Hier is SA se 20 beste hospitale

Argieffoto

Die mediesefondsadministrateur Discovery Health het pas weer sy jaarlike peiling oor hospitale bekend gemaak.

Die uitslae is die gevolg van Discovery se peiling waar lede van mediese fondse die geleentheid kry om konstruktief hul menings uit te spreek oor gesondheidsorgverskaffers en die sorg wat hulle in hospitale ontvang het.

Dr. Roshini Moodley Naidoo, hoof van gehaltesorg by Discovery Health, het gesê dit is wêreldwyd standaardpraktyk om die gehalte van gesondheidsorg, insluitend die pasiënt se ervaring daarvan, te meet.

“Bewustheid rakende die gehalte van gesondheidsorg het toegeneem weens ons peiling. Sedert ons drie jaar gelede die resultate begin bekend maak het, het ons positiewe veranderinge begin sien in hoe pasiënte gesondheidsorg ervaar.”

Naidoo het gesê die analise van die resultate neem faktore soos die aard van siektes en die ouderdom en geslag van pasiënte in ag ten einde ’n regverdige vergelyking tussen hospitale te verskaf. Altesame 136 hospitale is in die peiling ontleed.

Nege hospitale is vir drie jaar agtereenvolgens onder die land se top-20-hospitale.

Die 20 beste hospitale word alfabeties gelys en nie volgens ’n ranglys nie.

  1. Cormed-kliniek (Gauteng)
  2. Ethekwini-hospitaal en -hartsentrum (KwaZulu-Natal) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  3. Gateway- private hospitaal (KwaZulu-Natal)
  4. Hillcrest- private hospitaal (KwaZulu-Natal) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  5. Life Bay View- private hospitaal (Wes-Kaap)
  6. Life Rosepark-hospitaal (Vrystaat)
  7. Lowveld-hospitaal (Mpumalanga) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  8. Mediclinic Cape Gate (Wes-Kaap)
  9. Mediclinic Ermelo (Mpumalanga)
  10. Mediclinic George (Wes-Kaap)
  11. Mediclinic Hoogland (Vrystaat)
  12. Mediclinic Louis Leipoldt (Wes-Kaap)
  13. Mediclinic Milnerton (Wes-Kaap) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  14. Mediclinic Panorama (Wes-Kaap) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  15. Mediclinic Stellenbosch (Wes-Kaap) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  16. Midvaal- private hospitaal (Gauteng) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  17. Netcare Jakaranda-hospitaal (Gauteng)
  18. Netcare N1 City-hospitaal (Wes-Kaap)
  19. Wilmed Park- private hospitaal (Noordwes) – Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar
  20. Zuid-Afrikaans-hospitaal (Gauteng)– Top-20-hospitaal oor die afgelope drie jaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Aroma Meiring ·

Dit se baie oor die Weskaap. Geen PE hospitaal nie. Dit se baie.
Dankie vir die verslag.

Michael ·

Nou kan jy dink as SA regeer word soos die Weskaap deur bekwame mense

Helene ·

En Jacob Zuma en sy kaders in die ANC sidder. “Ons MOET daai Wes-Kaap kry mense ons MOET”

Annetjie ·

Milpark Johannesburg Boeta is nou daar van Dinsdag af klaar beterskap

David Jeffrey Hamilton Walker ·

Nou moet ons net dieselfde begin doen op Staats Hospitale, miskien sal hulle ook begin wakker skrik, asook Provinsiale Hospitale.

Kiepie ·

As jy siek word wil jy duidelik eerder in die Wes-Kaap bly as enige ander plek. Maar dis ook net as jy ‘n mediese fonds kan bekostig anders help dit jou ook nie veel nie.

Jeannette ·

@Kiepie, ek kan uit eie ondervinding getuig: ons plaaslike provinsiale hospital (die Worcester Streekshospitaal) is self ook baie goed. Ja-nee, ons weet mos: die Wes-Kaap is die enigste provinsie in die land wat nog werk. Ons moet alles in ons vermoë doen om die ANC hier uit te hou – maar ek dink ons gaan ‘n “tawwe” stryd hê – die ANC voer naweek na naweek hordes swart Oos-Kapenaars in na die Wes-Kaap per taxi. Jy sien Vrydae die een volgepakte taxi na die ander hier deur Worcester kom en Sondae of Maandagoggende, laat waai hulle weer terug Oos-Kaap toe: DOLLEEG. Nou vra jy hoekom ons skielik met ‘n infrastruktuur-tekort en water-tekort sit?

