Hier is VF Plus se nuwe beleidsraamwerk vir 2019-verkiesing

Die Vryheidsfront Plus het die eerste party geword om sy bygewerkte beleidsraamwerk in die aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing te voltooi.

Die dokument, waartoe Maroela Media toegang gehad het, plaas die party se verbintenis tot die wettige verkryging van ʼn Afrikaner-staat binne die konteks van ʼn snel veranderende wêreld en staatsbestel.

Dit is ʼn omvattende hersiening van beleid binne die handhawing van die party se basiese beginsels van Christelikheid en die keuse tot etniese selfbeskikking, territoriaal of andersins.

Een van die hoofpunte op die party se agenda is omgewingsbewaring weens aardverwarming en klimaatsverandering wat noodsaak dat minder fossielbrandstof gebruik moet word.

Die VF Plus wys uit dat die inligtingsrewolusie dikwels lei tot werklose groei, meer stakings, ʼn groter klem op onderwys en meer omvangryke maatskaplike vangnette. ʼn VF Plus-regering sal hiervan deeglik kennis neem op praktiese beleidsvlak.

Nog so ʼn aspek wat in die beleidsdokument uitgelig word, is die vierde nywerheidsrewolusie, en die impak van die gevolglike gebruik van kunsmatige tegnologiese intelligensie op werkskepping, met al meer tradisionele beroepe waarvan die junior produseringsvlakke (eerder as besluitnemingsvlakke) nie meer deur mense gedoen sal word nie.

State se rol in monetêre en fiskale beleid val ook al meer uiteen deurdat spesifieke belastingweerhouding en die gebruik van kripto-geldeenhede toeneem. State moet hul belastinggeld al meer verdien, meen die VF Plus.

Wat die huidige praktiese politiek betref meen die party Suid-Afrika is potensieel ʼn tydbom van botsende identiteite wat staan voor ʼn fiskale afgrond omdat dit die bevolking probeer afhanklik hou van die regering.

Binne hierdie werklikheidsbelewing van die VF Plus wil die party Afrikaner-belange dien, met die party wat meen die situasie tussen Afrikaners en die staat raak al meer gespanne. Hierbinne sien die VF Plus al meer geleentheid vir selfbeskikking, wat deur die party ondersteun word.

Die beleidsimplikasies van hierdie VF Plus-lewensbelewing is velerlei. Die party meen die Suid-Afrikaanse staat is onder al groter druk weens wanbestuur en belastingweerhouding, wat beteken gemeenskappe kan meer “tuislik” raak. Die VF Plus spreek hom dus uit ten gunste van ʼn republikeinse regeringsvorm binne ʼn gemenebes van gemeenskapsrepublieke, met maksimum afwenteling van mag, klem op plaaslike regering en die instel van gemeenskapsrade, wat klaarblyklik etnies kan wees waar so verkies.

Op die ekonomiese front streef die party ʼn begrotingstekort van nul na, en die instel van ʼn fiskale raad wat onder meer die BTW-koers sal kan bepaal. ʼn Kleiner staatsdiens met gemeenskappe wat verantwoordelikheid vir hul eie werkloses aanvaar en ʼn verkleinde kabinet met net 17 spesifiek gedefinieerde poste is die VF Plus se voorkeur.

Sover dit praktiese toekomspolitiek aangaan, is die party ten gunste van strenger grensbeheer, ʼn sterker weermag, die voortsetting van die Brics-handelsblok en afsonderlike selfbeskikking vir Israel en Palestina.

Die party meen die staatsdiens moet minder getransformeer word en is teen ʼn nasionale gesondheidsversekering gekant. Die rasse-transformasie van die arbeidsmark is ook nie iets waarvoor die VF Plus hom beywer nie, en die beperking en selfs verbied van stakings is hoog op die agenda.

Aflegging van ouer werkers word spesifiek veroordeel en ʼn buigbaarder arbeidsbedeling word gesteun.

Moedertaalonderrig en die reg op tuisonderrig word sterk onderskryf asook ʼn strenger werksetiek onder die land se onderwyserskorps. Ouers moet kan kies of hul kinders se onderwys deur provinsies of kultuurbegronde gemeenskapsrade verskaf moet word.

