ʼn Kortlys van 24 kandidate is opgestel om die vakatures in die SAUK-raad te vul en onderhoude sal volgende week oor die loop van drie dae plaasvind.
Die name op die lys sluit in die voormalige adjunk-direkteur-generaal van telekommunikasie, Gift Buthelezi, ouditeur Jasmina Patel, advokaat Matthews Mofokeng, lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, Mary Papayya, asook Nkosana Mbokana, Motshedi Lekalakala, Mamoduphi Mohlala-Mulaudzi, Bernedette Muthien, Nakedi Ribane, Siphile Buthelezi en Cooper Sathsivan.
Nokuzola Ehrens, David Maimela, Mpiyakhe Mkholo, Lufuno Nevondwe, Livhuwani Matsila, Rowan Nicholls en Lulama Mokhobo is ook ingesluit.
Daar is agt vakatures in die SAUK-raad ná ʼn reeks bedankings, insluitend dié van adjunk-voorsitter Khanyisile Kweyama, Mathatha Tsedu, Krish Naidoo en John Mattison.
Die openbare uitsaaier was die afgelope tyd in ’n stryd gewikkel met Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kommunikasie, oor beplande afleggings.
Opvallend hoe verteenwoordigend ( NIE) die kortlys is.
Hoekom het hulle 24 raadslede nodig? Job creation of sodat hulle in skofte kan werk teen vol betaling natuurlik?
Dit is die kortlys, daar is 8 poste oop.
Die SAUK is verby die stadium dat dit gered kan word en as ek na die BENOEMINGSLYS kyk gaan daar ook geen verbetering of verandering wees nie dit is ABSOLUUT rassisties en nie verteenwoordigend van die MEESTE mense wat TV kyk EN BETAAL (let wel BETAAL).
En ek hoor nie die da veral van damme enigeiets se nie, maar hulle soek die wit stem?
Uitheemse name en vanne
Ja, so word die profeet nie in sy die land verkeer nie.