Suid-Afrikaners ouer as 60 jaar kan van Vrydag 16:00 registreer om die entstof teen Covid-19 te ontvang.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het vanoggend die aanlyn platform as deel van fase 2 van die regering se entstofprogram bekend gestel. Dié fase sal na verwagting op 17 Mei afskop. Persone ouer as 60 word onder meer in dié fase geteiken.
Mense wat kwalifiseer moet ’n identiteitsdokument en mediesefondskaart, indien van toepassing, byderhand hou wanneer hulle registreer vir die inenting. ʼn SMS sal by registrasie aan aansoekers gestuur word en dit is belangrik om in gedagte te hou dat dié registrasie nie ʼn waarborg is dat ʼn pasiënt onmiddellik ingeënt sal kan word nie.
“Dit beteken dat die stelsel jou besonderhede het en dat jy in ’n ry val om vir inenting geskeduleer te word. Die stelsel sal vir jou ’n SMS met ’n datum en plek stuur sodra dit jou beurt is om ingeënt te word,” het die minister bygevoeg.
Suid-Afrikaners sal na die naaste inentingsperseel aan hul woonadres verwys word. Sommige sal na hul werkplek verwys word vir inenting.
Pasiënte sal ná inenting ’n SMS sowel as inentingskaart ontvang.
“Ek wil Suid-Afrikaners verseker dat ons ’n plan het om te verseker dat almal geregistreer word. Ons wil hê soveel moontlik mense moet vooraf registreer. Dit sal baie tyd bespaar en ons ook help om entstowwe aan onderskeie areas toe te ken.”
Mkhize het gesê die departement van gesondheid besef dat nie alle Suid-Afrikaners toegang tot slimfone het nie en sal diegene bystaan met die registrasieproses.
Suid-Afrikaners hoef nie aan ’n mediese fonds te behoort om ingeënt te word nie. “Almal het toegang tot die entstof.”
Die regering se aanlyn platform vir registrasie vir die Covid-19-entstof is hiér beskikbaar.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
28 Kommentare
Is dit nou vir alle Suid-Afrikaners van alle rasse, of net vir ramaphosa se our people? Ek vra maar net. In dié anti-wit SA geld daar mos maar 2 stelle reëls vir amper alles, met die meer drakoniese stel vir wit mense.
So lyk chaos in die hande van anargiste.
Ha, ha, ha. Hou maar verby. Ek is oor 60 maar julle bring nie daardie drek naby my nie, dankie!!!
En wat as jy niks lus is vir die geëntery nie?
Wat het iemand se mediese fonds detail OF NIE met die ANC VERGRYPERS te doen? En jou werksadres? Lees mooi wat die een so terloops noem” die stelsel het toegand tot jou besonderhede…” Niks, maar NIKS wat die ANC doen is terloops of ten goede van iemand anders as hulself nie.