Mosselbaaier ·

Dis nie heeltemal reg nie Kiepie. Die provinsiale hospitale in Mosselbaai en George is beide baie goeie hospitale.

Rocky ·

Waar is George Provinsiale Hospitaal. Na my mening een van die beste in die land. Gaan eerder daar heengaan as die plaaslike Privaat hospitaal

Jeannette ·

Sê jy, Rocky – self in mý tyd in George – 17 jaar gelede, was die George Provinsiale Hospitaal een van die beter hospitale. Nou is ek in Worcester en ek kan dieselfde van ons Streekshospitaal hier nou sê. My Ma het ‘n ruk terug, in die Worcester Medi-Clinic, die SWAKSTE, SWAKSTE, SWAKSTE verpleegdiens OOIT denkbaar gekry. Vir 4 ure gelos in haar eie uitskeidsel nadat sy ‘n kolonektomie gehad het en ‘n “ongelukkie” gehad het in die bed (deur ‘n swak-tipe verpleegster wat aan haar gesê het “hulle kom nou”).

jaco ·

Julle vergeet 2 woorde as julle redes soek waarom n privaathospitaal ook kan opslip. Daardie 2 woorde is regstellende aksie. Al is die standaarde beter as in staatshospitale, is privaathospitale gedwing om by raskwotas te bly as aanstellings gedoen word. So iewers gaan ‘n paar wat NET die “regte” velkeur het maar ook niks meer nie, inglip en daar werk, links en regs opmors en dan met stakings en optogte en afbreek van fasiliteite kom as daar durf gewaag word as hulle aangespreek word oor swak werk.

Hannelie ·

Jeanette ek stem 100% met jou saam. Worcester Medi-Kliniek se verpleegpersoneel se diens is SWAK verby!!!! My man het daar gelê vir 4 dae, ek het gelees in sy verslae dat die pasiënt het goed geeët, maar toe het hy 2 dae laas geeët!!! Ek wonder tot vandag toe, wie het sy kos geeët! Want die dokter sien op die verslag, nee wat die pasiënt eet darem…..ek was bitter ontsteld.
Worcester Advanced Surgical Centre is die BESTE! Ons was 2 keer daar, en ons is op die hande gedra, die personeel en diens is uitstekend!!!

Meraai ·

Jeannette, ek kan ook getuig van die swakste diens in Medi-clinic Worcester.

Hennie ·

Sien agt van hierdie hospitale is in die Weskaap. Moet die beste provinsie wees om in te bly ook!!

Jeannette ·

@Hennie, moet jou nie aan @Harambe steur nie. Sy naam sê als. Die Wes-Kaap is tops. Ja, natuurlik het ons probleme – misdaad en dwelmmisbruik is maar van dit – maar ons paaie is (redelik) goed, ons hospitale is (redelik) funksioneel, ons mense is vriendelik, die berge bly maar mooi en blou, ons openbare dienste is (redelik) goed, jy word by Binnelandse Sake (redelik) vinnig gehelp, die Polisie reageer (redelik) vinnig en goed op oproepe [dit is nou hier waar ek bly, in die Boland]. Ons moet net die Wes-Kaap uit die ANC se kloue hou – miskien kan die W-K nog eendag ons self-geregeerde vryheidstaat raak …..

Lizette ·

Haha Harambe…ek sien deur jou. Jy sê so omdat jy mense juis daar wil weghou ?.

Ai d Weskaap is my droomplek om in te bly. Dis v my d mooiste provinsie in d land. Het as kinders altyd Hartenbos toe gery met d trein. Wonderlike herinneringe. Sal my kiestande gee om daar te woon…Danabaai of Mosselbaai ook. Geniet jul pragtige provinsie. Ons in Gauteng beny julle hoor.

Rochelle ·

Haha ek was amper benoud want limpopo is verskriklik sleg met hospitale teen oor gauteng

Koos ·

Peglarea in Rustenburg is miskien onder die top 20 nie maar hier is dit beslis.

