Hiér word optogte teen Zuma gehou

Duisende ondersteuners by die #SaveSouthAfrica-optog op 4 April 2017 in Nelson Mandelabaai (Foto: ANA)

Verskeie organisasies het besonderhede bekendgemaak vir optogte wat Vrydag regoor die land gehou sal word om te eis dat pres. Jacob Zuma bedank.

Die optogte word gereël nadat Zuma se omstrede middernagtelike kabinetskommeling verlede week tot gevolg gehad het dat die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) Maandagaand Suid-Afrika se kredietgradering na rommelstatus afgradeer het. Verskeie organisasies, politieke partye, vakbonde en ander groepe, onder meer die SAKP, Cosatu en die ANC-veterane, het ʼn beroep op Zuma gedoen om te bedank.

Hier is sommige van die protesaksies wat Vrydag 7 April gehou sal word:

Gauteng

  • Die DA se nasionale optog sal Vrydag om 10:00 by die Westgate-stasie, suid van die Johannesburgse sakesentrum, begin. Skakel 010 593 3020 vir meer inligting.
  • Die organisasie Save SA sal Vrydag om 12:00 van Kerkplein in Pretoria ʼn optog na die Uniegebou lei. Optoggangers word versoek om reeds teen 11:00 op Kerkplein bymekaar te kom. ʼn Oornagkamp is reeds in die middel van die plein opgeslaan en die publiek word genooi om tente, slaapsakke en Suid-Afrikaanse vlae te bring en saam uit te kamp. Skakel 0860 994 134 vir meer inligting.

Wes-Kaap

  • Belangstellendes wat by die optog wil aansluit wat deur die DA gereël word, kan Vrydagoggend by die Kaapstad-stadsaal in Darlingstraat in die sakesentrum bymekaar kom. Die optog begin om 11:30. Skakel 021 482 4300 vir meer inligting.
  • ʼn Gedenkdiens vir Ahmed Kathrada, die ANC-struggle-veteraan, word Donderdag om 14:00 in die St. George-katedraal in Waalstraat in Kaapstad gehou. Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, sal die gasspreker by die geleentheid wees. Hoewel die geleentheid ʼn gedenkdiens vir Kathrada is, sal dit volgens Section27, die organiseerders, ook ʼn geleentheid vir die burgerlike samelewing wees om te organiseer en te besluit op ʼn plan van massa-aksie.
  • Die organisasie Save SA het gesê hy sal ook ʼn optog in Kaapstad reël wat Vrydag sal plaasvind, maar meer besonderhede was nie onmiddellik beskikbaar nie. Skakel 0860 994 134 of besoek savesouthafrica.org om meer hieroor uit te vind.

Vrystaat

  • ʼn Optog sal begin om 11:30 op die Hoffman-plein in Charlotte Maxeke-straat in Bloemfontein. Die optog word deur die DA gereël. Skakel 051 011 0076 vir meer inligting.
  • ʼn Optog wat ook deur die DA gereël word, sal om 10:00 by die munisipale kantoor in Statewaystraat 319, Welkom, gehou word. Skakel 051 011 0076 vir meer inligting.

KwaZulu-Natal

  • Die DA reël ʼn optog wat om 10:00 begin by die sirkusterrein op die hoek van Argylestraat en die M4 in Durban. Skakel 031 263 0351 vir meer inligting.
  • Die organisasie Save SA het aangedui hy reël ook ʼn optog in Durban wat Vrydag sal plaasvind, maar meer besonderhede was nie onmiddellik beskikbaar nie. Skakel 0860 994 134 of besoek savesouthafrica.org om meer hieroor uit te vind.

Mpumalanga

  • ʼn Optog in Mbombela (Nelspruit) begin Vrydag om 11:00 op die hoek van die R40 en Samora Machelweg. Skakel 013 282 1225 vir meer inligting.

Noordwes

  • Volgens die DA begin ʼn optog om 10:00 by die Klerksdorpse Ontspanningsklub. Optoggangers kan voor 10:00 by die klub agter Milner High School bymekaar kom. Skakel 018 293 2905 vir meer inligting.

Noord-Kaap

  • ʼn Optog word in Kimberley gehou. Dit begin om 09:30 by die Perseverance-kollege in Barkleyweg, Homestead. Skakel 053 831 3443 vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Buitestander ·

Wat is al die veiligheid magt se opdragte van No1.
Beskou hulle dit as burgeroorlog en word arsenaal van wapens uitgereik ???

