Hier is SA se 20 beste hospitale

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Die mediesefondsadministrateur Discovery Health het pas weer sy jaarlikse peiling oor hospitale bekend gemaak.

Die uitslae spruit uit Discovery se peiling waarin lede van mediese fondse die geleentheid kry om opbouend hul menings uit te spreek oor gesondheidsorgverskaffers en die sorg wat hulle in hospitale ontvang het.

Dr. Roshini Moodley Naidoo, hoof van gehaltesorg by Discovery Health, het gesê lede van Discovery wat in 2017 in hospitale behandel is, is versoek om hul ervarings te deel. Die lys is uit 140 hospitale saamgestel.

Hier is die lys van die 20 beste hospitale in alfabetiese volgorde:

  1. Ahmed Al-Kadi- private hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
  2. eThekwini-hospitaal en -hartsentrum (Durban, KwaZulu-Natal) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  3. Gateway- private hospitaal (Umhlanga Rocks, KwaZulu-Natal) – ook onder die top-20 in vorige peiling
  4. Hillcrest- private hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  5. Life Bay View- private hospitaal (Mosselbaai, Wes-Kaap) – ook onder die top-20 in vorige peiling
  6. Life Carstenhof-hospitaal (Johannesburg, Gauteng)
  7. Life Chatsmed Garden-hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
  8. Life Mount Edgecombe-hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
  9. Life Roseacres-hospitaal (Johannesburg, Gauteng)
  10. Life St Dominic’s-hospitaal (Oos-Londen, Oos-Kaap)
  11. Life Suikerbosrand-hospitaal (Heidelberg, Gauteng)
  12. Life West Coast- private hospitaal (Vredenburg, Wes-Kaap)
  13. Lowveld-hospitaal (Nelspruit, Mpumalanga) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  14. Mediclinic Milnerton (Kaapstad, Wes-Kaap) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  15. Mediclinic Panorama (Kaapstad, Wes-Kaap) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  16. Mediclinic Victoria (Tongaat, KwaZulu-Natal)
  17. Netcare N1 City-hospitaal (Kaapstad, Wes-Kaap)
  18. Nu-Shifa-hospitaal (Durban, KwaZulu-Natal)
  19. Wilmed Park- private hospitaal (Klerksdorp, Noordwes) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar
  20. Zuid-Afrikaans-hospitaal (Pretoria, Gauteng) – top-20-hospitaal die afgelope vier jaar

Naidoo het gesê die peiling wys dat pasiënte se algehele ervaring jaarliks verbeter, wat daarop dui dat hospitale wat deel is van die peiling ál meer aan pasiënte se hoër verwagtinge voldoen.

Die vrae wat aan pasiënte gevra word vir die peiling hou verband met die gehalte van sorg wat verpleegpersoneel bied, reaksietyd van personeel, gehalte van sorg wat dokters bied, die hospitaalomgewing, pynbestuur, inligting wat met pasiënte gedeel word rakende hul medikasie en inligting wat met pasiënte gedeel word oor hul ontslag uit die hospitaal.

“Dit is belangrik om voort te gaan om noukeurig na pasiënte te luister in ʼn poging om private hospitale te vestig wat hoëgehalte-pasiëntgesentreerde sorg bied. Dan kan hierdie inligting aanlyn beskikbaar gestel en jaarliks bygewerk word. Dit beteken pasiënte kan voordeel trek uit data wat toelaat dat hulle meer ingeligte keuses maak om die beste hospitale vir hul behoeftes te kies,” het Moodley gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Anoniem ·

Hoop die geagte Minister van Gesondheid let op dat geen staatshospitaal gelys word nie.

koos1 ·

Wat my meer verbaas (bekommer) as die staatshospitale (want dit weet ons al), is die feit dat SA se rykste en digsbevolkste provinsie (Gauteng) net 4 in die top 20 het en SA se twee grootste stede (Pretoria en Johannesburg) net 1 elk het, terwyl 8 in Durban en omgewing voorkom.
Lyk my ek moet vir my volgende hospitaal besoek Durban toe, dan kan my medies my “vakansie” betaal!

Trish ·

Dit is Wat my man gedoen het maar nie na n private hospitaal toe nie hy het my Albert Netuli toe get dis n staat hospital en julle gaan my nou help na steve bico my huis toe gestuur het om dood te gaan en wou net my been af sit maar die staat hospitaal in KZN het my vinag gehelp en ek kry my operasie September. Waar steve bico my nog nie eers terug gebel het nie en dis nou Al n jaar. Wat ek net mag Le en op staan om te bat. KZN A.N het my in 3 mande gehelp so die beste hospital is daar.