Mari vd Westhuizen ·

2 Hospitale van Gauteng is van Pretoria Netcare Jacaranda en Zuud-Afrikaanse Hospitaal. Ongelukkig het Centurion net een privaat Hospitaal.

humor ·

n Ideale plek in die wereld om kers op te gaan steek, gaan kyk oa. in Taiwan. Hul gesondheidsdienste is die 14 de hoogste in die wereld gerang. Bewonderens waardig.

Eish ·

Eish! Net Bloemfontein en Bethlehem in die Vrystaat! Beste medici ook in die twee plekke.

Anneke ·

Ek werk by ñ groot privaathospitaal in die Vrystaat en ek sien daagliks hoe verpleegpersoneel en dokters hulle afsloof. Dit breek my hart dat almal nie die erkenning kry wat hulle verdien nie.

nommer 1 ·

Zuid Afrikaans, Pretoria my nommer 1. Was al in hele paar hospitable, hulle is TOPS!

nommer 1 ·

Zuid Afrikaans, Pretoria my nommer 1. Was in heelwat hospitale, hulle is TOPS!

Se net ·

Ek glo darem nie, hul is verseker nie top 20 werd nie. Daar is seker ‘n ander Cormed.

Gerda Grove ·

Nes jy daar se Vaatjie. Is mos soos’n Disprin daar ;-)

Werner ·

Ek dink dis inderdaad Vanderbijlpark Cormed, en dit verbaas my glad nie. Ek is bly hulle kry erkening. Gerda, sssjjjj, dis ons geheim ;-)

Chantal ·

Bedfordview, bedford life gardens gauteng is nie op lys nie en dit is n absolute ongelooflike goeie hospitaal

Chris ·

Ek vra myself af hoe word die norm van ‘n goeie hospitaal bepaal. Wat is ‘n goeie hospitaal. Die een met die mooiste gordyne, duvets en of meubeltjies. Die beste hospitaal is die een waar uit jy lewendig kan uitstap, genees is en nie ‘n derde of vierde verband het om die koste te dek nie. Ek was nog net vyf keer in my lewe in ‘n hospitaal waarvan gebore is die eerste was. Ek was al in staatshospitaal en privaat hospitaal. Een van die “beter” hospitale wat ek al gesien het is die Albert Luthuli hospitaal hier in Durban. Die behandeling nasorg en algemene toestand kan nie mee fout gevind word nie. Jy is ook nie finansiël ruineer nie.

Marinda ·

Wel gedaan Ethekweni Heart hospitaal. My man was 4 keer daar. Puik diens. Staf wat regtig omgee vir hulle patiente.

Annelia vd Merwe ·

Wat van trichardt medi clinic??? Waar is hulle? Volgens my die beste hospitaal in mpumalanga??

Adele ·

Annelia,
Is jy van jou sinne beroof??
Glo my, ek weet waarvan ek praat…

Anoniem ·

Ek stem beslis nie saam met Lifepark Rosepark nie. My Ma was daar vir longontsteking. Ongevalle dr sê sy moet gaan vir niersteen. Stuur haar vir scan. Radioloog sê dis ernstig, niersteen sit vas en moet chirurgies behandel word. Uroloog aan diens sê ook so. Sy is te siek en prosedure word gekanselleer. Daar was nie een bed beskikbaar nie. Daarna is sy deur haar eie Uroloog geopereer wat werk op die radiologiese verslag. Hy kry geen niersteen nie. So, wat moet ons glo? My swaer het tampanne gedurende ‘n operasie opgedoen. Dis vuil in die mediese saal en die personeel soek oop kamers om te slaap of TV te kyk. Ek was self al so siek dat ek my kop nie kon optel nie en dan sit hulle en TV kyk. Nee, as hulle dit die beste noem, wil ek nie weet hoe swak is die standaard oor die algemeen nie.

Tanya ·

Flora Kliniek in Roodepoort was baie goed vir my kind wat n week daar moes deurbring. Dit was vir haar soos n huis. En AL die personeel was slim en skerp. Selfs die een wat die kos menu’s hanteer het.