Alida ·

John nee Vrydag betoog ons en staan saam soos dit hoort. Vergeet langs wie jy staan steun dit net.

Alida ·

Dries loop as jy moet maar staan tog net saam met die massas.

lw ·

Op 18 April gaan n mosie van wantroue ingestel in parlement. Mense begin opstaan vir jul regte.

My opinie ·

Mense wees versigtig….dit gaan swart teen swart gevegte wees. Dink nie ons blankes moet deelneem nie.

Zet ·

Dis oor ons blankes nooit betrokke raak en altyd van agter af brul en skreeu en huil op sosiale media en nie opstaan vir wat hulle glo of saam staan nie dat dinge so ver hand uit geruk het. As ons as vroeer gat vol was en wou saam staan sou dinge lank al verander het . As jy nie wil deel neem nie. Moenie oor n paar maande kom kla oor dit so sleg gaan met die land nie

Alida ·

My opinie as jy te banggat is om op te staan vir n goeie doel en aanhou kerm oor saamstaan gaan kruip onder jou bed weg.

Cherokee ·

En so veg byna die hele land teen ‘n std 3’tjie. Dit behoort miskien ‘n Genius Book of Records inskrywing werd te wees.

Cherokee ·

Ek weet nie of enige blankes stupid genoeg sal wees om deel te neem nie. Indien wel, moet net nie jou vrou en kinders probeer oorreed nie. Gaan dan alleen. Dit is nie plek vir witmense nie.

LB S ·

As ons as blankes in hierdie land wil voortbestaan, moet ons bereid wees om vir ons regte en ‘n demokrasie op te staan. Nie agter ‘n rots wegkruip elke keer as dit rof raak en hoop die gevaarte mis ons nie. Al gehoor van “adapt or die”? As jy dit nie sal kan hanteer nie, stel ek voor jy soek maar ‘n ander land waar jy sonder jou mense en ingebore wortels maar sal voortploeter.

sharon ·

Eers stem hulle hom in… Nou kry hulle nog ‘n vakansiedag om hom uit te kry. Mmm Waars daai petisie vorm. Ek gaan maar werk

Jef ·

Sou die verskillende politieke partye dit reg kry om Zuma te laat bedank wat gebeur as iemand anders van die ANC groep sy plek inneem of wat te se van Malema?

LB S ·

Jy weet duidelik nie hoe politiek werk nie. Die ANC sal ‘n ander ANC lid aanstel, waarskynlik Ramaphosa. Malema is nie ‘n ANC lid nie, hoe kan hy nou die President se plek inneem? Moet ek verder verduidelik?

Alida ·

Zet ek stem. Die bangatte moet in die bed bly en nooit weer kla nie. Mense kom ons wys die gemors ons is nie bang nie en STAAN SAAM.

Alida ·

Cherokee hoe wil jy wys dat jy wil saamstaan as jy skitter in jou afwesigheid. Tipies van ons nasie.

jaco ·

Ek pleit by alle wit mense; ek smeek julle: MOENIE aan optogte teen Zuma deelneem nie. Daars genoeg nonsens reeds teen ons: regstellende aksie, moorde op wit boere waaraan die SAPD & howe bitter min doen, beskuldigings dat NET ons rassiste is, ens ens. As ons by optogte gezien word, gaan die aanslag teen ons net BAIE erger word. Beskuldigings dat ons “reaksionêr” is en “gekant teen transformasie” kan maklik verander in dade deur die staat teen ons.

LB S ·

Jaco en Johan : Met julle houding moet julle maar solank ‘n plekkie in Orania gaan soek vir tyd en wyl totdat julle oorsee kan gaan, ek weet nie waarheen nie. Hierdie is ONS land, en Zuma vernietig alles om homself om ‘n paar te verryk. Selfs al bly die ANC aan bewind, met beter leiers, soos bv. Pravin Gordhan, Thuli Madonsela, en ‘n hele paar ander aan die stuur KAN Suid-Afrika opgebou word in so ‘n mate dat daar plek vir ons almal is, vrede en vooruitgang. My hoop is dat al die opposisie partye sal saam ‘n koalisie vorm met die volgende verkiesing en die ANC uit die kussings lig, sodat ‘n heel nuwe regering aan bewind kom. Ons kan daarna ons onderonsies met mekaar uitpluis. DIT is DEMOKRASIE. Vir nou moet Zuma WEG! Maar om weg te wil kruip omdat jy wit is, is lafhartig om die minste te sê.

