Hier is SA se top-10 landgoedere

Val de Vie-landgoed in die Paarl.

Suid-Afrika beleef ʼn toename in die vraag na aftreelandgoedere terwyl landgoedere in die ongerepte natuur of wildtuine ook al gewilder raak.

Dit is volgens die welvarendheidskonsultant New World Wealth se jongste navorsingsverslag oor die top-10 landgoedere in Suid-Afrika. Val de Vie in die Paarl is soos verlede jaar steeds boaan die lys.

Dié landgoed beskik onder meer oor pragtige wingerde, polovelde, ʼn gholfbaan en parke. Huise in die landgoed kos tussen R3 en R50 miljoen.

Dié top-10 is bepaal deur verskeie faktore in ag te neem waaronder ontwerp en ruimte, opgraderings, ligging, veiligheid, uitsig, geriewe en aktiwiteite.

Steyn City

Steyn City in Johannesburg was verlede jaar in die vierde plek, maar spog vanjaar met die tweede plek op die lys. Huispryse in die landgoed wissel van tussen R2 en R30 miljoen. Zimbali is derde op die lys en hier sal ʼn huis jou tussen R5 en R50 miljoen kos.

Die Waterfall Equestrian Estate in Midrand is vyfde op die lys. Die landgoed is naby die nuwe Mall of Africa en spog met groot erwe. ʼn Huis gaan jou tussen R10 en R70 miljoen uit die sak jaag.

Die Mjejane Lifestyle Estate is die enigste wildlandgoed op die lys. Dit is geleë op die oewer van die Krokodilrivier by die Krugerwildtuin. Die landgoed bied 200 erwe (waarvan 50 reeds opgeraap is) en huispryse wissel tussen R5 en R30 miljoen.

Die Waterfall Hills Retirement Estate is die enigste aftreelandgoed op die lys en is in Waterfall City geleë. Huispryse wissel tussen R3 en R6 miljoen.

Waterfall Equestrian Estate

Top-10 landgoedere in SA:

  1. Val de Vie (Wes-Kaap)
  2. Steyn City (Gauteng)
  3. Zimbali (KwaZulu-Natal)
  4. Fancourt (Wes-Kaap)
  5. Waterfall Equestrian Estate (Gauteng)
  6. Steenberg (Wes-Kaap)
  7. Mjejane Lifestyle Estate (Mpumalanga)
  8. Whalerock Ridge (Wes-Kaap)
  9. Waterfall Hills Retirement Estate (Gauteng)
  10. Fransche Hoek Estate (Wes-Kaap)

New World Wealth het vanjaar ook die top-10 wildlandgoedere, top-10 gholflandgoedere en top-10 aftreelandgoedere bekend gemaak.

Die Mjejane Lifestyle Estate

Top-10 wildlandgoedere in SA (alfabeties gelys):

  • Gondwana Private Residences
  • Hopewell Conservation Estate
  • Intaba Ridge
  • Kruger Park Lodge
  • Mahathunzi
  • Mjejane
  • Raptor’s View
  • Royalston Wildlife Estate
  • Shandon Estate
  • Zandspruit Estate

 

‘n Huis in die luukse Zimbali-landgoed. Foto: Private Property/Seeff

Top-10 gholflandgoedere in SA (alfabeties gelys):

  • Eye of Africa
  • Fancourt
  • Pearl Valley (deel van Val de Vie)
  • Pezula Golf Estate
  • Pinnacle Point
  • Simola
  • St Francis Links Estate
  • Steenberg
  • Steyn City
  • Zimbali

 

Top-10 aftreelandgoedere in SA (alfabeties gelys):

  • Constantia Place
  • Evergreen Bergvliet
  • Evergreen Noordhoek (nuut)
  • Evergreen Val de Vie (nuut)
  • Mount Edgecombe Retirement Estate
  • Plettenberg Manor (nuut)
  • San Sereno Bryanston
  • Somerset Lifestyle & Retirement Village (nuut)
  • Tokai Estate (nuut)
  • Waterfall Hills Retirement Estate

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eish ·

Kom ons probeer weer. Verruklike aftree oorde waar n mens waarlik in die skemer van jou lewe die vrugte van n leeftyd se swoeg kan geniet. Ongestoord en veilig van die gewone hedendaagse uitdagings om n bestaan te maak in die helhool. Die pragtige aftreeverblyf is buite die liga waar ek kolf.

jean ·

Agge nee wat….nie vir my beskore…bly maar in my huis totdat die aasvoës bokantbegin draai….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.