Ek is van Centurion

Rina ·

Stem 100% saam. My man was daar vir n hartoperasie en alles was puik!

Mnr en Mev Joubert ·

Na ons mening en jarelange ondervinding is Durbanville Medi Clinic die beste hospitaal ooit!!! Ry bitter ver…spesiaal na hulle toe, geen ander hospitaal sal hul plek by ons kan oorneem nie!??? Puik mediese span, skoon hospitaal, en baie vriendelike en behulpsame personeel. Hospitaal is skoon en alles baie professioneel! Baie dankie aan Durbanville Meci Clinic!????????

Dovaz ·

Congratulations!! Knap gedaan Lowveld-Hospitaal (7). Keep up the good and excellent work!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

As jy baie siek is is enige plek goed. As jy bietjie beter is en agterkom hul het jou voedingsbuis per ongeluk onder die kussing van die tweede bed van jou gesit, dan weet jy dinge is nie lekker nie. Waar kom al hiedie snaakse siektes uit hospitale nou vandaan?

Anita ·

Cape Medic Clinic verdien om onder top 20 hospitale te wees. Die diens is van hoe standaard en personeel is altyd hulpvaardig en vriendelik. Ons het nog altyd net goeie diens by Cape Gate Medic Clinic ontvang. Welgedaan!

JSwart ·

Ek stem nie saam met Wilmed, Noordwes as beste nie. My vrou was met ‘n breukoperasie in Wilmed. Sy is die middag geopereer en die aand toe sy haar kos vra het iemand haar kos opgeeet. Ek het dit onder die Dr. se spreekkamer dame se aandag gebring en geen reaksie gekry. Ek het ook Wilmed geskakel en onder hul aandag gebring en nie eers ‘n “jammer meneer” gekry nie. Ons sal nie weer Wilmed kies vir mediese sorg nie.

Hewitt ·

Ai JSwart, die peiling gaan oor mediese sorg, nie oor wie die beste diens lewer itv kos, of die sekuriteit van iemand se kos nie. Jy het elk geval by die verkeerde mense gekla. Probeer volgende keer een van die verpleegsters in die saal, of die beheer-suster. Dr. se dame gaan jou nie kan help nie.

Elize ·

Ja ek was week gelede in hoogland Bethlehem baie goed behandel goeie diens en PA is huidige in midvaal vir sy Hart in ICU wonder derlink behandeling goeie diens dankie dankie vir God se hand ook oor die herstel van gesondheid hulp en die wonder werke wat HY verrig dankie

thea ·

baie snaaks dat dit n klomp medi clinic hospitale is , ek reuk n rot

suzanne ·

Onthou net dat dit n peiling is van Discovery oor hul mediesefonds lede se ondervindings in hospitale. Geen mediesefonds stuur jou na n staatshospitaal toe nie. En dalk bevoordeel Discovery Medi Clinic hospitale in hul mediese-planne?

Ronel ·

Wat gaan aan met die mensdom? So, n hospitaal groep kan nie net goed wees oor hoe goed is nie? Daar moet n rot geruik word… Ongelooflik hoe sinies mense is

Lorieka ·

Ek stem. Saam tot hul staats. Hospitale veral die een in George is puik skoon netjies behulpsaam ken hul werk en prt jou taal.

Malalane ·

Net soos ek gedink het – Nelspruit Mediclinic is nêrens op die lys nie!

Johan ·

Ek wonder wat is Discovery Health se kriteria? Sal hulle dit publiseer sodat ons kan sien?

Is dit gegrond op Discovery se ondersoek en Discovery se mense wat peilings doen? As ‘n hospitaal weet Discovery se mense kom om peilings te doen, dan sal hulle mos goeie voet voorsit.

Of word elke pasiënt verplig om terugvoer te gee na hy/sy ontslaan word en word dit gebruik as kriteria? Is dit net Discovery lede wat deelgeneem het aan die peiling? Hoe wetenskaplik regverdigbaar is die peiling?

Tot ons die antwoorde het, is die lys eintlik niks werd nie. Net ‘n stukkie statistiek wat mens oor ‘n braaivleisvuur kan bespreek (en ook nie vir lank nie).