Die einde en hoogtepunt van die beleidsdokument is dat die VF Plus verbind bly tot die verkryging van ʼn onafhanklike Afrikaner-staat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Paul ·

Wat ek graag wil weet, is waar gaan daardie onafhanklike Afrikanerstaat wees, ‘n enkele geografiese gebied terwyl die Afrikaner oor die lengte en breedte van die land versprei is? Gaan dit ‘n gebied soos Orania wees, ‘n klein geografiese gebied waar net ‘n handjievol inwoners hulle gaan vestig? En ekonomies hoe volhoubaar gaan daardie gebied wees.

Ek sal graag meer duidelikheid, en baie breedvoerig hieroor antwoord wil hê, want as dit nie prakties uitvoerbaar is nie en net nog ‘n Orania, dan is dit van meet af gedoem. So ‘n beleid gaan verseker nie die stemme vir die VF Plus laat inrol nie, dalk omgekeerd. Baie meer aanvaarbaar is die model wat Solidariteit hier op Maroela bepleit, dit is prakties en uitvoerbaar.

Lerato ·

Paul
Jou vrae is absoluut relevant. Die VF+ sal hierdie vrae moet beantwoord as hulle steun wil wen!!!

B ·

Ek stem eerder vir iets wat in konsep op die tafel is, as vir enige ander party wat nie my belange op die hart dra.
(Daar is ten minste ‘n strategie, eerder as net vae beleid)
Voorstel – Hoekom raak jy nie deel van die oplossing, eerder as om net op die kantlyn te staan en te kritiseer?

Eish ·

Nou ja, daar is dit nou. Hoe lieflik is die woorde van die boodskapper wat goeie tyding bring.
Wonderlik hoe die ” Ineptokrasie” se verrotting geboorte geskenk het aan so n edele beleidsraamwerk.
Die ” Deminishing Alliance” behoort goed kennis te neem van die badprop wat uitgetrek is.
Alle sterkte vir die VFplus. Die hensoppers, liberale en droppers ten spyt, die party gee hoop en gaan n verandering maak aan ons lewens.

JC ·

Mooi so dankie VF Plus, uiteindelik is afstigting en selfbeskikking op die spyskaart, uiteindelik, dankie tog.

Ons eie land, ons eie Taal, ons eie vlag, ons eie skole, eie universiteite, eie Howe en EIE Afrikaanse kultuur !!! Nou moet daar net ‘n manier gevind word dat ons en ons bruin broeders en susters (as hulle sou wou) SAAM so iets bewerkstellig !!

Sien ook die “Cape” party- hulle gaan op 21 Junie 2018 die vlag huis van ‘n onafhanlike Kaap.

Julle het my stem!

Fokus ·

Ek stel voor daar word ten volle gefokus op die selfbeskikdeel, dan sal die res vanself regkom.

Deon ·

Die grense sal deur kantonne (konsentrasiepunte) bepaal word, nie deur die anc nie. Die kantonne saam die Raad van Volksnedersettings (Volkstaat).

Mrs H ·

Wonderlik. VF+ baie dankie!!! Ek weet daar is regtig nie veel opsies nie en ons staar bitter hartseer en moeilikke tye in die gesig. Julle het nog altyd alles goed deur gedink met almal en alles in ag geneem, en daarom vertrou ek VF+ se mening. Ons is nie in n posissie om na n perfekte idiaal te jaag nie, maar ons het letterlik net opsies waarvan die betere mees gepaste met probeerslae in plek gestel kan word, wat steeds nie beteken dat ons dit sal kry nie. NOU sal ons moet saam staan vir hierdie “opsie” van oorlewing, daar sal nie baie meer geleentheid wees om as volk te vereenig nie. En dit te doen in Jesus se naam!

Joshua ·

Selfbeskikking is die regte oplossing om n moontlike burgeroorlog te vermei.

