Hier is SA se beste webwerwe

Effective Measure, ʼn maatskappy wat webwerfbesoeke in die Midde-Ooste en Afrika meet, het sopas sy 2017-lys van die top-10 webwerwe in Suid-Afrika vrygestel.

Maroela Media is die enigste Afrikaanse webwerf op die lys van Suid-Afrika se top-10 nuuswebwerwe.

News24, Times Live en IOL is die drie nuuswebwerwe wat in die eerste helfte van vanjaar die meeste besoeke gehad het. Maroela Media is in die agtste plek op die lys van top-10 nuuswebwerwe.

News24, Gumtree en Times Live is die top-drie webwerwe.

Effective Measure het spesifiek gekyk na die getal unieke besoekers wat tussen 1 Januarie 2017 en 30 Junie 2017 die onderskeie webwerwe besoek het.

Klik hier om te sien watter ander webwerwe uitgeblink het in verskillende kategorieë, soos onder meer vermaak, gesondheid, sport en tegnologie.

Hiermee die lys van top-10 nuuswebwerwe:

 

Hiermee die lys van top-10 webwerwe:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kiepie ·

Net omdat iets baie aandag trek beteken dit nie noodwendig dis goed nie. Vat die Gangnam-style video wat tot onlangs die mees gekykte video op YouTube was as voorbeeld. Dalk eerder SA se mees “gewilde” webwerwe as “beste”?

Darius ·

Negative much!? Die syfers praat vir hulself. Waar is Netwerk 24 wat twee dae agter Maroela Media is met n groter span en netwerk in die prentjie?

Danie ·

Baie goed.
Hou so aan. Nog so 400 000 unieke besoeke per tydperk meer dan verskyn MM ook in die algehele top 10 lys. En moontlik in die top 5 nuuswebwerf lys.

Hanna ·

Baie gelukkig Maroela Nuus.
Om vir nuus te betaal is bietjie onregverdig.

Goed gedoen. ! ! !

Daan Erasmus ·

Geluk Maroela Media. En terloops aan die ongelowige Thomas’s. Maroela Media het nie ‘n korrespondent in London. Parys. Washington. Sidney Australia nie. Selfs nie eers een in Springbok. Carnarvon of Vaalwater nie. Maroela Media doen goed. Hulle boks bo hulle eie gewig.

Darius ·

Wat is fout met hul nuus? Hulle het n kleiner span as Netwerk en is meestal 2 dae voor hulle met nuus.

Inkandla ·

Wie het nou n korrespondent in Parys Londen Sidney Washington of selfs Springbok Carnarvon of Vaalwater nodig as Nkandla (of inkaandla soos Numba Won ??‍♂️sou sê) al is wat tel. :) ;)

Jos ·

Baie geluk Maroela media. As mens kyk na die Afrikaans sprekende populasie teenoor die res wat news24 lees is dit voorwaar ‘n reuse prestasie. Hou so aan……

Ek kan ook news24 gaan lees maar verkies om nuus in my lieflike taal te lees. Baie dankie vir jul harde werk.

zahn ·

Geluk Maroela. Net bietjie advies van my kant af, vir wat dit werd is: Julle kan opskuif op hierdie lysie, haal net ou stories af na twee dae en vervang dit met nuwer stories. Ook internasionale nuus is welkom. Ek glo die deursnit leser hier is ingelig genoeg om hul nie blind te staar teen wat in die buiteland die pas aangee nie. Haal stories af wat nie meer relevant is nie, al beteken dit julle maak die blad kleiner. Ou nuus is ou nuus, niemand lees dit meer nie.

KLEINTJIE ·

Maroela julle is tops mens kan amper sê dat jy by julle al die nuus vooruit kan lees. So gou en akkuraat is julle met jul nuus.

De Kock ·

Vele meer gaan MM lees in die toekoms! Hierdie is net ‘n begin…

Mooiso ·

Lyk of hierdie webwerwe almal gratis nuus/inligting verskaf. Daarom sal betaalmuur-webwerwe soos Netwerk24 nie die lys maak nie.

Mooi so MM.

Die Burger ? / Die Beeld ·

Ek gaan lees altyd die hooftrekke / opskrifte op Die Burger /netwerk 24 se webtuiste en kliek dan van daar af na MAROELA MEDIA, die mense gebruik mos analytics om te kyk waarheen mense kliek as hulle van hul website na die volgende website gaan, ek dink hulle moet nogal suur wees as hulle sien die volgende website wat besoek word na netwerk24 is Maroela( ek sou almal aanraai om eers Die burger/Beeld / Netwerk24 te besoeke en dan na maroela toe te gaan :) :) . so gepraat van Netwerk 24 dis darem vir my n … ander…. naam, dit laat my altyd dink aan die tronke daar het hulle ook mos die bendes, die 28’s 27’s en 26’s en in die buite wêreld het ons Netwerk24, dit klink so mafia’rig, weer darem nie of hulle mooi gedink het nie, klink so of mens die ‘ nuus bende’ die 24’s kan noem , en dan gebruik hulle nog die woord ‘netwerk’ dit klink darem baie onderwêrelds/verdag :) as jy die dubbelsinigheid daar in sien . Ha ha ha

Karin ·

Veels geluk. Maroela Media is my gunstelingbron vir nuus. Lees MM daagliks op selfoon en rekenaar. Mag julle van krag tot krag gaan.

MaroelaOndersteuner ·

Veels geluk Maroela Media! Dit kon nie anders nie. Julle is die beste!! So trots op julle. ???? ?????

Leon ·

Baie, baie mooi. Waaroor ek veral baie bly is, is die feit dat daar sekere nuwe FAK lid en sy vriend ( wat ook joernaliste is) wat dink dat die Afrikaans-sprekende ‘n stem in die woestyn is. Dit is nie!! Ons is nogal ‘n klompie van meer as 1.3 miljoen. Meer as wat die Vrye Weekblad op sy dae gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.