Liana ·

Nie enige van die hospitale op die lys is staatshospitale nie. Die wat nie Life, Netcare of Mediclinic vooraan het nie, is onafhanklike hospitale wat aan die NHN behoort.

Liana ·

Discovery is altyd meer as gewillig om die metode wat hulle gebruik te verduidelik. Dit word op die internasionale HCAHPS peiling geskoei.
Verder werk ek self in ‘n hospitaal en ek kan absoluut bevestig dat geen verpleegster eers gaan kyk watter Mediese Fonds jy het voor hulle besluit of hulle goeie of slegte diens gaan gee nie.
Ons is een van die Top20 hospitale en Discovery eggo net wat die pasiente op ons Facebook Blad en deur baie, baie eposse aan ons sê.

ZeeBee ·

Ek wonder maar net….. Mag ons name of ‘n NAAM noem van Pretoria se slegste swakste hospitaal ????? :( uit ondervinding die laaste 3 jaar :(

bren ·

Almal hospitale vir mense met MEDIES! Staatshospitale sou nie eers die eerste 200bestes behaal nie!! lekker vir die wat medies kan bekostig ne?

erno ·

Die kommentaar van baie mense was nogal verblydend, om agter te kom daar is darem meer hospitale as die 20 wat baie goeie diens lewer,

Rina Kotze ·

Mense, is ek nou trots om in die Wes-Kaap te bly!

Moet sê ons provinsiale hospitale se verpleegsorg is STRATE beter as meeste vd Privaathospitale! En ek praat uit eie ondervinding. Wat ek en van my familie deurgemaak het!!!

Dankie! ·

Dankie vir die lys. Hou mens op hoogte van sulke goed, top skole, top munisipaliteite, top alles sodat mens weet waar om te gaan

Linda ·

Dis jammer om limpopo nie onder die top hospitale te sien nie ek voel nt jammer vir die enkel swanger dames wat moet kraam en daar is nie ordentlike kraam in rigtings nie en mediese fondse aanvaar nie swanger vroue nie so ek voel swanger vroue word in n moeilike situasie geplaas as die tipe goed op hul pad kom

Andre ·

Nie verbaas dat Wilgeheuwel Hospitaal (Life Healthcare) Radiokop, Roodepoort nie op die lys is nie na my ma se verskriklike ondervinding daar. Ek bly weg daar.

Koeks ·

Ek sal net in hul kraam saal le…saal 5 and 7 is verskriklik gevaarlik is amper dood daar…gaan liewers na Netcare of Medclinic Hospitale toe en verkieslik ook Donald Gordon uitstekende diens…

Maryke ·

Ek is so bly om Midvaal te sien want dit is regtig die enigste hospital in die Vaal wat ek vertrou!

Marisa ·

@maryke midvaal is nie op die lys nie. Cormed in vdbijl is wel no 1.

Dankbaar ·

Baie dankbaar vir die sorg en behandeling wat my Vader in Hillcrest hospitaal ontvang het. Was vir amper 3 maande daar van die vyf en ñ halwe maande wat hy gehospitaliseerd was. Bedsere en wanvoeding was na gekyk en behandel. Die saalpersoneel, dokters, administratiewe personeel, skoonmakers en kombuis personeel was almal ewe profesioneel, hulpvaardig en vriendelik.

Pippa ·

Ek stem volkome saam. Daardie hospitale in die Wes-kaap bly maar tops. Wel gedaan!

Polokwane ·

Ek is geensins verbaas dat ons nie die top 20 gehaal het nie, net sommige mense met ringe om hul nekke dink ons hospitale skitter.

Marisa ·

Dit mag dalk #vuilvanderbijl wees, maar beste hospitaal in die land is daar… well done Cormed en almal wat daar werk. Julle is ysters!! Bay view mosselbaai is natuurlik ook n personal favourite. Geluk almal!!

Zylie Joubert ·

Ek weet nie hoe die criteria werk nie maar iewers het iemand iets gemis oor Faerie Glen HHospitaal in Pretoria. Die beste ondervinding ooit ervaar in Faerie glen in vergelyking met baie van die ander.

Janine ·

En dit sal natuurlik niemand verbaas dat die Limpopo weereens skitter in sy afwesigheid nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.