Cherokee ·

35% van die land se beste hospitale is dus in Durban (uMhlanga ingesluit) en 40% as on Tongaat ook by tel. Dit beïndruk.

ChrisE ·

Natuurlik sal Discovery gaande oor die hospitale raak. Ek gaan ‘n skoot in die donker waag en sê dat dit van die grootte van die “kickback” afhang wat betaal word. Een van die “beste hospitale” in die Durban omgewing in die Nkosi Albert Luthuli hospitaal wat ‘n staats opleidingshospitaal is. Ek weet daar is mense met riller stories oor openbare hospitale maar die openbare hospitale is nie almal so “sleg” soos mense beweer nie. Ek het eerstehandse ondervinding van openbare hospitale want en ket nie ‘n mediese fonds nie en maak gebruik van die openbare voordeel.

Amelda Ferreira ·

Ken nie een van die hospitale nie, maar die beste hospitaal volgens my is CORMED Kliniek in Vanderbijlpark. Ek kon nie vir beter behandeling, kos, aandag en dokter gevra het nie. Jy word nooit aan jou eie genade oorgelaat nie. Die diens van die verpleegpersoneel is van hoogstaande gehalte en niks is vir hulle te veel gevra nie en dit dan nig met n glimlag ook. Dankie CORMED.

theresa ·

Ja daar is as jy nie ‘n hotel verwag nie, maar ‘n hospitaal met spesialiste op hulle gebied. Tygerberg is so n voorbeeld.

Johann du Plessis ·

Baie geluk Zuid Afrikaans ek het my tyd x4 uiters goeie diens en ondersteuning daar gekry – Dankie Dr Charl Olivier en Dr Christo Aldridge en Hoofmatrone Leone van Rensburg

Hannelie ·

Ek kan verstaan hoekom ons Medi Kliniek nie gelys is nie……want daar is geen diens.

Lou ·

Gedurende die 70’s en 80’s het staatshospitale soos Grootte Schuur, HF Verwoerd en Baragwanath as onder die bestes in die wereld getel. Die regering moet hulself afvra hoekom dit nie meer die geval is nie……

lee ·

Klink my of KZN dié plek is om te wees.
Goeie hospitale, en goeie SAP diens, volgens beriggewing.
Wens EK kan KZN toe trek – ek LOVE die see…..LOL

Sommer ·

Cormed is beslis die beste hospital in die Vaaldriehoek en snaaks was nou die dag nog gelys vir een van die 10 bestes in die land. Wat het nou gebeur?

Amelda Ferreira ·

Dink nie hierdie ondersoekers het n draai by CORMED gaan maak nie, dan sou dit verseker bo-aan die lys gewees het.

John ·

Wie het die gradering gedoen, mense uit Indie? En waar kom die geld vandaan vir die hospitale se goeie dienslewering? En wie is die pasiente wat die uitstekende hospitale in Natal gebruik? En indien pasiente volgens die ondersoek vir onnodige behandelings in private klinieke opdok, moet hierdie klinieke ook skuldig pleit… Nie? Is rassisme nie nie ter sprake by die sg bestes nie?

Zella ·

Ag nee wat Johann, ek kan nie jou kompliment vir Dr C Olivier staaf nie. Ek het nie goeie behandeling van hom en Zuid Afrikaanse Hospitaal ontvang nie. Het nie eers terug gegaan vir my opvolg ondersoek nie. Hy en die hospitaal sien my nie weer nie

Annalie Pretoria ·

Ek het verlede jaar in Wilgers Hospitaal gele vir ‘n groot rugoperasie. Buiten die feit dat alles deur Discovery gedek is vir die groot operasie, was die behandeling puik en gerusstellend. Die verpleeg personeel kort definitief meer opleiding rakende sekere operasies wat gedoen word en die hantering van die pasient assulks. Mens shop maar vir goeie hospitale en die hospitaal bestuurders moet hulle bestuurs tegnieke opskerp om hulle hospitaal die beste te maak. Hang van persoon tot persoon af.

ilonka joubert ·

Sjoe, Roseacres? Duidelik was die persoon wat die lys opgestel het baie lanklaas daar.
Soveel klagtes oor die hospitaal, goor plek om te wees as jy siek is…

