Hier is SA se 10 top-landgoedere

Pearl Valley Golf & Country Estate.

Pearl Valley Golf & Country Estate.

Sewe van Suid-Afrika se top-landgoedere is in die Wes-Kaap.

Volgens die welvarendheidskonsultant New World Wealth se jongste navorsingsverslag is Pearl Valley Golf & Country Estate in Franschhoek die top-landgoed in Suid-Afrika. Die tien top-landgoedere is bepaal deur verskeie faktore in ag te neem waaronder die geldwaarde, die moontlikheid van herverkoop, veiligheid, natuurskoon, die kwaliteit en ontwerp van die huise op die landgoed, fasiliteite en aktiwiteite.

Pearl Valley Golf & Country Estate het volgens New World Health aan al die kriteria voldoen. Huispryse op die landgoed wissel van R5 tot R25 miljoen. Die landgoed is in die Bergriviervallei tussen Franschhoek en die Paarl geleë.

Riana Bruyn, Pearl Valley se verkope- en bemarkingbestuurder, het aan Fin24 gesê die duurste eenheid op die landgoed is vir R29,5 miljoen te koop. Volgens Bruyn is die landgoed se inwoners meestal plaaslike mense hoewel daar ook internasionale belangstelling is.

Die tien top-landgoedere is:

1. Pearl Valley (Wes-Kaap)
2. Zimbali (KwaZulu-Natal)
3. Fancourt (Wes-Kaap)
4. Arabella (Wes-Kaap)
5. Pezula (Wes-Kaap)
6. Atlantic Beach (Wes-Kaap)
7. De Zalze (Wes-Kaap)
8. Vaal de Grace (Gauteng/Vrystaat)
9. Erinvale (Wes-Kaap)
10. Highland Gate (Mpumalanga)

Fin24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

HEVW ·

Ryk manne, sterk manne. Baie geluk as alles op n lofwaardige wyse bekom is.

Neptunus ·

In Gauteng slegs Vaal de Grace, werklik? So Dainfern, Midstream, Centurion Golf Estate, Silverlakes et al is deur Vaal de Grace oortref?

Wat van Mount Edgecombe en Simbithi in KZN? Komaan, wie sal hierdie uitslag ernstig opneem?

Gus ·

Die tipe lysies van top 10 word slegs ernstig opgeneem deur die betaalde opstellers daarvan, en die verkopende inwoners van die landgoedere. Groot klugspel !

EMK ·

Ja Gus en die wat die lys opgestel het is sekerlik almal Kapenaars daarom is meeste in die Weskaap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.