Hier mag jy vuurwerke afvuur in Kaapstad

Argieffoto (Foto: geralt/Pixabay)

Die Stad Kaapstad het, in die lig van Guy Fawkes-dag en Diwali in November, elf openbare ruimtes geïdentifiseer waar vuurwerke op 5 en 7 November en Oujaarsaand afgevuur mag word.

Guy Fawkes vind plaas op 5 November en die Hindoe-fees van liggies, Diwali, volg op 7 November.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê inwoners moet kennis neem dat vuurwerke slegs op hierdie dae en by die volgende plekke afgevuur mag word:
• Athlone-stadion se parkeergebied (oostelike kant), Klipfonteinweg, Athlone
• Wesfleur-sportgronde, Reygersdalrylaan, Atlantis
• Bishop Lavis-sportgronde, Lavisrylaan, Bishop Lavis
• Metropolitan-sportgronde, Melkhoutstraat, Bonteheuwel
• Blue Downs-sportgronde
• Delft Central-sportgronde, Mainweg, Delft
• Macassar-strand se parkeergebied, Macassarweg
• Swartklip-sportkompleks, Swartklipweg, Mitchells Plain
• Sarepta-sportkompleks
• Strandfontein Pavilion
• Toerismesentrum, Athensweg, Table View-strand

“Al dié ruimtes sal deur wetstoepassers en metropolisiebeamptes en ʼn brandinspekteur gepatrolleer word om die veiligheid van almal te verseker,” het Smith gesê. “Vuurwerke mag nie ná 23:00 op Guy Fawkes en Diwali afgevuur word nie. Oujaarsaand is die uitsondering.”

Inwoners moet ook van die volgende kennis neem:
– Slegs vuurwerke wat by ʼn geakkrediteerde winkel gekoop is, mag afgevuur word;
– Vuurwerke mag slegs by die aangewese plekke afgevuur word en buite reikafstand van strukture of voertuie
– Kinders moet te alle tye onder toesig wees
– Vuurwerke mag nie binne enige tipe houer aangesteek word nei
– Vuurwerke mag nie afgevuur word deur enigiemand wat onder die invloed van enige middel is nie
– Chinese lanterns word kragtens gemeenskapsveiligheid-wetgewing verbied

“Kinders en diere is gewoonlik die slagoffers van vuurwerk-verwante beserings en hierdie jaar wil ek daarop fokus om die getal beserings van hierdie weerlose groepe te verminder. Ek maan ouers om hul kinders dop te hou en seker te maak dat hulle te alle tye onder toesig is. Troeteldiereienaars word ook gemaan om hul troeteldiere so ver as moontlik binnenshuis te hou, aangesien troeteldiere gewoonlik getraumatiseer word, gewoonlik deur die onwettige afvuur van vuurwerke in residensiële gebiede,” het Smith bygevoeg.

Lede van die publiek kan die onwettige verkope of gebruik van vuurwerke by die stad se nooddienssentrum aanmeld deur 107 van ʼn landlyn af te skakel of 021 480 7700 van ʼn selfoon of die SAPD by 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

t ·

Alle motors moet verban word. Punt.

Hulle maak meer mense en diere dood as vuurwerke.

Wors ·

Sal nie help nie, dit sal soos die wapen wette wees, ban dit en dit sal maar net onwettig gedoen word inelkgeval…

Vryhand ·

Ek stem volkome saam…verban die goed..eks n verpleegster…en november en oujaar en nuwe jaar sit ons met soveel beseerings…brand wonde…en n paar vingers wat weg geblaas is deur die goed

Wors ·

Ek verstaan nog steeds nie waarom mense ander lande se tradisies vuur nie.

Daan Erasmus ·

Die “tradisies” is waar die geld is. Noem net EEN “tradisie” waar daar nie geld uit gemaak word nie. Valentynsdag. Nasionale Braai dag. Ek wonder nog wie dit uit gedink het. Moedersdag. Die lys hou nie op nie.

Basjan ·

Vuurwerke is ‘n euwel. Guy Fawks-dag het buitendien geen bestaansreg in Suid-Afrika nie. Die publiek gaan hul buitendien eenvoudig net nie steur aan die reëling van afgebakende gebiede nie.

Ek is bevrees dat daar wéér troeteldiere geraumatiseer gaam word.

nico k ·

Hou enige iemand nog Gay Fawkes dag? (Dit was baie groot toe ek ‘n kind was, maar dit is ook al jare terug.)

bgj van der westhuizen ·

kan se wat ons wil daar sal altyd paar dom mense wees wat geld mors op dit maar wat ek op getel het dat ek sien dat daar glad nie n plek in die noordelike areas is waar dit wettig gedoen kan word nie dis ons wat die kant bly sal nou weer gebuk gaan deur onwettige af skiet van dit

Hettie ·

Soos met alles moet ons net inval met ander landie se gebruike ! In daardie lande moet die nie landsburger in hulle spoor trap maar nie by ons nie

Andre ·

Nie een van die “feeste” het iets te doen met Suid Afrika se geskiedenis nie.

Hartseer Waarheid ·

Vuurwerke op Nuwe Jaar is internasionaal. Hindoes woon in elke land en vier elke jaar Divali. Engelse woon ook in SA en sommige vier Guy Fawkes. Elke jaar word meer honde deur motors doodgery en deur harde donderweer geterroriseer as deur ‘n paar dae se vuurwerke, en wie se “skuld” sou dit wees? Laastens is die land nie meer “net joune” nie. Aanvaar dit. Nugter mense emigreer in elk geval op strepe oor BAIE ander beter redes as ‘n paar simpel vuurwerke.

Lizelda ·

Kan Stad Kaapstad se waar al die diere van daardie dele waar vuurwerke geskiet mag word veilig gehuisves gaan word? Ek is jammer vd lesers wat nie omgee oor diere nie maar, daar is net te veel trauma en erger nog wat md diere gebeur wanneer vuurwerke plaasvind om dit te regverdig…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.