Yozan Pretorius ·

Skokkend!!!! Ek kan NOU seker 5 lys wat oor skokkende behandeling hier kan getuig. Dis hoekom hulle ICU meestal leeg is…moes my ma met geweld laat verwyder…omtrent 4ure na sy ICU toe is, was nog niks gedoen nie. Sy het omtrent geen asem gekry ten spyte van hulle suurstof nie. Die ICU ambulans ( teen omtrent R16000 ) se medics het uur gevat om haar so te stabiliseer dat sy vervoer kan word. Die personeel het toegekyk.Sy was totaal gedehidreer, het dadelik beter suurstofvlakke gehad op ambulans toerusting. Hulle moea haar met laken oortel aangesien die hospitaal nie die “plaat” het om haar oor te tel nie. Die dokter by Kloof in Pretoria het bevestig sy sou beslis nie oorleef het as sy nog ‘n dag daar was nie. Haar toestand was as skokkend beskryf! Sy was amper 6weke in Kloof hospitaal (meestal ICU en sedasie) en het ten volle herstel…gevolg van staph infeksie wat sy by Roseacres opgetel het. Discovery kies die klinieke met laagste rekeninge – want daar word niks gedoen nie en kostes goedkoper vir hulle.

Lala ·

Ek stem Saam. Roseacres is van die swakstes in die Oosrand en Ongevalle era se kennis laat veel te wense oor

Verbaas ·

Dit net vir my so snaaks dat ” die diamantstad nl Kimberley ” nie onder een van die 20 is nie hier ook n goeie hart hospitaal nl. Lenmed

theresa ·

Stem 100%. Man het groot operasie by Tygerberg gehad en as ‘n mens vergeet van al die “glitz and glam” van ‘n privaat hospitaal, gaan jy nerens beter spesialisbehandeling kry nie. Selfs die sale en beddens was netjies en skoon. Die behandeling was onverbeterlik teen ‘n fraksie van die prys van ‘n privaat hospitaal waar mens meestal betaal vir onnodige goed.

jakes ·

Sommige staatshospitale het uitstekende spesialiste en dokters maar wanneer dit by verpleging en higiene kom dan is die kanse groter vir jou om dalk nie lewend daaruit te kom nie. Verpleegsters slaap op diens en eet die pasiente se kos. Baie verpleegsters is swak opgelei en voel vere vir pasiente.

Eddy ·

My vrou kom sopas uit Mediclinic Morningside. Walglik! Hulle het nie een keer die beddegoed geruil nie. Sy moes elke keer vra vir water want niemand kom kyk of die passiente gemaklik is nie. Sy het diesele glas gebruik vir 4 dae. 3 keer vir haar vekeerde kos gebring en dan se hulle net “sorry, we dont have what you ordered”. Eiers was rou (sy is swanger), en hulle gooi soveel sout op al die kos (sy is daar vir hoe bloeddruk, en sout help nou nie regtig vir hoe bloeddruk nie).

Francie ·

Mooi so vir Heidelberg se Life Suikerbosrand Hospitaal!
Julle verdien ‘n plek op die lys.

Anoniem ·

Kan nie verstaan hoe Heidelberg se Life hospitaal op die lys is nie, dis die swakste hospitaal met die swakste diens en mees ongeskikste mense wat daar werk. Die klomp wat die vloere skoon maak kry tot n beurt om are te soek en bloed te trek.

Johanna Botha ·

En nou wil die minister almal aftrek tot op staatsvlak !

Been there ·

Ek stem saam met anoniem oor Heidelberg life swak diens sien my nie were

Penellope Jones ·

Vergelegen Hospitaal? Ek het nog net altyd die beste diens daar gekry.

Sarel ·

Julle weet duidelik nie hoe die peiling werk nie. As jy lid is van discovery health of een van die fondse wat hulle administreer kry jy na ontslag n meningspeiling oor die hospitaal. Die lys word opgestel na aanleiding van die pasiënte se terugvoer. So een persoon wat goeie of slegte diens ontvang het maak min verskil. As hulle overall goeie terugvoer kry maak dit meer saak.

Flippie ·

Kyk na die beoordeelaar en kyk na die hospitals – daar is ‘n sterk verband.

Katerina ·

Ek het 12 jaar gelede my seuntjie by Lowveld Medi clinic gehad,en my dogter n jaar gelede haar tweeling.Ons altwee het C- sections gehad en nie een van ons kon kla nie,dit is n goeie hospitaal. My jongste dogter het ek byna 21 jaar gelede gehad in die Pretoria Akademiese hospitaal. Ek weet nie hoe hulle deesdae is nie, maar destyds was hulle nog goed genoeg. My oudste dogter het ek 26 jaar gelede by die Tygerberg hospitaal in die Kaap gehad. Sy was baie prematuur maar hulle neo-natal eenheid was wereldklas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.