Hier is VF Plus se nuwe beleidsraamwerk vir 2019-verkiesing

Die Vryheidsfront Plus het die eerste party geword om sy bygewerkte beleidsraamwerk in die aanloop tot volgende jaar se algemene verkiesing te voltooi.

Die dokument, waartoe Maroela Media toegang gehad het, plaas die party se verbintenis tot die wettige verkryging van ʼn Afrikaner-staat binne die konteks van ʼn snel veranderende wêreld en staatsbestel.

Dit is ʼn omvattende hersiening van beleid binne die handhawing van die party se basiese beginsels van Christelikheid en die keuse tot etniese selfbeskikking, territoriaal of andersins.

Een van die hoofpunte op die party se agenda is omgewingsbewaring weens aardverwarming en klimaatsverandering wat noodsaak dat minder fossielbrandstof gebruik moet word.

Die VF Plus wys uit dat die inligtingsrewolusie dikwels lei tot werklose groei, meer stakings, ʼn groter klem op onderwys en meer omvangryke maatskaplike vangnette. ʼn VF Plus-regering sal hiervan deeglik kennis neem op praktiese beleidsvlak.

Nog so ʼn aspek wat in die beleidsdokument uitgelig word, is die vierde nywerheidsrewolusie, en die impak van die gevolglike gebruik van kunsmatige tegnologiese intelligensie op werkskepping, met al meer tradisionele beroepe waarvan die junior produseringsvlakke (eerder as besluitnemingsvlakke) nie meer deur mense gedoen sal word nie.

State se rol in monetêre en fiskale beleid val ook al meer uiteen deurdat spesifieke belastingweerhouding en die gebruik van kripto-geldeenhede toeneem. State moet hul belastinggeld al meer verdien, meen die VF Plus.

Wat die huidige praktiese politiek betref meen die party Suid-Afrika is potensieel ʼn tydbom van botsende identiteite wat staan voor ʼn fiskale afgrond omdat dit die bevolking probeer afhanklik hou van die regering.

Binne hierdie werklikheidsbelewing van die VF Plus wil die party Afrikaner-belange dien, met die party wat meen die situasie tussen Afrikaners en die staat raak al meer gespanne. Hierbinne sien die VF Plus al meer geleentheid vir selfbeskikking, wat deur die party ondersteun word.

Die beleidsimplikasies van hierdie VF Plus-lewensbelewing is velerlei. Die party meen die Suid-Afrikaanse staat is onder al groter druk weens wanbestuur en belastingweerhouding, wat beteken gemeenskappe kan meer “tuislik” raak. Die VF Plus spreek hom dus uit ten gunste van ʼn republikeinse regeringsvorm binne ʼn gemenebes van gemeenskapsrepublieke, met maksimum afwenteling van mag, klem op plaaslike regering en die instel van gemeenskapsrade, wat klaarblyklik etnies kan wees waar so verkies.

Op die ekonomiese front streef die party ʼn begrotingstekort van nul na, en die instel van ʼn fiskale raad wat onder meer die BTW-koers sal kan bepaal. ʼn Kleiner staatsdiens met gemeenskappe wat verantwoordelikheid vir hul eie werkloses aanvaar en ʼn verkleinde kabinet met net 17 spesifiek gedefinieerde poste is die VF Plus se voorkeur.

Sover dit praktiese toekomspolitiek aangaan, is die party ten gunste van strenger grensbeheer, ʼn sterker weermag, die voortsetting van die Brics-handelsblok en afsonderlike selfbeskikking vir Israel en Palestina.

Die party meen die staatsdiens moet minder getransformeer word en is teen ʼn nasionale gesondheidsversekering gekant. Die rasse-transformasie van die arbeidsmark is ook nie iets waarvoor die VF Plus hom beywer nie, en die beperking en selfs verbied van stakings is hoog op die agenda.

Aflegging van ouer werkers word spesifiek veroordeel en ʼn buigbaarder arbeidsbedeling word gesteun.

Moedertaalonderrig en die reg op tuisonderrig word sterk onderskryf asook ʼn strenger werksetiek onder die land se onderwyserskorps. Ouers moet kan kies of hul kinders se onderwys deur provinsies of kultuurbegronde gemeenskapsrade verskaf moet word.

Die einde en hoogtepunt van die beleidsdokument is dat die VF Plus verbind bly tot die verkryging van ʼn onafhanklike Afrikaner-staat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

23 Kommentare

jongste oudste gewildste
White Rhino

Reg so met my!!
Ek stem vir julle!!!

Paul

Wat ek graag wil weet, is waar gaan daardie onafhanklike Afrikanerstaat wees, ‘n enkele geografiese gebied terwyl die Afrikaner oor die lengte en breedte van die land versprei is? Gaan dit ‘n gebied soos Orania wees, ‘n klein geografiese gebied waar net ‘n handjievol inwoners hulle gaan vestig? En ekonomies hoe volhoubaar gaan daardie gebied wees. Ek sal graag meer duidelikheid, en baie breedvoerig hieroor antwoord wil hê, want as dit nie prakties uitvoerbaar is nie en net nog ‘n Orania, dan is dit van meet af gedoem. So ‘n beleid gaan verseker nie die stemme vir die VF Plus… Lees meer »

Eish

Nou ja, daar is dit nou. Hoe lieflik is die woorde van die boodskapper wat goeie tyding bring.
Wonderlik hoe die ” Ineptokrasie” se verrotting geboorte geskenk het aan so n edele beleidsraamwerk.
Die ” Deminishing Alliance” behoort goed kennis te neem van die badprop wat uitgetrek is.
Alle sterkte vir die VFplus. Die hensoppers, liberale en droppers ten spyt, die party gee hoop en gaan n verandering maak aan ons lewens.

V

Via Volkstaat…!!! Dankie VF Plus

JC

Mooi so dankie VF Plus, uiteindelik is afstigting en selfbeskikking op die spyskaart, uiteindelik, dankie tog.

Ons eie land, ons eie Taal, ons eie vlag, ons eie skole, eie universiteite, eie Howe en EIE Afrikaanse kultuur !!! Nou moet daar net ‘n manier gevind word dat ons en ons bruin broeders en susters (as hulle sou wou) SAAM so iets bewerkstellig !!

Sien ook die “Cape” party- hulle gaan op 21 Junie 2018 die vlag huis van ‘n onafhanlike Kaap.

Julle het my stem!