Johan ·

Ek stem saam Jaco laat hulle, hulle self uitort nie n plek vir ons nie

MANIE ·

As net al die liberalis wat nou nerens te vinde is wat Ja gestem het in 1993 deelneem Vrydag kan die ding n groot sukses wees. Of het hulle al klaar weggehardloop buiteland toe?

Chris ·

Die landbou pryse styg dan so baie met die verswakking van die rand…dis mos goeie ding wat zuma gedoen het ?

Lora ·

@chris.I – nee, ek dink nie so nie. Direk as gevolg daarvan sit ons in hierdie fiasko. Hoe kan jy reken dit raak afgesaag? Lyk nie of dit ooit afgesaag gaan raak nie – 22 jaar verder en dinge raak net al erger te danke aan julle

Asseblief ·

Mense groot asseblief, om saam te staan begin nie by betogings nie. Dit begin by die huis en in julle eie gemeenskap. Moenie in die leeu se hok inloop nie. Die is nie ‘n piekniek uitstappie nie! Jy gaan tog seker nie oop oë in die gemors instap nie. As julle steeds wil gaan, gaan. Maar respekteer mekaar se opinies en moenie mekaar sleg sê en intimideer nie. Het jy dalk ‘n plan van aksie as geweld sou uitbreek? Ek wil so vêr gaan om te sê die berig is daar sodat ons moet weet watter dele om te vermy. Die media sal tog nie vir ons sê ons moet wegbly nie. Die vyand wil hê ons moet teen mekaar opsweep. En met die geval kry hulle dit reg. Asseblief mense besin!

Jollie Jacqueline ·

Asseblief ek stem saam jou! Wat gaan ‘n optog van ons kant help in elk geval? Dink almal dit gaan so vreedsaam wees. Sekere mense kyk duidelik nie baie nuus om te sien wat gebeur by hierdie optogte nie. Dit gaan nie vreedsaam bly nie. Of gaan julle ook help ‘n kar aan die brand slaan? As Zuma uit gaan sal daar net nog ‘n rassis in sy plek kom wat sê witmense is rassisties.

Annoniem ·

Presies ons moet saam staan mense nie by die huis of werk sit nie. Ons mense kan nie saam staan nie dit hoekom ons land lyk soos by lyk omdat julle te bang is. Waar begin politiek by die huis??????

G ·

En niemand wonder hoe het ons op hierdie punt gekom nie. Maar nou ja, sekeres verdien om te bloei vir hulle nuwe Suid-Afrika – laat hulle gaan optog. ‘n Darwin Award in die kleine vir julle.

Lynette ·

Cherokee, wat se nuwe book of records wil jy nou begin? Genius? Guinness is die een wat ons almal ken of wil jy een oor die domste en slimste in die wereld begin?

Lukas ·

Ek verstaan ni . Di wittes huil en kla oor regering . Maar no het di tyd gekom dat ons moet saam staan soos di boere destyds. Ons was di minderheid maar het deur geloof as oorwinnaars weg gestap. Ho kan ons no no saam staan ni . Di rugryers moet asb ni weer kla ni .

Mimi ·

Lucas as jy na die destydse boere verwys moet jy Bloemfontein toe die 22 April en saam bid tot ons Vader in die hemel! Dit is ons uitkom en ons rots wat almagtig is en wat ons voorgeslagte altyd bygestaan het! Saam staan kan baie beter werk as dit in gebed gebeur! Daar is nie brandende karre en moles nie! Sê maar net!

teleurgesteld ·

Ja ne so kan die witmense maar net nie saam staan en betoog nie.

christa ·

Ek Bid Baie Hard dat ons van hom kan ontslae raak is ek Lelik daar is n ander manier en die klomp by lutulie huis miskien n . p. B. H . G.

Baltus ·

Ek hoop dat al die optogte vreedsaam sal bly. Tot dusver lyk dit baie goed. Ons kan saam ‘n verskil maak teen die despotiese regeer en olunder van ns bronne in die land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.