, maar glo my die volgende OB sal nie vir Zuma pla nie. Hy sal daarvoor sorg.

Theresa ·

Wie ookal gekies word, sal met moeite Thuli se skoene vol staan. Wat ‘n regverdige mens met ware intelligensie.

Rynhardt ·

Gistraand op E-Tv en SABC nuus het James Selfe van die DA uitgevaar teen regter Desai se nominasie! Die rede hoekom die DA ongelukkig met hom is, is omdat die regter in 2013 gesorg het dat die DA n hofsaak verloor het.Die DA wou talle afrikaanse skole sluit (sodat engelse skole kan floreer ) en regter Desai het besluit dat hierdie skole moet oop bly, want Afrikaanssprekenders het die reg om in hul taal onderrig te wied.Regter Desai het ook beklemtoon dat die DA nie sy volle begroting spandeer nie.Daarom DA se groot teenkanting van die regter.Dit het regter Desai nie n leeftyd gevat om deur DA te sien nie.DA, regter Desai is geregtig om mee te ding vir pos!!

E.K. ·

As Desai deur die ANC genomineer is maak dit nie saak wat opposisiepartye daaroor te se het of nie, die gevaarligte moet dadelik flikker vir enige ANC nominasie en klaar!

Oogklap ·

Tipiese DA gedrag om die Afrikaner te wil breek. Dankie vir hierdie waardevolle stukkie nuus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.