Wolf ·

Enige een wat “Wolf” se plasings lees, sal weet dat ek al lankal vir n eie blanke staat pleit. Ek weet daar is etlike jare gelede n studie gedoen (voordat die blankes uitverkoop is) van waar die beste praktiese plek vir n blanke staat is. Ek is seker die VF+ weet hiervan. Ek dink Orania is ook op n deel van die streek gebou, maar is nie seker nie. Sorg net dat daar n plek is vir n eie see hawe en vlieg veld. Waarvan daan goedere uitgevoer kan word. Ek stem beslis VF+ as hierdie tuisland op die agenda is.

Kalbas ·

Ja ons het nie n groot land nodig nie, ons kan met tegnologie die ekonomie bou soos israel.

jaco ·

dis vreemd dat so min mense vir hierdie party stem, want met hulle beleid skort niks nie.
in 1992 se referendum het amper 1 miljoen mense nee gestem – almal mense wat oor die politiek dink soos die destydse Konserwatiewe Party en die latere VF-Plus. Maar in 1994 het die Konserwatiewe Party die eerste demokratiese verkiesing geboikot. so toe kry die Vryheidsfront maar 425 000 stemme. En sedertdien is die aantal stemme vir die VF-Plus elke verkiesing minder. in 2014 was dit maar iets soos 170 000.
ek weet dat party mense dood is sedert 1992, ek weet ook party is weg uit SA en ek weet party stem nou DA. Wat ek egter weier om te glo, is dat al daardie 1 miljoen nee-stemmers se wit kinders nou vir die pro-regstellende aksie DA stem. Ek glo ook nie dat daar so baie wit mense ons land verlaat het nie. Wat wel waar is, is wat baie mense wat stoere regses in die ou SA was, al vir my gesê het: “Ons stem nie want ons wit mense het ons kans gehad. Dis nou ‘hulle’ kans in die politiek”.
En so grawe ons eintlik maar met ons apatie en gebrek aan belangstelling en deelname aan verkiesings, ons eie graf.

Reguit ·

Vir meer as 24 jaar sit ‘n sekere ‘party’ lekker in die Azaniese “parlem….” (daai plek wat deur sommiges eerder as ‘n sirkus beskryf word) en voer hulle aan dat hulle “veg vir ‘n volkstaat”. Ja, right. Ons móét sulke stories mos net “glo”.

En sekeres sal altyd aanhou “weier om te glo”…..byvoorbeeld….

– Dat in werklikheid 1.6 miljoen witmense al geëmigreer het.
– Dat daar tans nie meer as 3.5 miljoen wittes in Azanië oor is nie.
– Dat meer as 800-duisend wittes al onder die broodlyn in plakkerskampe woon.
– Dat die Azaniese Regering NOOIT (sonder oorlog, bloed en geweld) sal toelaat dat die wittes ‘n stukkie grond in SA kry nie.
– Dat daar lankal méér as 57 miljoen in Azanië is, en dat daar 40 miljoen immigrante in Azanië nét in 2016/17 opgeteken was.
– Dat Azanië reguit op ‘n burgeroorlog afstuur.

…..ensovoorts.

Dit is o.a. juis oor hierdie “slim” tipes (wat net sekere goed wil “glo”) dat intelligente en gekwalifiseerde mense Azanië elke maand op strepe verlaat.

Mooi droompies droom en mooi praatjies praat – in ‘n hool – bring jou nêrens nie.

Oor net ‘n paar dekakes, dan is die wittes se droompies op ‘n einde in Azanië – veel slegter as in Zim.

Selfbeskikking ·

Ons is min maar sterk, en ons het steeds regte. Of dit, of soos jy se ons word uitgedruk. Ons moet vir oorlewing.

Basson ·

Die DA (MM by name) is op rekord dat hulle AA / BEE nog erger as ANC gaan implimenteer – so ‘n stem vir hulle is ‘n stem on jou toekoms te kelder.

Karien ·

Ek stem hulle probeer om vir die suid afrikaners n nuwe toekoms te skep. Ek glo hoe meer agter n party staan sal dinge ook beter gaan.

CG ·

Dankie tog! Hierdie is die beste nuus wat ek sedert 1994 gehoor het! Nou kan ons begin droom, dink en werk aan ons vryheid! Ons eie staat!!

Derick ·

Kan julle asseblief die skakel verskaf sodat mens die manifesto SELF kan lees?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.